Vas, het ons gesien, het te doen met 'n soeke na verdieping in 'n mens se geestelike reis.
Vas kan egter ook 'n mens se geestelike reis terughou en benadeel. Dit gebeur byvoorbeeld wanneer vas in die lydenstyd ‘n tyd word waarin 'n mens veral met hom- of haarself besig is. Dan steek ‘n mens by jouself vas.

Dit is dan dat jy jouself verwyt: “Ek is te sondig om God se genade te verdien”.
En op die manier word die tyd van vas 'n tyd waarin 'n mens al vaster verstrik raak in skuldgevoelens.
En op die manier word die tyd van vas 'n tyd waarin 'n mens al vaster verstrik raak in skuldgevoelens.
Deur hierdie vasgeknooptheid in jouself, in eie gebreke, raak mens ingetrek in 'n introspeksie sodat ‘n mens, vasgedraai in self-verwyt en self-beskuldiging, dieper in donker gevoelens vasval.
Die skuldbesef word dan ‘n afgod waaraan mense sondiglik geboei is. Die boetedoening en gevolglik ook die vas, word ‘n vorm van sondige trots.
'n Mens word eintlik, om Nouwen se voorbeeld aan te haal, soos Judas, wat oorweldig was deur sy sonde.
Die lydenstyd, skryf Nouwen, gebeur daardie tyd van die jaar wanneer die herfs wil-wil deurbreek. Die koue, die bewussyn van eie feilbaarheid, kom verkil ons entoesiasme. Dit laat ons ywer tot niet gaan.
‘n Mens vas egter altyd in die wete dat vas iets veel groters en diepers in gedagte het as 'n mens se eie geestelik feilbaarheid. Dit kan nie by jouself eindig nie.
Vas gaan immers oor die geestelike weg en die geestelike weg is nie 'n doodloopstraat nie.
Vas gaan immers oor die geestelike weg en die geestelike weg is nie 'n doodloopstraat nie.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.