Dit is nie verniet dat daar dikwels nagedink word oor wat spiritualiteit is nie. Nog steeds, na soveel eeue, wil skrywers vandag nog oor die identiteit daarvan worstel.
Die worsteling het met 'n paar sake te doen.
Eerstens beklemtoon feitlik almal dat spiritualiteit transformatief wil wees. Dit sien 'n mens wanneer jy kyk na hoe die groot mistici altyd weer nader aan God gekom het en in die proses radikale prosesse in hul lewens laat ontvlam het. Hulle kon nie keer dat hul transformasie baie kante van hul lewe vernietig nie. Maar hulle het geweet dat die venietiging 'n goeie ding was. Juis daarom het hulle die stroping as 'n reiniging gesien wat hulle struikelblokke in hul volwasse-wording in die geloof ui die weg geneem het.Hulle het herken dat die stroping terselfdertyd God se manier is om hulle te neem na die regte plek - al wou hulle nie eintlik altyd op daardie plek uitkom nie. En hulle het, te midde van die seerkry van die stroping, uiteindelik geweet dat dit goes was, dat dit die manier is waarop hul heel geraak het, hulle lewe bymekaar gekom het en hulle goedheid ervaar het
Reiniging, verligting, eenwording.
Hoe bepraat 'n mens hierdie lewegewende, hoogs intieme, unieke ervaring?
Ek dwaal deur die enorme boek-uitstalling van hierdie konferensie waar om en by 10 000 van die beste denkers in teologie en spiritualiteit bymekaar is. Ek loop verby die tientalle sale waar mense oor die mees gespesialiseerde onderwerpe in klein groepe ure lank reflekteer.
Dit is plekke en gepraat wat ligjare weg is van Jan van die Kruis se donker sel, van Simon Weil se mensonterende fabriekslewe, van die woestyn-veblyf van die monastieke vaders en moeders, van die baie ander plekke waar die soekende individu uitroep na God en soek om God se wil in sy of haar daaglikse bestaan te herken.
Ek hoor die debatte oor spirituliteit, oor die groot denkers, oor die inhoude van ons geloofsweg.
Dit is wonderlike, informatiewe momente hierdie - die worsteling om te verstaan hoe lyk ons geloofsreis wanneer ons dit in die lig van die geloofshelde van gister bekyk.
Maar ai. Hoe transformatief is al hierdie inligting? Watter verskil maak dit? Bring dit ons nader aan God?
Steeds weer, dus, moet die een wat oor spiritualiteit nadink die tweede groot voorwaarde in gedagte hou: hoe verander ek? Watter verskil maak dit aan my lewe? Daarom is die groot, miskien grootste eis wat spiritualiteit stel en wat dit onderskei van teologie en religie, dat die self-impliserend moet wees. Gedurigdeur word besin oor verandering, nuutword, transformasie van myself.
Daarom dat ek vandag die lang, lang reis huis toe begin, nogal aan die dink oor wie ek is na hierdie interessante paar dae.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Blog Archive
-
▼
2011
(338)
-
▼
November
(26)
- Ware en valse mag
- Die mistiek van ons tyd
- Die verantwoordelikheid en vreugde om God se wil t...
- Die pous, die katte en die boeke.
- Wanneer onderskeiding lewensbelangrik is…
- Sonde-obsessie en die Onderskeiding van God se wil...
- Onderskeiding (1). Om met God te praat oor die lewe.
- Wilde lewensvreugde - oor Calvinistiese spirituali...
- Om oor verandering te praat. Of om verandering te ...
- Om aandag te gee is die hoogste vorm van ontfermin...
- Feilbaar
- Spiritualiteit in die werksplek. Oor 'n nuwe tende...
- Tant Alie in Manhattan?
- Die vulgariteit van rykdom
- 'n Mistikus se voete is in hierdie wêreld geplant
- Gebed, die Woord en transformasie
- Gebed en mantra’s (2)
- Gebed en mantra’s (1)
- Groter as al ons woorde. Oor die Verborgenheid van...
- Wanneer hoogmoed oorgeneem het...
- Sagmoedige geweld - oor opwindende nuwe Afrikaanse...
- Spiritualiteit van gebed: om weer lus te raak om t...
- Vir die adventstyd
- U Self
- Silwer vreugdesduiwe of bitter tranevloed: wanneer...
- Dankbaarheid
-
▼
November
(26)
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.