Wanneer dit by gebed kom, is die meeste mense uitstekende presteerders.
'n Mens kan in die algemeen maar lui wees, of onoplettend, of nalatig, maar as dit by gebed kom is daar by ons 'n ywerige fluksheid wat moeilike oortref word.
In gebede blink mense uit in hul onderhandelingsvermoë.
Ons bid tot God en neem aan dat God ooreenkomstig ons gesprek en woorde sal reageer.
God, dink ons, luister na 'n goeie kind met 'n voorbeeldige lewe. Daarom stel ons graag vir onsself aan God bekend in alles wat ons sê as mense wat omgee, goed doen en die regte lewe lei.
Ons gesprekke met God in ons gebede is daarom ingestel op wat ons uit gebed kan haal. Ons onderhandel met God met die oog op beloning.
Maar belangriker, trouens die belangrikste, is dat ons in ons gesprek met God gedurig God se ontferming vra. Hoewel die Psalms as gebedeboek deurtrek is met intense en aangrypende boetedoening en sondebelydenis, leer ons min daaruit. Trouens, in sommige opsigte sou 'n mens kon dink dat ons dit dalk graag vermy, want dit kan 'n mens dalk diskwalifiseer van beloning.
Calvyn skryf dat ons smeekbede om vergifnis die hart van gebed is.
En daarom bieg 'n mens uitdruklik elke keer weer alles wat deur ons toedoen in ons lewe vernietigend was en kwaad gestig het. Dit is 'n belangrike derde dimensie van gebed wat hy onderstreep het.
Hoe kan dit anders: wanneer 'n mens jou hart vir God oopmaak in die wete dat 'n mens in die teenwoordigheid van die God van alle tye en dinge is, weet 'n mens dat God diep in ons harte inkyk waar ons dikwels self nie wil of kan kyk nie.
En dit is donker daar. Dit sal ons toegee.
En dit is wat bely moet word.
Want waarom praat ons tog met God? Sekerlik omdat ons 'n begeerte om God se genade het eerder as om sekere goeie dinge as beloning te kan kry. Die diepste verlange in ons hart is dat ons lewe 'n ruimte sal word waarin God woon. Dit is al genoeg.
Dit is die ironie: terwyl ons vlytig met God aan die onderhandel is, loop ons die belangrikste van alles mis - om in God se genadige liefde opgeneem te word.
Die gebed om sondevergifnis is uiteindelik die belangrikste deel van ons gesprek met God.