Friday, September 13, 2013

Soek na die Verborge wonders. Oor gebed (1).

Ons moet nie eers probeer om van ons sorge en bekommernisse weg te hardloop nie. Dit is onmoontlik. Ons moet net keer dat ons nie deur ons sorge en bekommernisse gevange gehou word nie. 

'n Mens moet sterker kan wees as dit wat jou besorgd maak. En dit is wel moontlik: dit kom wanneer 'n mens jouself instel op verwondering en eerbied. Deur jou in te span, in te oefen, kan 'n mens die greep van jou donker angste losser maak om sodoende die Verborge wonders van die skepping en die mens te kan herken. Dit, skryf Calvyn, is die eerste stap wat 'n mens neem wanneer 'n mens in gebed met God in gesprek tree. Daarom, wanneer 'n mens wil bid, met God in gesprek tree, berei 'n mens jou voor deur jou hart op God in te stel, weg van die sorge wat 'n mens belas. Dit is 'n belangrike voorbereiding vir gebed.

So het Calvyn gepraat toe hy geskryf het oor gebed as gesprek met God. Sonder hierdie stap, word angste en bekommernisse 'n muur tussen God en die mens. Gebed verdrink onder hierdie las. 

Maar, soos ons sal sien, het Calvyn ook ander boeiende dinge oor gebed geskryf.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive