Vreugde,
dink ons soms, is dalk meer die uitsondering as die reël in die Bybel. Godsdiens
word mos geasssosieer met ernstigheid, sedigheid, selfs swaarmoedigheid soos in
saamgeperste lippe.
Daarom
is dit ‘n hele ervaring om die spiritualiteit van vreugde na te gaan en om te
sien hoe belangrik blydskap vir ons geestelike voorouers was.
Dit
is daarom vir sommige mense goed om te sien dat die Ou Testament vol is van
mense se blye getuienis oor alles wat God vir hulle gegee het, oor die voorreg
wat hulle gehad het om die Wet te ken en uit te leef en oor die besoeke wat
hulle aan die tempel gebring het, of oor die vreugde wat hulle gehad het oor
God se teenwoordigheid by hulle tot in die allerlaaste van dae.
Maar
nou sal mens kon dink dat vreugde bietjie “ver-godsdienstig” word. In al die
dinge wat hierbo genoem is, word blydskap veral met God en die dinge van die
Here verbind.
Dit is goed om dit te weet en dit is belangrik om te
onthou dat godsdiens in vele opsigte ‘n blye saak was.
Maar
daar is meer aan blydskap. Vreugde is lank nie net ‘n godsdienstige saak in die Bybel nie Want
die Bybel kan op ‘n heel waarderende manier praat oor nie-godsdienstige
blydskap.
Die Bybel praat, lyk dit my, dikwels en graag oor die vreugde om sommer net bly te kan wees.
Suurheid is nie 'n kenmerk van spiritualiteit nie. Lang gesigte en godsdiens hoort nie noodwendig bymekaar nie.
Mense wat bly is in God, in die Wet, in die erediens en oor die
vreugdevolle einde van ‘n mens se lewe, is doodgewoon ook in vele ander normale
dinge bly.
Die
Ou Testament praat van gewone, selfs aardse vreugde. Dit kan soms verrassende wendingen neem: Neem maar as die bekendste
hiervan, en ook die spesiale, die boek oor liggaamlike liefde. Hooglied is ‘n
boek wat uitbundig praat oor intieme, konkrete liefde tussen mense wat naby aan
mekaar leef en diep bly is daaroor (3:11). Die intiemheid van liggaamlike
liefde kan vir ‘n mens vervullende blydskap gee.
Ook
die geboorte van kinders is iets wat mense bly maak (Ps. 113:9). Die gelowiges
van die ou bedeling het verder veel vreugde gehad oor sulke dinge soos die
oestyd, wanneer die vrug van die land ingebring word en die skure vol geraak
het (Jes.9:2). Hulle is bly oor aardse dinge wat vir hul lekker is en vir hulle
voorspoed beteken. In Psalm 104:15 is daar hierdie aardse woord:
Die
Here gee “dat wyn die mens se hart kan bly maak,” dat ‘n mens se “aangesig
blink van die olie,” dat brood die mens se hart versterk.” Die gewone aardse dinge soos wyn, olyfolie en
brood bring genot in ‘n mens se lewe.
In
die Bybel vier gelowiges baie dinge van die lewe. Hulle is bly oor aardse dinge.
Wie God ken, waardeer die gewone lewe met vrolikheid en opgewektheid.
Hulle
weet: Die Here gee die lewe en voorsien in dinge wat die lewe moontlik en bly
maak. Hieruit volg die blye hart.
Blydskap
hoef nie net “godsdienstig” te wees nie. Wie die Here ken, weet baie ander
dinge word goed en mooi en inspirerend. Die aarde en alles wat daaruit
voortkom, kan ‘n mens bly maak.
En
tog, die gewone vreugdes van die lewe, wat ons nie altyd bewustelik geniet nie,
is vreugdes wat soveel sterker ervaar word wanneer ‘n mens se hart in God
geanker is.