Chagall
het hierdie skildery “die biddende Jood” genoem.
Ek
het die foto geneem toe ek verlede jaar by die Chicago Museum was omdat dit my
dadelik geroer het. Daar is net drie weergawes van hierdie tema wat Chagall in
1914 geskilder het.
Chagall het ‘n ou bedelaar gekry en vir hom sy pa se wit en swart gebedskleed, die
talis, aangetrek. Om sy kop enom sy hande is verdere Joodse gebedsvoorwerpe: om sy hand byvoorbeeld die filakteries, die leerboksies met
skrifgedeeltes daarin.
Die gesig van die bedelaar is veredel deur die wit van die gebedskleed wat om sy skouers hang en die skildery oorheers. Sy oë, blou, kyk in die oneindigheid in. Sy lippe, saam met die blou oë die enigste kleur in die skildery, is besig om te sag te prewel-bid.
Dit
skildery is in donker en wit kleure.
Somber, sereen: die altyd biddende mens wat in verlange op God wag.
Onderstreep deur die kleredrag: alles van, in en om 'n mens herinner 'n mens aan gebed as die lewensaar.