'n Mens hoor dikwels kritiek oor die vreugdeloosheid van gelowige mense. Somss skrik dit mense af. Soms kwel dit gelowiges dat hulle self so min vreugde ervaar.
In spiritualiteit speel vreugde inderdaad 'n groot rol en kan selfs as 'n kernwoord van die geestelike lewe beskou word.
Dit is daarom die moeite werd om dit nader te bekyk.
Die Ou Testament praat dikwels van vreugde en ken daaraan 'n besondere plek toe.
Dit is boeiend om te sien war vreugde orals voorkom. Daar is eerstens blydskap in God en in die verlossing wat
God aan mense skenk, skryf Barton. Die Psalms praat dikwels hieroor. God gee
ryklik aan mense en daardeur kom die volk van God tot stand. Vreugde is dus die gevolg van 'n verhouding met God.
“Laat almal wat by u skuil bly wees, laat hulle altyd
jubel. U beskerm die wat by U skuil en hulle juig oor U,” vertel Psalm 5:12. God gee beskerming, skuiling en dit raak mense besonder diep.
God gee om en daarom juig mense.”Wie op die Here vertrou,
die omvou die Here met liefde. Verbly julle in die Here en juig, geliefdes.
Jubel alle opregtes” (Ps.32:11).
Vreugde is so belangrik dat gelowiges aangesê word om bly
te wees. Wie aan God behoort, kan nie stilbly nie. Hulle moet hulle verbly. Dit
is ‘n besondere, intense vreugde. Daarom kom die vreugde na vore in gejuig en
wanneer gelowige mense jubel, sing of dans.
Wie aan God behoort, voel en ervaar dit. Dit bring pure,
selfs uitbundige vreugde. As die vreugde nie daar is nie, moet dit gesoek word.