Ek hou van hierdie poster: Alfred Soord
AllPosters.com Die onderstaande artikel in vandag se Trouw oor ‘n bewering dat die oorgrote meerderheid van Nederlanders ongelowig is, is om meer as een rede belangrik.
Dit korrigeer ‘n groot misverstand wat by baie mense bestaan – ook in Suid-Afrika as hulle oor Nederland praat. Mense in Nederland is nie ongelowig nie, hulle is eerder a-kerklik/onkerklik. Dit is ‘n proses van ontkerkliking wat hom dwarsoor die wêreld afspeel en wat te doen het met die feit dat die kerk se institusionele mag gebreek is. Die dae dat die kerk mense se toegang tot die hemel en die hel bepaal het en sommer ook hulle aardse lewe ook, is onherroeplik verby. Dit alles gebeur ook in Suid-Afrika – en is ‘n verdere rede waarom hierdie artikel so belangrik is.
Mense is dus tog nog op baie maniere “gelowig”, al is dit dikwels bisarre vorme van geloof. Hulle is nie hul geloof kwyt nie – hulle het bloot hul vertroue in en vrees vir die kerk verloor.
Daar is baie redes hieroor. Maar een rede is in die kerk self te vind. Mense gaan nie meer kerk toe nie, omdat die kerk en veral die kommunikasie van die kerk vir hulle nie werk nie. Die kerke antwoord nie op die moeilike vrae van lidmate nie. Lidmate kan nie meer leef met ‘n simplistiese “glo net en alles sal regkom” waarmee hulle vrae tot swye gebring word nie. Dit is die soort van kerk-praatjies wat nie meer oortuig nie.
Die kerke spreek ook nie meer die behoeftes van mense aan nie. Serebrale preke met dooie historiese feite en moralistiese oppervlakkighede dwing mense die kerk uit. Dit wat van die preekstoel af aan mense gegee word, klop nie meer met wat hulle beleef nie. Hul lewenservaring bly grootiks onaangeraak deur baie van die kerklike taal.
Die (ook dikwels bisarre) preke en uitsprake van die kerk skrik selfs mense af. Dink maar aan daardie gekke predikant in die V.S.A. wat ‘n Koran verbrand het en daarmee duisende Amerikaners in die buiteland aan lewensgevaar uitgelewer het – afgesien van die feit dat hy nie ‘n duit omgee vir die godsdienstige gevoelens van ander nie. Denkende gelowiges vind sulke onverdraagsaamheid afstootlik en onvanpas.
Mese wil ook nie meer kerk toe gaan nie, omdat die beeld wat die kerk uitstraal wêreldvreemd, sonder lewensvreugde is. En dit beteken nie dat mense nou gedurig wil loop en glimlag nie. Maar hulle wil weet wat is vervullend aan die menslike bestaan, wat maak die lewe die moeite werd. Hulle wil in die oggend opstaan en weet dat dit waarvoor die kerk staan hulle inspireer om werk toe te gaan, om vir hulle families om te gee en om hul eie lewe sinvol te leef.
Die ontkerkliking sit ‘n bose sirkel aan die gang. Omdat mense nie meer kerk toe gaan nie, beoefen hulle hul geloof op hul eie en soek hulle antwoorde op plekke wat nie minder bisarre dinge bied as wat hulle soms in hul kerke hoor nie. Daar is, soos hierdie artikel lui, geen sosiale kontrole nie. Die kerklike wysheid wat mense tog in ‘n goeie rigting kan du, ontbreek. Met ander woorde, die kerk skiet homself dikwels in die voet. Deur verby te leef aan die lidmate se innerlike lewe, word die lidmate aan plekke en instansies uitgelewer wat hulle net verder die afgrond insleep. Dink maar aan die voorspoedsteologie wat wêreldwyd vir ‘n kort tyd mense inspireer totdat dit onvermydelik uitbrand en mense ontgogeld laat.
Dit is nietemin waar: mense glo nog, al is dit net nie binne ‘n kerklike ruimte nie. Net 15 persent mense glo nie. Selfs die meerderheid Nedelanders is nog kerklidmate al gaan hulle nie kerk toe nie. En as sommige mense op ‘n dag in een of ander krisis beland, keer hulle hul weer tot die kerk.
Wat staan die kerk te doen? Die dae van triomfantelike magsuitoefening en selfvoldaanheid is verby vir die kerk. Gelukkig. Die kerk is nie meer die geestelike begeleier van sy lidmate nie. Die kerk is eerder die mede-reisiger wat saam met sy lidmate soekend vra na hoe ‘n mens in ‘n nuwe tyd nuwe antwoorde uit die ou antwoorde maak. In gesprek met die verlede, maar ook in wisselwerking met sy lidmate se lewenservaring, moet die kerk diens lewer. Dit beteken diep kyk, dieper vrae vra en dieper antwoorde gee. Die kerk moet eerder swyg as oppervlakkig klink.
Dit hoef nie groot intellektuele vermoëns te vra nie. ‘n Mens hoef nie baie slim te wees om mense te inspireer nie – hoewel goeie insig uiteraard baie help. Wat die verskil maak is geestelike volwassenheid en integriteit. Die kerklike leier is iemand wat naby aan God leef, wie se geesteike reis laagte- en hoogtepunte het. Dit is iemand wat God se liefde aan eie bas gevoel het, so sterk dat hy of sy daardie liefde op ‘n deurgronde, egte manier met ander in geduld, verdraagsaamheid, solidariteit, self-opoffering kan bly deel met hulle wat die liefde nie voel nie en desperaat daarna soek.
Die kerk is iemand wat saam met sy lidmate die geestelike reis aflê. Die implikasie is dat die kerk nie regeer nie, maar saamreis. En die kerk is nie meer die voorloper in die sin dat die skape agterna tou nie. Die ander deel van die metafoor van die skaapwagter geld vir ons tyd: die kerk is in die skemer besig om te soek na die skaap wat iewers ronddwaal. En word die skaap gevind, bly die kerk by die skaap, sorg vir hom en laat hom weer saam met al die skape ‘n ruimte vind waar die skaap kan skuil.
Onderliggend aan hierdie nuwe houding van die kerk is die fokus op spiritualiteit: wat tel is nie wat ‘n mens alles vir jou skape kan doen nie. Hoe dom en swak en hulpeloos hulle is nie. Wat tel is die gesindheid van omgee. En hierdie omgee het te doen met die lewenservaring van mense. Die kerk moet sy lidmate gaan vind waar hulle is, met hul innerlike soeke en vrae. Luister, saam-wees, saam-reis word die sleutelwoorde van ons tyd. Minder vinnige antwoorde, meer stilte, minder slimmigheid, meer teenwoordigheid. Maar meer nog: op die diepste vlak is die liefde vir God, vir ander en vir ‘n mens self die groot motief vir ons tyd.
Hier is die artikel:
Religie is nog lang geen interesse van een minderheid. Nieuw is alleen dat er nu meer gelovigen buiten de kerkmuren zijn dan erbinnen.
In zijn column 'De wereld is behoorlijk religieus' in Trouw van 23 april stelde hoogleraar geschiedenis James Kennedy dat de Nederlandse samenleving een seculiere meerderheid kent. Hij verzuchtte dat de roep dat het 'afgelopen moet zijn met dat religieuze gedoe' steeds luider klinkt. Nederland, aldus Kennedy, is zó ontkerkelijkt, dat het normaal is om niet tot een godsdienst te behoren. Seculier stelt de norm.
Die constatering lijkt mij niet juist. Weliswaar is de rol van religie in de inrichting van de samenleving minder belangrijk geworden, en in die zin is Nederland geseculariseerd. Maar statistisch gezien bestaat er geen seculiere meerderheid. Echt seculier is hooguit de atheïstische minderheid, die echter al decennia niet meer dan 15 procent van de bevolking omvat. Deze categorie kent enkele zelfvoldane spraakmakers, zoals Kennedy signaleert, maar ook meer gematigde woordvoerders.
De fout die Kennedy maakt is dat hij 'gelovig zijn' gelijk stelt aan 'kerks zijn', dat wil zeggen minstens eenmaal per maand naar kerk of moskee gaan. Volgens de laatste statistieken betreft dat inderdaad een minderheid. Op die manier zou nog geen 20 procent van de bevolking gelovig zijn. Toch is de overige 80 procent daarmee niet ongelovig.
Tussen de atheïstische en de kerkse minderheden bevindt zich een meerderheid van ongeveer 65 procent die niet of nauwelijks ter kerke gaat, maar ook geen atheïst is. Meer dan de helft is zelfs formeel nog kerklid. Deze 'onkerkse religieuze meerderheid' wordt getypeerd door een eigen, creatieve, zeer gevarieerde spiritualiteit. Die spiritualiteit is vaak diffuus, soms slapend en soms zeer wakker, en put uit vele levensbeschouwelijke bronnen. Al zijn deze mensen niet kerks, ze hebben wel een geloofsbeleving. Bij een deel van hen wordt die alleen in crisistijden actief. Anderen stellen altijd wel zingevingsvragen en zoeken stelselmatig naar antwoorden.
Zo gezien zijn er dus nu meer gelovigen buiten de kerkdiensten dan erbinnen. Deze gelovige meerderheid is voor haar praktijk niet afhankelijk van de religieuze instituties. Voor velen van hen hebben de media de rol van zingevingsleverancier overgenomen van de kerken. Het succes van het tijdschrift Happinez is daar een voorbeeld van. Het recente tv-project 'The Passion' in Gouda en de omslagreclame ervoor in gratis dagblad Metro van diezelfde dag vormden een kerkelijke erkenning van deze rol van de media.
James Kennedy meent verder dat de vermeende seculiere meerderheid zelfvoldaan is. Hij vindt dat de vroegere zelfvoldaanheid van gelovigen nu is teruggekomen bij de seculiere meerderheid, en dat vervult hem met zorg. Maar Kennedy kan gerust zijn: er is geen seculiere meerderheid, laat staan een zelfvoldane. Zelfs de meerderheid van niet-kerkse gelovigen kan geen zelfvoldaanheid verweten worden in hun afkeer van de instituties. Zij (of hun ouders) zijn onder andere uit de kerk vertrokken omdat kerkelijke leiders niet adequaat ingingen op hun geloofsvragen en niet meegroeiden met hun geloofsbehoeften. Deze teleurgestelden hebben daarom vaak met de voeten geprotesteerd. Niet uit zelfvoldaanheid, veeleer uit nood en omdat ze niet anders konden. Doordat ze zich aan de sociale controle van de kerk hebben onttrokken, konden ze eigen vormen van zingeving vrijuit gaan verkennen.
De zelfvoldaanheid schuilt veeleer in de machtspositie van kerkelijke leiders, zoals bijvoorbeeld de huidige aartsbisschop van Utrecht laat zien, die het gelukt is zelfs zijn achterban van conservatieve katholieken van zich te vervreemden.
De atheïstische woordvoerders hebben daarom recht van spreken. Juist de machtskenmerken van de kerken hebben het atheïsme gevoed, zeker als God in die macht werd geacht te delen. Kerken, ook protestantse, munten niet uit in zelfkennis over hun omgang met macht. Daar mag best een badinerende column aan gewijd worden, zoals Bert Wagendorp in de Volkskrant deed. Of misschien binnenkort door Kennedy zelf, in Trouw.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.