Ons kan nie die Bybel lees en iets sê oor
die waarheid daarvan sonder dat onsself daarby betrokke is nie.
Daar is nie so iets soos die "regte" verstaan van die Bybel wat buite ons om bestaan nie.
Ons lees van die Bybel is waar wanneer dit ‘n
verskil in ons lewe maak.
Etiek en Bybel-uitleg het direk met mekaar
te doen. ‘n Mens se lewe bewys hoe geloofwaardig ‘n mens se Bybel-interpretasie
is.
So het die beroemde kerkvader, Cassianus, reeds in die vyfde eeu n.C.
geskrywe.
Dus: Kyk na die leser en sy/haar lewe as jy wil uitvind of
sy/haar lees van die Bybel waar is.