Saturday, September 14, 2013

Wanneer 'n mens met 'n koue hart met God praat. Oor gebed (2).

Dit is, besef ek dikwels, 'n besondere geestelike gawe om jou woorde te kan tel. 

Woorde-diarree. Woordevloede. Eindelose gepraat. Babbelbekke. Praatsiekes. 

Dit is die verskynsel van ons tyd. 

In stringe kom hulle: bekend en ook nuut of onbekend. Hulle vloei soos waterstrome, guur en onrein. Praat, is ons praterig. 

Dit gebeur ook in gebed: in die gesprek met God uiter 'n mens veel woorde. Mense het veel om vir God te sê. 

Dit hoef nie 'n sonde te wees nie. Maar, skryf Calvyn, dit word 'n groot probleem wanneer die hart van die bidder onder al die gepraat koud is en bly. 

Daarom is 'n opregte begeerte om met God in gesprek te tree, 'n nodige stap wat 'n mens moet neem. 

Nederig moet 'n mens weet woorde is nie wat tel nie. God hoef nie in 'n verhouding met die mens ingepraat word nie. 

Wie, soos Calvyn as eerste dimensie onderstreep het, sy angse en bekommernisse eenkant skuif en sy hart op verwondering en eerbied instel, besef immers dat God groter as woorde is, nie in woorde vasgevang kan word nie en, lank voordat 'n mens jou mond oopmaak, reeds weet. 

Dit is Calvyn se woorde oor die koue hart wat my bybly. Dit is die toetsteen van gebed: hoe koud is 'n mens se hart terwyl 'n mens met God 'n gesprek voer?

Dit was Calvyn se tweede opmerking oor gebed. Boeiend.

Wanner 'n mens met God in gesprek is, tel jy jou woorde.   

Blog Archive