‘n Mens kan vas met allerhande motiewe. Dit kan ‘n vaste gewoonte wees. Daardeur oefen ‘n mens jou in die dissipline wat vir die geestelike weg nodig is. Maar vas kan ook dikwels ‘n teken van vroomheid wees. Dit is dan ‘n reaksie op die wil van God dat mense ‘n lewe van toewyding leef. Immers vra Jesus in die Bergrede van sy dissipels dat hulle nie hulle lig onder ‘n maatemmer moet sit nie. Hulle moet hul lig in die wêreld laat skyn.
Die eie vroomheid kan egter iewers ‘n poging wees om ‘n houvas op God te kry. Vas word dan ‘n prestasie. Dit is die soort vas waarteen Jesus gewaarsku het: Hy het die Fariseërs vertel dat hulle vas om deur mense gesien te word.
Vas het nie so ‘n magiese werking nie, asof ‘n mens deur vas God se hand kan draai om gunste en beloning nie.
Vas is daarom ‘n stil dissipline. Dit is ‘n persoonlike saak tussen God en die mens. Daar is, vir Jesus in Matteus 6:16-18 niks uitstallerigs omtrent vas nie. ‘n Mens hou jou netjies, asof jou lewe sy gang gaan, vertel Matteus 6:17. Dit is iets wat niemand aangaan nie. Net die Vader sien dat die mens vas.
Uiteindelik is vas ‘n teken van ‘n gespanne verlange om by God te kan wees. Dit is ‘n manier om met gefokusde aandag die begeerte na God se teenwoordigheid aan te wakker. Dit vertel van ‘n besef dat mense weet dat hulle nie in hulself rus kan vind nie. Dit is die teken van afwagting – op God, op die vervulling van dit waarna die mens se hart intens verlang.
Die vroeë Christene het dikwels, daarom, kort hartsgebede gesing:
Kyrie eleison. Maranatha.
Dit, die gebed om die koms van die Here – in Grieks (Kurie eleison) en Hebreeus (maranatha), is ook gebede wat by die vas pas. Eenvoudige gebede. Hartsgebede.
Dit is belangrik om vas en verlange te verbind. Dit gee ‘n heeltemal ander kleur aan vas. Dan is dit nie ‘n pligpleging nie. Dit word ‘n tyd waarin ‘n mens in gebed afgesonder is. Maar steeds weer met een doel voor oë: om op die Here te wag.
Wednesday, March 16, 2011
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Blog Archive
-
▼
2011
(338)
-
▼
March
(31)
- Selfs al hang jy jou aan jou neusgate op....
- Selfs die wagte het hom bygedam. Oor Jesus se swye...
- Krieketspelers kan ook gelukkig wees.... Oor Matt...
- Gadhi oor die Trappiste in Suid-Afrika
- Spiritualiteit van lig, liefde en eenvoud. Oor die...
- Christenskap bestaan slegs uit twee dinge
- Om na ander te luister, is ‘n daad van ontferming.
- Spiritualiteit van lig en vreugde. Oor Serafim van...
- Om die goeie uit die lelike te skep. Oor U2 en ge...
- Die uitverkoping van God. Bybelstudie oor Openbari...
- Calvinistiese spiritualiteit
- Bernard van Clairvaux se oorlogspraatjies
- Hoe God vra dat 'n mens moet vas (7)
- Vas maak 'n mens ryk (6)
- Hoe om te vas (5)
- Vas as verlange (4)
- Vas en vreugde (3)
- Spiritualiteit en vreugde
- Hoe om ryk te raak.
- Vas kan nie by jouself eindig nie
- Om te vas is om geheg te wees aan Jesus
- Aswoensdag en vas
- Deur my, in wie Christus leef, word Christus 'n te...
- Die wete: slegs in eenwording met God sal ‘n mens ...
- Liefde en goeie werke: om by God te kan wees. Die ...
- Dit is so spesiaal, ‘n mens kom nie verder gelees ...
- Vyf van die mooistes. Bybelstudie oor Openbaring (22)
- Om alleen te wees is om sonder liefde te wees.
- Wat is spiritualiteit? Oor die verhouding tussen s...
- Soms is God 'n onbekende God, maar tog bietjie bem...
- Wanneer die geestelike reis iemand 'n wysneus, opp...
-
▼
March
(31)
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.