Seën
op hul arbeid. Die oes is ryp en sukses met die inbring daarvan bly nie uit
nie. Hulle harde werk het vrugte afgewerp.
Dit
alles is al goeie rede om bly en opgewonde te wees.
Hieroor
praat Lukas in ‘n belangrike deel van sy Evangelie. Jesus se dissipels keer,
vol van blydskap, terug van die sendingwerk wat Hy vir hulle gegee het, skryf
Lukas.
Hulle
het merkwaardige, ongelooflike dinge sien gebeur soos hulle uitgegaan het as
getuies. Hulle geloof word versterk. Hulle verhouding met Jesus verdiep. Hulle sien en herken verborge, spesiale dinge.
In
Lukas 10:17-24 vertel die 72 dissipels “vol blydskap” hoe selfs die bose geeste
hulle onderwerp het by die hoor van Jesus se Naam. Hul kan met verbasing en met
vreugde sien hoe besonders hul sukses was.
En tog, daar is nog onvolmaaktheid: Kyk hoe hulle daaroor praat: die bose geeste onderwerp hulle aan “ons,” sê
hulle – al erken hulle darem dit gebeur by die hoor van Jesus se naam. Al te
naby is die klem op hulself, op eie roem. Hulle weet dat hulle op een of ander
manier deur Jesus magtige dinge doen, maar dit is asof hulle dit nie ten volle
begryp nie.
Hul
blydskap word deur Jesus in die regte rigting gestuur: nie een van hulle moet
te veel roem nie. Steeds moet hulle onthou dat die mag aan hulle gegee is. Sag, aanporrend, bring Jesus, die mistagoog, die geestelike vriend op die kronkelpad van die geloofsreis, hulle tot dieper insigte en tot groter verstaan.
Jesus
gaan nog verder: Selfs al is hulle bewus dat Jesus hulle bemagtig het en
erkentlik teenoor God daarvoor, is dit nie die sukses van hul werk wat saak
maak nie. Wat tel is dat hulle name in die hemel opgeskryf is.
Die
egte vreugde kom op uit die wete dat mens uiteindelik deur God onthou word, by
God hoort en vir altyd in God se teenwoordigheid is.
Blydskap
is altyd en veral in God gevestig. Om tog net in God se teenwoordigheid te kan wees - dit is waaroor alles gaan.
Daar
is ook ‘n ander prentjie as Lukas se vertelling oor die dissipels se vreugde.
Lukas vul hierdie verhaal aan met ‘n ander een oor Jesus se blydskap. Jesus
doen wat die dissipels nie doen nie. Terwyl hulle verbaas en bly is oor hulle
spesiale en magtige dade, is Jesus biddend met God besig. Hy onthou van wie
alles kom. God is aan die werk en God se bedoeling word daarin ‘n werklikheid.
Vir
Lukas is Jesus se gebed ‘n teken van die werking van die Heilige Gees. “Deur
die Heilige Gees” het Hy dit “uitgejubel”: “Ek prys U, Vader, Here van hemel en
aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan
eenvoudiges bekend gemaak het. Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling.” Die
tyd van verlossing, die tyd waarin die Gees mens en wêreld kragtig
transformeer, is uiteindelik daar. Dit is ‘n tyd van blydskap in die Here.
In ‘n intieme gebed, gee Jesus vir God
erkenning oor alles wat gebeur het. Terselfdertyd is Hy uitbundig bly omdat die
tyd waarna almal uitgesien het, al vir eeue lank, uiteindelik in Hom vervul is.
Hy is vol vreugde omdat sy lewe uiteindelik die wil en begeerte van God
weerspieël. Wat Hy doen en wat sy dissipels oor Hom getuig, is God se
openbaring van die eindtye.
Egte
blydskap is veral waar ‘n mens jou heil in God vind en ontdek dat jou lewe in
diens van God is - dat wat tel, nie jou sukses en jou krag is nie, maar God wat alles moontlik maak.
Die dissipels is bly, want hulle deel in God se werk. Jesus is uitbundig gevul met vreugde, want die nuus bevestig aan Hom dat Hy self die weg is waardeur God aan die werk is.
Die dissipels is bly, want hulle deel in God se werk. Jesus is uitbundig gevul met vreugde, want die nuus bevestig aan Hom dat Hy self die weg is waardeur God aan die werk is.
Om
bly te wees, is die gevolg van ‘n mens se innerlike vervulling, gevoed deur die
wete dat ‘n mens in alles wat gebeur, God se wil vir ‘n mens se lewe kan uitleef.
Vreugde kom op uit ‘n hart wat een is met God.