Gebed kan op 'n manier op 'n dooie punt uitloop.
'n Mens bid, maar dit is, soos baie vertel, 'n gebed wat teen 'n plafon vasslaan. Of 'n gebed wat ons afhandel soos 'n bord kos wat 'n mens opeet of 'n stuk werk wat 'n mens klaar maak.
Nog 'n pligpleging is nagekom. En, dikwels, dinge bly maar dieselfde soos altyd.
Die teendeel is belangrik: Gebed eindig steeds weer in hoop en verwagting. Dit is immers 'n gesprek met God.
En God, verseker alle geestelike tradisies ons, is 'n God wat met die mens in gesprek tree en uitkoms gee.
Dit is immers waarom 'n mens na God gaan: met die hoop dat God sal reageer.
Hieroor maak Calvyn 'n vierde punt: wie in gesprek met God is, weet dat God omgee en uitkoms bied en hy of sy gaan dan soekend op reis om daardie uitkoms waar te maak.
Maar 'n mens moet hier die gees van gebed verstaan: God, weet 'n mens neem nie ons swaar omstandighede weg nie.
Wie tot God bid net om troos te kry, verstaan gebed nie. Deur gebed en deur die gesprek met God kom daar by 'n mens wat dieper vertroosting ervaar, nou ook 'n begeerte los om in alle omstandighede God se wil te doen. 'n Biddende mens wat gebukkend onder die las van sy of haar bekommernisse leef, word deur gebed sterk gemaak om die bekommernisse te takel terwyl hy of sy steeds by God skuil.
Wanneer 'n mens in geprek met God is, weet 'n mens dat God uitkoms sal gee. In die sin bring gebed 'n mens tot innerlike rus en vertroue. Maar dit is nie 'n rus en vertroue wat 'n mens op jou louere laat rus nie. Wanneer 'n mens bid en in God tot rus kom, vul dit 'n mens innerlik met buitengewone krag. Soekend om gehoorsaam aan God te wees, terwyl 'n mens vashou aan God se belofte dat God immer by 'n mens bly, spoor die vertroue op God 'n mens aan om antwoorde te soek en sorge aan te spreek.
Die gesprek met God oefen 'n mens steeds weer al hoe dieper in in 'n vaste vertroue op God. So 'n gesprek loop nooit op 'n dooie punt uit nie, asof 'n mens nou in 'n doodloopstraat maar moet berusting vind nie of met 'n skrale troos tevrede moet wees nie.