Wednesday, September 11, 2013

Hy slaan 'n kruis elke keer as hy van die hoë gebou afspring om vensters te was.



Toe ek in Chicago was, wintertyd in November 2012, het ek foto's geneem van die piepklein figure van die vensterwassers van Chicago se geboue met hul meesterlike ontwerpe.

Niemand wat fyn kyk kon hulle miskyk: die enkele mier wat onvas iewers rondhang asof hy nog nie spoor gekry het nie. 

Ek het hulle bekyk, verwonderd oor die piepklein stukkie menslikheid wat aan die buitekant van die blinkskoon groot gebou gehang het. 

En toe, Maandag is daar sowaar 'n dokumentêr in die NYT oor die skoonmakers. Hulle is meestal buitelanders wat getrou hul werk doen om inkomste in te bring vir hul jong gesinne en vir familie wat hulle moet versorg. Maar hulle is ook bewus van die risiko's van hulle werk. Daarom slaan hulle 'n kruis as hulle oor die dak van die gebou afspring en praat hulle oor die lewe na die dood. 

Wat gebeur met jou as jy doodgaan?  So vra hulle die vraag van alle tye. 

En gee dan hulle antwoord. Die vensterwassers wat oor die dood nadink. 

Hier is die skakel na 'n boeiende stukkie film: 

http://nyti.ms/17K2tD0

Blog Archive