In
‘n onderhoud met twee Belgiese paralimpiese medalje-wenners vertel hulle hoe
oorweldig hulle is deur hul ervaring. Hulle het nie verwag dat daar so ‘n
geweldig gehoor met so ‘n oordowende ondersteuning in die stadium sou wees nie.
Hulle
vertel van die spangees, van hoe hulle mekaar ondersteun het en die vreugde wat
hulle aan elke prestasie gehad het.
Maar
dan vertel hulle van die toewyding van atlete wat blind is, ledemate verloor
het of op allerhande maniere ‘n liggaam het wat anders is as wat mense
normaalweg het.
Vir
sommige van die atlete is die deformiteit byna onvoorstelbaar.
Voor
my oë flits die beelde van die vorige aand se swembyeenkoms. Aan een van die
nommers neem ‘n atleet deel wat geen arms het nie. Hy hou met die wegspring met
sy tande aan ‘n ring vas. Dapper hou hy vol en eindig eindelik heel laaste. Maar
hy swem tot die einde.
Later
lees ek van twee swemmers wat sonder armes deelgeneem het en tog goud verwerf
het.
Hierdie
mense kon op ‘n hopie gaan sit en kla het oor hul liggame.
Hulle
het nie.
Ek
volg weer die onderhoud met die twee, jong, entoesiastiese, lewensdriftige
Belge. Die spangees, vertel die Belge, is oorweldigend. Met toewyding byt elke
deelnemer vas. En elke keer weer is die vreugde groot oor ‘n wedstryd wat
voltooi word of ‘n medalje wat gewen word.
Toe
voeg een van die twee met wie ‘n onderhoud gevoer word by dat sy soms dink aan
die lewe waaraan sy na die spele blootgestel gaan word. Sy dink aan al die
klagtes wat sy van mense tuis, sonder liggaamsgebreke, weer sal moet aanhoor.
En sy vergelyk dit met die positiewe, unieke gees onder die atlete, hulle
lewensdrif en -vreugde.
Dit
val haar op, sê sy, dat hulle so gelukkig is. En tuis, al klaende, dikwels oor
klein, geringe dingetjies, loop mense suur rond – onbewus en onnadenkend, sê
sy, oor hoe “ryk” hulle is.
Mens kyk na die paralimpiese atlete met verwondering en, veral, bewondering. Hoe, dink ek elke keer, hoe mooi is hulle. Teenoor die leegheid van al die sterk, kreatien-belaaide, juwele-behangde, uithangerige geld-jagters van die groot sporte, kry miljoene mense hier by hulle versadiging vir hul honger na egte sportmangees, na mense wat weet hoe kosbaar die lewe is.
Dit is egte skoonheid. Hier is volledige mense.
Hier, uit die Daily Mail, is 'n berig:
Armless Archer Is the Number One Contender for Paralympic Gold
Jessica Menton | Jun 13, 2012 8:10pm EDT | 3min:42sec
For most people hitting a target with a bow and arrow would be a
challenge. For those competing at the Olympics, it takes mental discipline and
enough arm-strength to pull 60-pounds on the bowline amidst fierce competition.
For Matt Stutzman, who set a new Guiness record with a 230-yard shot last year,
the challenge is different.
He has no arm-strength to speak of. In fact, Stutzman has no arms, yet
he’s the number one contender for the gold medal at the London Paralympic Games
this summer.
Stutzman came to archery only recently. He grew up in a family
that enjoyed hunting so it was only a matter of time until he picked up a bow
too. Last year, while helping a friend site his rifle, Stutzman joked he could
hit a target with his bow at 100 yards that his friends could not hit with his
gun.
After hitting the mark, they stretched Stutzman accuracy to over 200
yards, which led to besting the world record mark. After that Stutzman found
his way to the U.S. Paralympic program very quickly. Earlier this year, the
archer attended the biggest indoor archery tournament in Las Vegas for the
compound bow.
Over 1,800 competitors participated in the three-day event, and after
the first day only 54 people had perfect scores. Fifty-three of them needed
their hands and arms to do it. Stutzman has since become the favorite to win
gold at the Paralympics. Before Stutzman takes on that next challenge in
London, the father of two is looking forward to the imminent birth of his next
child. The Paralympic Games run from August 29th to September 9th.