Ek lees in LitNet se versindaba hierdie besondere onderhoud oor 'n bundel wat spesiaal is. Dit het by Protea verskyn en open 'n hele nuwe wêreld van spiritualiteit uit die Oosterse Ortodoksie vir Afrikaanse lesers. Naas Cussons, ervaar 'n mens die gedigte as seker die mees deurleefde gedigte in Afrikaans - vanuit 'n Spiritualiteitshoek gesien.
Die Onsienlike Son: Dit is vreemd, inderdaad, want normaalweg, menslike gesproke, kan 'n mens die fisieke Son nie miskyk nie. Maar daar is 'n kant van God wat geen menslike oog kan bekyk nie. En juis so vreemd is dit: want dit is hierdie bedekte, verborge kant van God was so sterk soos die Son is, wat krag en energie uitstraal, wat lig gee (Heb.12:29; 1 Joh.1:15).
Nog merkwaardiger is 1 Timoteus 6:15-16: God woon in ontoeganklike Lig. Geen mens het God gesien of kan God sien nie.
'n Mens kan hieroor praat, soos Paulus, trouens. Dan "weet" 'n mens daarvan. Dit is deel van jou "teologiese" insigte - wat sin maak. Jy kan, soos die Hoë Raad, sien dat iemand soos Stefanus, vol van die Heilige Gees, se gesig "soos die van 'n engel raak" (Hand. 6:15). Jy weet: Hier is iets onnaspeurliks, ongewoon, hemels, engel-agtig aan iemand.
En dan, ten spyte daarvan, hom stenig... (Hd. 7:54-60).
Of: 'n Mens kan dit indirek agterkom: die Lig, die Son sien jy soms in die lewens van mense raak en dit verwarm, bring die gloed wat net die goddelike aanraking kan bring. Dit is die geestelike oomblik: wanneer 'n mens aangegryp word deur die werking van God in ander mense se lewens.
Maar daar is 'n heel ander kant hieraan: soms, sonder tussenkoms, sonder bemiddelling, direk en onmiddellik, skiet 'n vonkie van die Goddelike Lig in mense se lewens in. Soos met Moses op die berg in daardie merkwaardige gedeelte in Deuteronomium 34:29-35 wat deur die eeue in mistieke literatuur eindeloos bedink is. Soos op die berg van verheerliking in die lewe van Jesus. Soos op die pad na Damaskus wanneer 'n lig mens omskyn - helderder as die middagson (!; Hand.26:13). Dan sien ander hoe God in iemand se lewe helder, ligtend, teenwoordig is. Die gesig, word vertel, skyn, blink, (Mt. 17:2!) soms soveel dat 'n mens jou oë moet wegdraai.
Dit is die mistieke oomblik, die moment van heiligmaking en heiligwording waarna, as 'n mens dit eers eenmaal ervaar het, 'n mens se hele lewe vir altyd omgekeer word deur 'n verterende verlange na God.
Die Onsienlike Son: Dit is vreemd, inderdaad, want normaalweg, menslike gesproke, kan 'n mens die fisieke Son nie miskyk nie. Maar daar is 'n kant van God wat geen menslike oog kan bekyk nie. En juis so vreemd is dit: want dit is hierdie bedekte, verborge kant van God was so sterk soos die Son is, wat krag en energie uitstraal, wat lig gee (Heb.12:29; 1 Joh.1:15).
Nog merkwaardiger is 1 Timoteus 6:15-16: God woon in ontoeganklike Lig. Geen mens het God gesien of kan God sien nie.
'n Mens kan hieroor praat, soos Paulus, trouens. Dan "weet" 'n mens daarvan. Dit is deel van jou "teologiese" insigte - wat sin maak. Jy kan, soos die Hoë Raad, sien dat iemand soos Stefanus, vol van die Heilige Gees, se gesig "soos die van 'n engel raak" (Hand. 6:15). Jy weet: Hier is iets onnaspeurliks, ongewoon, hemels, engel-agtig aan iemand.
En dan, ten spyte daarvan, hom stenig... (Hd. 7:54-60).
Of: 'n Mens kan dit indirek agterkom: die Lig, die Son sien jy soms in die lewens van mense raak en dit verwarm, bring die gloed wat net die goddelike aanraking kan bring. Dit is die geestelike oomblik: wanneer 'n mens aangegryp word deur die werking van God in ander mense se lewens.
Maar daar is 'n heel ander kant hieraan: soms, sonder tussenkoms, sonder bemiddelling, direk en onmiddellik, skiet 'n vonkie van die Goddelike Lig in mense se lewens in. Soos met Moses op die berg in daardie merkwaardige gedeelte in Deuteronomium 34:29-35 wat deur die eeue in mistieke literatuur eindeloos bedink is. Soos op die berg van verheerliking in die lewe van Jesus. Soos op die pad na Damaskus wanneer 'n lig mens omskyn - helderder as die middagson (!; Hand.26:13). Dan sien ander hoe God in iemand se lewe helder, ligtend, teenwoordig is. Die gesig, word vertel, skyn, blink, (Mt. 17:2!) soms soveel dat 'n mens jou oë moet wegdraai.
Dit is die mistieke oomblik, die moment van heiligmaking en heiligwording waarna, as 'n mens dit eers eenmaal ervaar het, 'n mens se hele lewe vir altyd omgekeer word deur 'n verterende verlange na God.
Onderhoud met Jacobus van der Riet
Die Onsienlike Son en die sigbare heiliges
Onderhoud met Jacobus van der Riet (foto) deur Cas Vos
***
Kobus, van harte geluk met jou
uitstekende debuut. Dit is ‘n bundel wat die Afrikaanse poësie verryk en
verdiep. Dit is ook pragtig uitgegee deur Protea Boekhuis.
Dankie, Cas, ek is bly as jy van die
gedigte hou. En soos jy sê, is baie dank aan Protea verskuldig vir die
baie moeite wat hulle gedoen het.
Wat my onmiddellik opval, is die
buiteblad. Ek dink nog steeds dat ‘n buiteblad ‘n sleutel tot ‘n bundel
is. Waarom het jy juis Gregorius van Nazianzus se afbeelding as
buiteblad gekies?
Ek het eers die titel gekies, en daarna
die ikoon, omdat die titel uit die gedig oor die Heilige Gregorius kom,
en omdat die ikoon vir my besonder mooi is, en ook miskien omdat die
kleure daarin die kleure van Paul Roos Gimnasium en die Universiteit van
Stellenbosch is, waar ek skoolgegaan en studeer het.
Die titel kom ook uit dié gedig
aan Gregorius. Waarom het jy dié bundeltitel gekies? Is daar nie ‘n
teenstelling in die titel nie? Die Son word tog gesien. Hoe kan die Son
onsienlik wees? Natuurlik kan die ligbron ook verblind. Of het dit ‘n
duidelik toespeling op God wat nie alleen die ligbron is nie, maar Self
ook Lig genoem word? God is in sy heerlikheid onsienbaar.
Die Kerkvaders praat dikwels van die
Drie-sonnige Son, met verwysing na die Drie-eenheid, en dan is daar mos
ook die verwysing na die Son van Geregtigheid in die Heilige Skrif. In
die Ortodokse teologie word ‘n onderskeid getref tussen die
onbegryplike, ontoeganklike wese van God en die energieë van God
waardeur Hy Hom betuig (sy genade) en Hy o.a. dan as ongeskape Lig of
Heerlikheid ervaar kan word. Hierdie ongeskape Lig is normaalweg
onsienlik, maar as ‘n mens se oë deur die einste energie van God
aangeraak word, kan dit wel sigbaar raak, soos bv. tydens die
Verheerliking op die Berg Tabor. Vir die askeet sou so ‘n ervaring die
hoogtepunt der hoogtepunte wees, om begryplike redes.
Heiliges is o.a. in die
Rooms-Katolieke en Grieks-Ortodokse tradisies bekend. Is die verklaring
tot heilige ‘n kerklike besluit of speel ander faktore ook ‘n rol? Sou
jy nie tog ‘n plek aan Augustinus, een van die grootste teoloë van alle
tye, wou gee nie?
In die Ortodokse Christelike Tradisie
word die proses van kanonisering verstaan as die blote erkenning dat
iemand deur God verheerlik is(1 Kor. 12:26) en dat die Kerk hom daarom
daarin kan verheug. Die aanduidinge dat iemand verheerlik is, kan
verskil van persoon tot persoon, maar dikwels sal dit ook wonderwerke
voor en ná die persoon se ontslaping behels.
Ek kan eintlik net skryf as ek deur ‘n
heilige se geskiedenis aangegryp is en ‘n sterk behoefte ervaar om oor
hom of haar te skryf. Die Heilige Augustinus is effe omstrede in die
Christelike Ooste vanweë sy teologie en teologiese metode, hoewel sy
heilige lewe erken word. Tot dusver het ek nog nie die behoefte ervaar
om oor hom te skryf nie, maar wie weet wat die toekoms sal oplewer?
Wat is die betekenis van heiliges? Is hulle prysenswaardig of net navolgingswaardig? Is daar onheilige heiliges?
Die heiliges is hulle wat, ten spyte van
hul tekortkominge, God bo alle ander dinge liefgehad het en na Hom
verlang het, waarop God, wat hulle eerste liefgehad het, Hom aan hulle
gegee het as genade. Die heilige is hulle wat vol van hierdie genade (of
energie)van die Drie-enige God is, en dus vol van God is, wat die
genade as gawe ontvang het en dit behou het en daarin gegroei het. Dit
veronderstel ‘n proses van medewerking (sinergie) met God, wat dan
uitloop op hul verheerliking. Om met so‘n heilige in aanraking te kom
is’n verkwiklike ervaring, omdat die heilige vol van die lig en vrede en
blydskap en liefde en goedheid van God is en dit kan oordra aan ander
wat daarvoor ontvanklik is. Dit gaan dus om veel meer as bloot
navolgingswaardige etiese modelle. Party heiliges het God van kleins af
lief en ander loop miskien eers ander onvrugbare paaie voordat hulle hul
tot God bekeer, soos ons ook in die bundel sien.
In die Ou en Nuwe Testament het
die woord heilige ‘n veelvoud van betekenisse. God is die Heilige,
tempelvoorwerpe is heilig, gelowiges word ook heiliges genoem. Daar is
ook loodglas afbeeldings van heiliges in katedrale (vgl byvoorbeeld die
vensters van ‘n Kerk in Duitsland wat deur William Morris (1834-1896)
ontwerp is). Hoe verbind jy die begrip heilige met die heiliges in jou
bundel en in die kerklike tradisie?
Soos ek gesê het, verstaan ek die
heiliges as hulle wat aan God wat hulle eerste liefgehad het toegewy is
en daarom sy genade ontvang het en gevolglik vol van God se genade is.
Die heiliges is ‘n bevestiging van die Evangelie, van die werklikheid
van die verlossende en verheerlikende werk van die Heiland. As jy ‘n
heilige in sy verheerlikte staat sien, kan jy daaruit aflei dat sy of
haar Heiland steeds werksaam is soos in die Evangelies en Handelinge van
die Apostels.
Wat my ook tref, is die
afbeeldings van die ikone by elke gedig. Is die visuele en woord (gedig)
voorkoms vir jou belangrik, en indien wel, waarom?
Die ikone beeld die heiliges in hul
verheerlikte staat uit en is dus ‘n viering van die werk van God in hul
lewens, en boonop herinner dit aan die gemeenskap van die gelowiges, aan
die wolk van getuies rondom ons wat steeds by ons heil betrokke is,
deur hul voorbidding by Christus. Op ‘n ligter noot, as iemand nie van
die betrokke gedig hou nie, sal hy dalk darem van die ikoon hou. Die
gedig en ikoon hoort saam want beide probeer om op verskillende maniere
erkenning te gee aan die verheerlikte staat van die heilige.
Die biografiese aantekeninge oor
die heiliges is vir die leser ‘n onskatbare bron van inligting om jou
gedigte te verstaan. Dit is duidelik dat jy ‘n kenner van die ikone is.
Is jy dit hiermee eens?
Die aantekeninge kom uit die sg.
Synaxarion oftewel die Lewe van die Heiliges wat ek elke dag lees en is
‘n bondige samevatting daarvan. Wanneer ek dit lees, ontwikkel ek
miskien die behoefte om oor een van die heiliges te skryf, maar daarna
volg daar meestal eers‘n proses om ‘n geskikte invalshoek te probeer kry
of ‘n gepaste deurlopende beeld. ‘n Mens moet as’t ware eers in
kommunie met die heilige tree voor jy oor hom of haar kan skryf en
dieselfde geld vir die ikoonskilder, verseker Julia Bridget Hayes wat
die ikone geskilder het my. Ek reken, volgens die getuienis van my
geoefende oog, dat sy ‘n besonder knap ikonograaf is, wat haar werk met
die juiste geestelike ingesteldheid benader. Haar werk is op die
Internet te sien.
Kobus, jy staan in die ry van ‘n
lang tradisie van digters wat oor heiliges dig. Ek dink hier o.a. aan
N.P. van Wyk Louw, Sheila Cussons en I.L. de Villiers (aan wie jy jou
bundel o.a. opgedra het). Sou jy jou met die digters oor dié aspek kon
vereenselwig? Sou jy jou gedigte ook binne die mistieke verse van
Sheilla Cussons en selfs sommige van I.L. de Villiers kon plaas?
Ek het dikwels aan Van Wyk Louw se
“Rondloper” gedink, toe ek die gedigte geskryf het, want die “Rondloper”
is vir my gevoel ‘n heilige figuur wat ‘n mens maklik in Rusland van
ouds sou kon aantref, en ek het ook aan die H. Petrus-gedig van hom
gedink, maar ek sal myself uiteraard nou nie in sulke uitgelese
geselskap tel nie, om van Cussons nie te praat nie. My gedigte is
heelwat eenvoudiger.
Ek het vir I.L die Villiers ná ek so ses
of sewe van die sonnette geskryf het, gevra of hy dink daar kan iets
van kom en hy het my toe sterk aangemoedig om 40 sonnette oor die
heiliges te skryf en dit was natuurlik ‘n groot aansporing, selfs al het
ek destyds getwyfel of dit moontlik sou wees.
Wat jou bundel so anders, so
uniek maak, is dat jy die mantel van die sonnet, in afwisselende vorm,
as digvorm moeiteloos oor jou gedigte se skouers hang. Plaas dit die
heiliges op gelyke voet of is daar ander literêre oorwegings?
Die eerste gedigte, t.w. die oor die H.
Serafim van Sarof, was sonnette en ek het toe bloot daarmee aangehou,
sonder enige literêre oorwegings. I.L. de Villiers het gedink ek behoort
ook rymlose sonnette te probeer, maar tot dusver het ek nog nie sy
advies gevolg nie.
Die sonnet as digvorm kom die
eerste keer by Guiitonne d’Arezzo (1230-1294) voor (vg ook Giacomo da
Lentino). Die poëtiese tradisie is ryk aan sonnet digters in wisselende
vorme. Daar is die bekende Beatrice sonnette van Dante (1265-1321) en
Petrarca se 317 sonnette aan Laura (1304-1374). Verder is daar ‘n lang
ry van sonnetdigters. Om net enkeles te noem: William Shakespeare,
Rimbaud, Baudelaire, Verlaine, Milton, Wordsworth, Shelley, Keats, W.H.
Auden, García Lorca, John Berryman, Remco Campert, Gerrit Achterberg,
Rainer Maria Rilke, Walt Whitman en Christopher Reid. Die Afrkaanse
poëtiese tradisie is ook ryk aan sonnette. Ek dink aan C. Louis
Leipoldt, N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman, Peter Blum, Elisabeth
Eybers, Charl-Pierre Naudé en I.L. de Villiers. En nou het jy, Kobus,
die tradisie verder verryk. Was die konsekwente rym nie vir jou ‘n
struikelblok (skandalon) nie? Dit het vir my nie so voorgekom nie.
Ek het voorheen vrye verse geskryf,
daarom was beslis ‘n aanpassing, veral omdat party woorde oënskynlik
geen rymwoorde het nie of altans nie rymwoorde wat in die bepaalde gedig
pas nie. Ek probeer natuurlik om rymdwang te vermy. Ek hou die meeste
van Keats se rympatroon in Ode to a Nightingale waar elke reël met die
derde reël ná hom rym, en dus ‘n sekere spanning skep wat uiteindelik
op ‘n salige wyse deur die rym opgehef word.
Vir my is, as ek een sonnet moet
uitsonder, Die heilige Maagd Maria, die moeder van God ‘n juweel. Veral
die twee slotreëls is treffend:
Wees bly, braambos wat brand sonder om uit te brand,
ligkolom wat ons lei na u Seun: God en Beloofde land.
Daardie sonnet is gebaseer op die sg.
Akathistoslied van Romanos die Melodis, waar hy elke reël met “Wees bly”
/”Verheug u”/ “Wees gegroet” begin (afhangende van hoe ‘n mens dit wil
vertaal) en dan die Maagd dan so in soortgelyke terme as in my gedig in
12 lang en 12 korter strofes aanroep. Daardie gedig is vol
woordspelinge, en interne en slotryme, en word na 1500 jaar steeds
daagliks in kloosters in Griekeland en elders gesing.
Kobus, watter sonnet sou jy as jou gunsteling uitsonder?
Sjoe, dis moeilik, want elkeen het sy
eie ontstaansgeskiedenis en ‘n mens kan ook jou liefde vir die heilige
met jou liefde vir die gedig verwar. Dit gaan om liefde vir Christus in
sy heiliges en die poging om daardie liefde uit te druk. Die gedig word
vir ‘n mens waardevol omdat dit ‘n mens in staat stel om soos in ‘n
liefdeslied aan iets uiting te gee, en des te meer as dit dalk ‘n
geslaagde gedig is. Dalk die een oor die H. Evangelis Johannes die
Teoloog, die H. Polikarpus, en die H. Isak die Siriër, maar daar is
ander ook wat eweneens my besonder na aan die hart lê, as ‘n mens so
iets van jou eie gedigte of liefdesliedere mag sê.
Kobus, nogmaals dankie vir die gesprek. Ek hoop die lesers vind dit ook verrykend.
Dankie, Cas. Die ideaal is mos om ‘n
gedig te skryf wat jyself of jou leser by herhaling sal wil lees, so ek
hoop elkeen kry ‘n paar daarvan in die bundel.
Kobus ‘n slotwoord van jou asb.
‘n Mens kan gedigte uit meer as een
motief of beweegrede skryf, bv. verontwaardiging of verdriet of
vertwyfeling of ontsteltenis, of uit liefde of verwondering of wat ook
al, en al daardie beweegredes kan geldig wees. In hierdie bundel het ek
veral uit die beweegrede van liefde geskryf, met hier en daar ‘n bietjie
verontwaardiging, en probeer om die fokus grootliks op die geliefdes te
laat val. So die lesers sal nie veel oor die skrywer, soos in meer
persoonlike gedigte, wys word nie. Ek wou nie die heilige as kapstok
gebruik om oor my eie innerlike lewe te skryf nie. Ek hoop die lesers
sal daarvoor begrip hê.
Jacobus W. van der Riet is in 1959 in Stellenbosch gebore waar hy ook skoolgegaan en studeer het. Hy het grade in die Teologie en Klassieke Tale, en het ‘n Ph.D. by Wits verwerf oor die digkuns van Horatius, Catullus en Tibullus, ook met verwysing na klassieke Griekse digters. Hy het as hospitaalkapelaan by Groote Schuur gewerk, as dosent in Klassieke Tale by Wits en Unisa, as, boekwinkelassistent, en aflosonderwyser, en kombineer tans die Ortodokse priesteramp in die bisdom van Johannesburg en Pretoria, in gemeentes in Eldorado Park en Rustenburg, met biblioteekwerk in Johannesburg. Hy het in die V.S.A. by ‘n Ortodokse seminarie studeer en ‘n jaar lank in Griekeland in ‘n klooster deurgebring, o.a. om die moderne Griekse taal sover moontlik te bemeester. Naas die letterkunde is hy geinteresseerd in die teken- en skilderkuns, inluitende ikonografie en die karikatuur- en spotprentkuns. |