Sunday, May 29, 2011

Rus in die Here in die tyd van angs



Dit is soms 'n openbaring om die historiese konteks van 'n Psalm na te gaan en te sien hoe baie lig dit werp op die betekenis daarvan.

Maar dikwels, soos gelowiges van baie tye agtergekom het, praat die Psalms direk en onmiddellik tot 'n mens. 

Dit is onvoorstelbaar watter troos Psalms bied. 

Psalm 23 beeld dit konkreet uit: Al gaan ek deur 'n diep, donker dal, U is met my. Vir iemand wat sterwe, is die Ou Vertaling, met nog dieper troos gevul: Al gaan ek deur die dal van doodskaduwee.

Net so ook Psalm 116. Dit is vol ryk troos, gebring in wonderlike beelde en taal. Hier is dit:

Psalm 116

Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het.

Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword. 

Toe het ek die Naam van die Here aangeroep: “Here, red my tog!”

Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons. Die Here beskerm die hulpeloses: ek was magteloos, maar Hy het my gered.

Ek moet nou tot rus kom, die Here het goed aan my gedoen:

U het my van die dood gered, U het 'n einde gemaak aan my trane, U het gesorg dat ek nie weer struikel nie. Ek kon voor die Here bly wandel in die land van die lewendes. Ek het in U bly glo, selfs toe ek gedink het dit is klaar met my en toe ek in my vertwyfeling besef het: ek kan op geen mens staat maak nie.

Hoe sal ek die Here vergoed vir al sy weldade aan my? Met 'n drankoffer sal ek van sy redding getuig en die Naam van die Here aanroep. My geloftes aan die Here sal ek betaal in die teenwoordigheid van sy hele volk. Vir die Here is die dood van sy troue dienaars geen geringe saak nie.

Ek is u dienaar, Here, van my geboorte af is ek al u dienaar:
U het my vry gemaak. 
Ek wil U loof met 'n dankoffer.


Ek wil die Naam van die Here aanroep. My geloftes aan die Here sal ek betaal in die teenwoordigheid van sy hele volk, in die voorhowe van die huis van die Here, binne-in jou, Jerusalem! Prys die Here!

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive