Tuesday, May 31, 2011

Nederigheid en God se wil. Oor die onderskeiding van die Gees (7)


Mense soek na geluk op baie maniere. Hulle werk hard, lewe diens aan ander en is daarby ook graag lidmate van ‘n kerk en godsdienstig.

Dit kan alles bloot uiterlikhede word. Al hierdie dinge, die harde werk, ‘n goeie lewe en ‘n vroom kerklikheid kan ‘n mens ook nie noodwendig gelukkig maak nie.

En ‘n mens kan nie rus vind in uiterlike dinge nie, weet ons. Hulle gaan verby, is wisselvallig, is feilbaar, oppervlakkig en laat ons in vele opsigte onvervuld.

Maar wat dan? Wat maak ons werklik gelukkig?

Al wat ons vervulling gee, is om op God te vertrou. God se genade en ontferming wankel nooit, bly vas, raak ons, roer ons, spreek ons aan, gee vir ons berusting en stilte.  Dit bly altyd by ons.

Alles wat ons leef en doen is ingestel hierop.

In alle omstandighede, soos hulle kom en gaan, moet ons dieper as die uiterlike, die oppervlakkige kyk, na wat God vir die mens innerlik gee, na die verhouding wat God met die mens op ‘n intieme vlak aanknoop. Uiterlike dinge kan dit nie vir ons bied nie. En uiterlike dinge sluit sake in wat vir ons soms belangrik en spesiaal lyk: Harde werk, ‘n suksesvolle loopbaan, diens aan ander en goeie werke, vrome gebede en kerkgang kan uiterlik word, kan ‘n mens soms leeg laat en laat dikwels die hart koud bly.

Om in God se genade te woon, gee ‘n mens innerlike vervulling.

Maar hoe herken en vertrou ‘n mens op God se genade? Om te kan vertrou, vra van totale nederigheid. Mens moet wegkyk van eie groot planne en insigte, eie vashouplekke en steunpilare. Om op God te vertrou, beteken om oop te wees vir wat God wil doen met ‘n mens se lewe. ‘n Nederige mens is iemand wat luister na wat God vra. Die nederige een is iemand wat aan God se roeping gehoor gee. ‘n Opregte persoon skik hom of haar volledig na God se wil. Om te leef in God se wil bring ‘n mens se lewe tot vervulling en verlos die mens van ‘n sinlose, oppervlakkige bestaan.

Dit is die onderskeiding van die Gees, die luister na die Wil van God. Om oop te wees dat God ‘n mens kan neem waarheen jy nooit gedroom het om te gaan nie.

Om nederig te wees, is dus om na God se wil vir ‘n mens se lewe te soek. ‘n Nederige mens soek vir, vra na en onderskei God se wil vir sy of haar bestaan. So iemand het ‘n openheid vir nuwe, ander moontlikhede in sy of haar lewe. Dit is soos Paulus, wat toelaat dat God hom na werkplekke neem waaraan hy self nie gedink het nie. ‘n Nederige mens is iemand wat toelaat dat sy of haar lewe deur dieper, verborge dinge bepaal word. So iemand se lewe stu verby die oppervlakkige dinge, hoe mooi hulle ook al mag lyk.

Maar kyk net wat is eintlik hier aan die gang: ‘n nederige mens bid wat Jesus gebid het. “Laat U wil geskied.” So iemand sal, al is dit swaar, maak wat Jesus gemaak het: Nogtans nie my wil nie, maar U wil. Daarmee word die mens op ‘n geestelike reis geneem waarin hy of sy dinge vanuit God se hoek wil sien. Dit gaan nie meer om wat ek wil doen nie, wat ek meen die beste opsies vir my lewe is nie. Die mens gee sy of haar eie perspektief op dinge op en begin nou na die wêreld vanuit God se oë kyk. Dit is eintlik ‘n self-prysgawe, ‘n selfopoffering. ‘n Nederige mens wil dus nie sy eie wil laat geld nie.

Dit is inderdaad swaar. Maar dit kan ‘n vormende, vervullende en diep bevredigende lewensstyl word – om gedurig op soek te wees na God se wil vir die lewe en die skepping. Hoe meer ‘n mens dit begin doen, hoe meer word ‘n mens se lewe deur God se wil bepaal. Daarom bid ‘n mens. Dit gaan nie om die vroomheid wat ‘n mens het as jy op jou knieë gaan nie. Daarom lees ‘n mens die Bybel. Wanneer ‘n mens Bybelstudie doen gaan die nie om al jou kennis en briljante insigte nie. Daarom vas ‘n mens. Wanneer ‘n mens vas, doen jy dit waar niemand jou sien nie.

Ons bid om God se wil vir ons lewe te ontdek. Ons lees die Skrif om te verneem wat God van ‘n mens vra. Ons vas, omdat dit ons nader aan God bring en vir ons laat ontdek wat in God se hart vir ons geestelike reis lewe. Gedurig, in alles wat ons doen en dink, veral ook in ons godsdiens, is ons hart aan die soek na God se verlange vir die lewe en die skepping. Eers dan, eers wanneer ons die uiterlike dinge verinnerlik en intrek in die verhouding met God, in die vra na God se wil, word ons werklik gelukkig en leef ons eg sinvol.

Daar was ‘n geslag van mense, ek het hulle nog geken, wat in elke tweede sin sou invoeg: So die Here wil, of as die Here dit wil. Met die jare het die gebruik uitgesterf. Daarvoor is daar baie redes. Maar in daardie enkele frase, sit ‘n hele groot stuk spiritualiteit waarvan ons die verlies nie kan bekostig nie. Onvrede, ongeluk, depressie, hartseer, rou, woede, al ons negatiewe, is dikwels die teken dat mense nie meer na hul lewens kyk as ‘n lewe na die wil van God nie. Dít, dink hulle, indirek, is tog nie wat God vir die lewe beskik nie.

Dit wys dat ons behoefte het aan nederigheid, openheid, gebed, Bybelstudie, vas wat ingestel is op daardie een groot verlange – om ‘n mens se lewe in die diepste geheim, die Grootste Verborgenheid, die Oneindige Genade te laat anker.

Monday, May 30, 2011

Kuyper oor die heilige, geseënde mistiek. Oor Gereformeerde Spiritualiteit en Mistiek

Hier is ‘n uittreksel van ‘n artikel wat ek vandag raakloop en waarin die rol van die Puriteine binne die Gereformeerde tradisie en hul mistieke instelling bespreek word. Dit is boeiende leesstof. 

‘n Mens ontdek daarin ‘n massiewe klomp voorbeelde van Gereformeerde mistici wat ons in moderne tye nie meer van weet nie of nie meer van wil weet nie.

Die artikel begin met hierdie historiese oorsig:

The central contrast to be drawn concerns the role of experimental religion in the Reformed Faith. The scene of the Reformed Faith in the Netherlands exhibits a remarkable phenomenon: i.e. a sharp cleavage between Calvinists emphasizing, sometimes in an extreme fashion, experimental religion, even cultivating a kind of mysticism, and on the other hand the Kuyper-Calvinists, including the followers of Schilder as well as the leaders of the Gereformeerde Kerken, who tend to exhibit a marked aversion to experimental religion and to restrict their interests to the doctrinal and practical aspects of religion. The former, i.e. the Old Calvinist circles, in addition to the smaller communities named Oud-Gereformeerd, include the flourishing Gereformeerde Gemeenten, the Christelijk Gereformeerde Kerken, and a substantial orthodox element in the Hervormde Kerk represented by the Gereformeerde Bond. In these circles, the older Reformed writers are held in the highest esteem, not only Dutch writers such as R. Acronius, Th. and W. à Brakel, A. Comrie, J. Fruitier, Th. v. d. Groe, J. Koelman, J. van Lodenstein, W. Schortinghuis, B. Smytegelt, W. Teellinck, G. Udemans, G. Voetius, and H. Witsius, but also the Scottish Presbyterian and English Puritan writers such as I. Ambrose, Baxter, H. Binning, Boston, Brown of Wamphray, Bunyan, J. Durham, R. and E. Erskine, A. Gray, T. Hooker, C. Love, Owen, Perkins, Rutherford, T. Shepard and T. Watson. Although Kuyper himself and his immediate followers knew and loved the oude Schrijvers, there appears to have arisen a generation of the heirs of Kuyper that is ignorant of the great tradition of experimental and practical divinity to which Dutch as well as British Calvinists have made noteworthy contributions, or if not ignorant of its existence, regards it with indifference or scorn. The deplorable attitude of contempt all too often expressed with respect to the Puritans by representatives of the Kuyper movement contrasts sharply with the frequent favorable references to the Puritans in Kuyper's Stone Lectures, as well as with the attitude prevalent in the Old Calvinist circles.

The following passage from Spier's Inleiding, not appearing in the English translation, gives expression to the disparagement of experimental religion among members of the school of Dooyeweerd: "This is called 'experimental' (bevindelijk) preaching and aims more at preaching the Christian than preaching the Christ. This mysticism (mystiek) which is found as well in the so-called Old Calvinist as in the ethical camp, because both schools are subjectivistic, is in direct conflict with God's Word and always expresses itself in the following symptoms: more respect for the word of 'pious' men than for Holy Scripture, despising the sacraments, underestimating the offices, 'psychological' preaching, . . . setting 'psychological' self-analysis marks, etc. on the foreground."

A similarly unfavorable appraisal of the vital religion of the Puritans is found in P. Y. de Jong's otherwise valuable study, The Covenant Idea in New England Theology: "All this demonstrates that the Puritans never gave whole-hearted allegiance to the Calvinistic construction of the relation between nature and grace, creation and redemption. There was always a tendency towards Anabaptist dualism. The aversion to art and culture among many, the strong tendency toward a legalistic construction of ethics and the separation of religion from daily concerns may be mentioned as evidences. Furthermore, there was an unprecedented emphasis on the soteriological aspect of Christian doctrine so characteristic of all groups who do not grapple with the underlying issue of the connection of nature and grace."
This undeserved calumny, directed against the memory of the most consistent of Calvinists, rests on Ralph Bronkema's thoroughly misleading book, The Essence of Puritanism, the distortions of which, so far removed from Abraham Kuyper's praise of the Puritans, have contributed much to poisoning the minds of the past and present generation of the Gereformeerde Kerken in the Netherlands and the Christian Reformed Churches of North America with prejudice against the Puritans, and to encouraging an aversion to the deep experimental piety of the Puritans and their Dutch counterparts. De Jong goes so far as to say of the finest of the classical Dutch writers on covenant theology, Herman Witsius: "Because of his adoption of the Cocceian principles of interpretation, which were so vigorously attacked by Voetius and his disciples, and his emphasis on the place and methods of mysticism in Christianity, he can hardly be considered the defender of Reformed orthodoxy in the Dutch churches of that day." De Jong fails to mention that Voetius and his disciples, including Petrus van Mastricht (whose Theoretico-Practica Theologia was a favorite text of Jonathan Edwards), were champions of the practice of piety, and called Precisianists by the lax, but considered by A. Kuyper Jr. as representing a healthy mysticism.

The disparagement of piety and vital religion, even in the name of insistence on doctrinal orthodoxy, could boomerang and eventually issue in the undermining of that doctrinal Calvinism which the earlier generations of the Kuyper movement esteemed so highly. The charge that the Puritans over-emphasized soteriology betrays a tendency to make light of the gospel of salvation, whether out of preoccupation with other aspects of theology or out of a so-called 'organic' view of nature and grace alleged to be foreign to Puritanism and incompatible with revivals of religion. That the Puritans separated religion from daily concerns is a base slander, but the Puritans never succumbed to the error, pointed out by Dr. Patton, as quoted by Dr. Machen, of making much of applied Christianity without being concerned about having a Christianity to apply. They had their hearts fixed on the one thing needful, the Christian's great interest, as a Scottish worthy put it, and then faced the issues of life in all spheres in obedience to the commandments of God revealed in the written Word.

Among Neo-Calvinists in Holland, as in Anglo-Saxon religious circles where the acids of modernity have been eating away at the Calvinism bequeathed by the Covenanters and Puritans, decay of experimental religion has gone hand in hand with deterioration of practice in matters of worship and conduct. The tendency to aestheticize and liturgize the worship of a Reformed church betrays the loss of awareness of the regulative principle of worship, a principle clearly enunciated by Calvin, and taught in the Heidelberg Catechism no less definitely than in the Westminster Standards. The introduction of a flood of uninspired hymns into the Gereformeerde Kerken and the Christian Reformed Church has proved to be a symptom, as was the case in Scottish and American Presbyterianism, of incipient doctrinal deformation. In addition to the implicit nullification of the regulative principle, the elements of Pelagian, free-will religion and unhealthy mysticism pervading the conventional hymnody increasingly undermine what has remained of the doctrine and experience of sovereign grace. Antinomian doctrine and practice, particularly evident with respect to the observance of the Lord's Day, is another prominent feature of the Neo-Calvinism that joins with Jesuits and Secularists in raising against the Puritans the allegation of legalism.

Die artikel ways dan daarop dat die ortodokse verset teen bevindelikheid en mistiek nie kan roem op enige basis in sulke gereformeerde denkers soos Kuyper en selfs Dooyeweerdt nie! Ek lees die artikel in die opsig met verbasing, bloot omdat die inligting daarin oor Kuyper en Dooyeweerdt inderdaad uit pas is met die uitsprake en vaal dogmatisme van al die epigone van Dooyeweerdt en Kuyper aan wie ons in die ou dae blootgestel is.

Die artikel self het ‘n ondertoon van heftige polemiek. Dit is ‘n hele saak om in te gaan op die vele kante daarvan en insigte daarin. Maar hierdie paragraaf oor “bevindelike” godsdiens, of mistieke ervaring, is te boeiend om te mis. Die artikel vertel van sommige ortodokse, fundamentalistiese gereformeerde groepe se verset teen bevindelikheid en mistiek en wys dan uit hoe uit voeling hulle is met bekende skrywers soos Kuyper!

Hier is wat die artikel oor Kyper skryf:

As has already been mentioned, Kuyper's praise of the Puritans, to the extent of frequently using the words puritanic and Puritan as synonyms for Calvinistic and Calvinist, contrasts sharply with the scorn vented by many who claim to be in Kuyper's line. Furthermore, Kuyper does not write as an enemy of experimental religion or even of all mysticism. His devotional writings, To Be Near Unto God in particular, give eloquent expression to a deep appreciation of and a strong emphasis on the inner life of the godly man as an indispensable element of religion. He writes of "experimental knowledge of God, which comes to us personally from spiritual experience, from communion of saints and secret fellowship with God," and again, of "sacred, blessed mysticism" and the painful experiences of desertions of which the old Reformed writers knew much. Kuyper was no stranger to the experience of conversion, as the moving narrative of his Confidentie bears witness, and does not fail to emphasize that "the cool sympathy for God on the part of the unconverted differs from the warm attachment to God on the part of the redeemed, in that the unconverted always discount sin, while the redeemed always start out from the knowledge of misery, that by reason of the knowledge of sin they may arrive at the knowledge of God."

Boeiende leestof. ‘n Mens sou kan sê: as selfs Kuyper....

Dit is duidelik, ons het nog nie naasteby die nuwe gesprek oor Gereformeerde Spiritualiteit begin skryf nie.  Daar is nog baie om te lees en om te bedink.... Maar een ding is seker: ons besef al hoe meer watter erfenis ons kwytgeraak het – nie altyd as gevolg van die groot name nie. Soms juis oor die kleineres, die benepenes, die skrifgeleerdes....


Sien die artikel by:


Sunday, May 29, 2011

Wanneer die kerk van die toneel begin verdwyn...


Hoewel Nederlanders al hoe minder kerk toe gaan, is hulle, tot verbasing van navorsers, nie minder gelowig nie. Ten spyte van die klein persentasie wat nog kerk toe gaan, is daar slegs 14% ateïste in die land oor, lees ek in ‘n onlangse, insigryke artikel in Trouw. 

Dit interesseer my omdat ‘n mens dieselfde tendens by ons ook opmerk, al is dit meer op die rand van die kerklike lewe as in die hoofstroom. ‘n Mens kan verwag dat die tendens by ons sterker gaan word.  

Wat opval, sê die artikel, is hoe mense alternatiewe op die kerk vind. Mense gryp na enige “iets” wat vir hulle geestelik voed. Hulle gee daarmee op ‘n ander manier sin aan hulle lewens as op die tradisionele manier wat vroeër in die kerk aan hulle voorgehou is. 

Ou, tradisionele maniere van geloof is daar tog wel, maar dan in die meer konserwatiewe protetstantse kerke in die platteland. Maar vir baie mense buite hierdie konserwatiewe groepe is die geredeneerdery en selfs bakleiery oor dogma’s en teologiese inhoude eenvoudig net nie meer belangrik nie.

Onder ander groepe stel belang in allerhande nuwe vorme van godsdienstige of spirituele aktiwiteite. Hulle lees selfverbeterings-gidse, stel belang in nadenke oor kosmiese intelligensie, kyk na sulke reflektiewe sake soos aura’s en persoonlikheidstipes, hulle versamel baie simbole (kruise, religieuse voorwerpe), loop labirinte, gaan op afsonderingsgeleenthede, stap godsdienstige roetes en neem deel aan geestelike musiek of luister graag daarna.

Maar mense neem hierdie alternatiewe oor net as dit hulle werklik aanspreek. Wat in al hierdie dinge belangrik is, is of die aktiwiteite werklik ervaar en beleef word. Daarom is die emosionele meelewing van sulke geestelike aktiwiteite vir nie-kerklik mense ‘n teken van hulle egtheid.  

Veral die emosionele appel van die alternatiewe geestelike aktiwiteit boei my. Mense bly deel van aktiwiteite waar hulle sien dat dit ‘n verskil maak, waar hulle merk dat dit ‘n mens emosioneel verryk en transformeer. Kortom, leer ‘n mens hieruit vir die kerk, wie se hart nie in sy geestelike lewe is nie, verarm en vernietig die kerk net meer.  Geestelike leiers en kerklidmate se reaksie op die evangelie, is deurslaggewend.

Hier is die artikel soos dit in Trouw verskyn het.

De meeste Nederlanders zijn en blijven in religieus opzicht 'ietsist'. Dat zag menig socioloog niet aankomen. Geïnspireerd door ontkerkelijking en ontzuiling zagen wetenschappers religie lange tijd als verdwijnend fenomeen. Maar voor elke kerkganger die verdwijnt, komt niet automatisch een ongelovige terug. Integendeel, atheïsten vormen met slechts 14 procent een kleine minderheid van de Nederlandse bevolking.

Dat concludeert Joep de Hart, godsdienstsocioloog bij het Sociaal en Cultureel Planbureau (SCP) in zijn nieuwe boek 'Zwevende gelovigen'. Daarin bespreekt hij de veranderingen in christelijk Nederland, waarbij hij vooral kijkt naar de opkomst van alternatieve manieren van zingeving. "Buiten het traditionele christelijke erf manifesteren zich tal van nieuwe vormen", zegt De Hart.

Hij doelt niet alleen op spirituele gidsen, het lezen van aura's en belangstelling voor kosmische intelligentie, maar ook op bermmonumentjes en massale rouw als er een bekende Nederlander overlijdt. "Op andere plekken is de oude kerkelijke manier van geloven weerbarstig, met name in orthodox-protestantse kringen op het platteland."

Volgens De Hart worden intuïtie, emotie en gevoel nog belangrijker dan nu voor rituelen van vrijwel alle Nederlanders. Godsdienst is in de moderne Nederlandse samenleving bovendien steeds meer een privézaak geworden. "Emoties zijn voor veel mensen hét criterium geworden of iets authentiek is of niet."

Volgens De Hart hebben kerken als de Protestantse Kerk in Nederland (PKN) vooral wat betreft persoonlijke aanpak de boot gemist. "De kerk is, denken velen, collectief en dogmatisch, volgens de sjablonen van de traditie."

Het bezoeken van een parabeurs of auracursus blijft een tijdsbesteding voor een relatief bescheiden groep, vooral babyboomers. Het gaat vooralsnog duidelijk om minderheden. "Absoluut onvoldoende om de leegloop van de grote kerken te compenseren", aldus De Hart. Voor de meesten, veelal jongeren, blijft het allemaal bij een 'vaag gevoel'.

Rus in die Here in die tyd van angs



Dit is soms 'n openbaring om die historiese konteks van 'n Psalm na te gaan en te sien hoe baie lig dit werp op die betekenis daarvan.

Maar dikwels, soos gelowiges van baie tye agtergekom het, praat die Psalms direk en onmiddellik tot 'n mens. 

Dit is onvoorstelbaar watter troos Psalms bied. 

Psalm 23 beeld dit konkreet uit: Al gaan ek deur 'n diep, donker dal, U is met my. Vir iemand wat sterwe, is die Ou Vertaling, met nog dieper troos gevul: Al gaan ek deur die dal van doodskaduwee.

Net so ook Psalm 116. Dit is vol ryk troos, gebring in wonderlike beelde en taal. Hier is dit:

Psalm 116

Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het.

Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword. 

Toe het ek die Naam van die Here aangeroep: “Here, red my tog!”

Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons. Die Here beskerm die hulpeloses: ek was magteloos, maar Hy het my gered.

Ek moet nou tot rus kom, die Here het goed aan my gedoen:

U het my van die dood gered, U het 'n einde gemaak aan my trane, U het gesorg dat ek nie weer struikel nie. Ek kon voor die Here bly wandel in die land van die lewendes. Ek het in U bly glo, selfs toe ek gedink het dit is klaar met my en toe ek in my vertwyfeling besef het: ek kan op geen mens staat maak nie.

Hoe sal ek die Here vergoed vir al sy weldade aan my? Met 'n drankoffer sal ek van sy redding getuig en die Naam van die Here aanroep. My geloftes aan die Here sal ek betaal in die teenwoordigheid van sy hele volk. Vir die Here is die dood van sy troue dienaars geen geringe saak nie.

Ek is u dienaar, Here, van my geboorte af is ek al u dienaar:
U het my vry gemaak. 
Ek wil U loof met 'n dankoffer.


Ek wil die Naam van die Here aanroep. My geloftes aan die Here sal ek betaal in die teenwoordigheid van sy hele volk, in die voorhowe van die huis van die Here, binne-in jou, Jerusalem! Prys die Here!

Thursday, May 26, 2011

Die enigste troos

Terwyl ek die paar dae nadink oor die rol van geloof in ‘n tyd van rou, kom daar by my onverwags en heel verrassend herinneringe na vore oor die kerk se belydenisskrifte. 

Ek onthou hoe die Kort Begrip wat ‘n opsomming is van die lange Heidelbergse Kategisme van 1563 wat vandag deur die meeste kerke van die reformasie as belydenisskrif bely word, begin. 

Die heel eerste vraag wat die wyse geloofshelde uit die sestiende eeu toe vir mense van geloof gestel het, was: “Wat is jou enigste troos in lewe en sterwe?”

Geloof het met die intrapslag te doen met troos. Dit is 'n vraag, weet ons, wat nie sommer net 'n intellektuele oefening was nie. In die sestiende eeu is mense summier vervolg en gedood ter wille van hulle geloof. Om te glo, was soms 'n saak van lewe en dood. En wanneer 'n mens dan in daardie situasie beland, moet 'n mens weet wat maak 'n mens se geloof die moeite werd. 


Ek sien iemand beskryf die Heidelbergse Kategismus as ‘n belydenis van troos en gebed. Dit is ‘n belydenis wat ‘n mens vertroos deur ‘n mens te herinner aan wat werklik saak maak, ‘n belydenis wat ‘n mens biddend bring voor God, die getroue. Wanneer ‘n mens oor jou geloof begin bely, dus, volgens die Kategismus, is die invalspunt die troos wat ‘n mens se geloof jou bied.

Trouens, daar is maar, in die oë van die opstellers van hierdie belydenisskrif net een troos waaraan ‘n mens kan vashou. En dit is dat ‘n mens nie aan jouself nie, maar aan Jesus Christus behoort. En kyk na die taal: ons behoort aan “my getroue Verlosser.” Al die fokus val, in lewe en in sterwe, daarom nie op wie jy is nie. Die troos is buite die mens, in die Een wat ons Vry maak, die Getroue Een, te vind.

Hier is die hele antwoord.

En die antwoord is:  Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe (a) nie aan myself (b) nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort (c). Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal (d) en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos (e). Hy bewaar my op so 'n wyse dat sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie (g). Alles moet inderdaad tot my saligheid dien (h). Daarom verseker (i) Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe (k).

Mooi is Lied 292, wat dit musikaal verwerk het:

My enigste troos in lewe en dood
is dat ek aan Jesus Christus behoort.
Met sy kosbare bloed het Hy my vrygekoop
dis my anker, my vaste hoop.

Ek behoort aan die Here.
Niks sal my ooit van Hom kan skei.
Sy onfeilbare Woord is die gids wat ons lei;
deur sy liefde bewaar Hy my.

Dat die Belydenis kan begin in die naam van troos, is al roerend.

Hieroor wil ek nadink in ‘n tyd van rou. 

Wednesday, May 25, 2011

Om God se wil vir jou lewe by ander te ontdek. Oor die onderskeiding van God se wil (7).


Dit bly boeiend om te sien hoe mense in die vroegste tye God se wil vir hulle lewe herken het. Ons het gesien hoe God se wil in die Ou Testament deur die profete aan Israel en aan mense bekend gemaak is. God het die volk nooit in die duister gelaat nie, maar steeds weer die goddelike wil bekend gemaak en gesorg dat dit begryp en verstaan word. Die profete was die groep mense wat vir die volk begelei het in hul soeke om God te volg in die goddelike weg met hulle lewe.

Maar God het dit ook buite Israel gedoen. Josef het die wil van God in Farao se drome begryp en aan hom uitgelê. Hy is ‘n voorbeeld van die wyse manne wat ‘n rol speel in die onderskeiding van God se wil. God gebruik wysheid en insig om vir mense die pad aan te wys.

Maar in wysheid, het God ook ander maniere geskep waardeur mense kon verstaan wat die eindpunt van hul geestelike reis was. Die priesters, sou ‘n mens dink, is maar net daar om offers aan God in die tempel te bring. Maar daar is voorbeelde in die Ou Testament waar ‘n priester tot God nader op versoek van ‘n gelowige om te vra wat God se wil vir hom of haar is. Só ‘n verhaal lees ons in 1 Samuel 23:11, skryf Waaijman, wanneer Dawid die priester Abjatar nader en vra: “Here, God van Israel, ek is u dienaar. Ek het verneem dat Saul na Keila toe wil kom om die stad te verwoes omdat ek hier is. Sal die regeerders van Keila hom aan my uitlewer? Sal Saul optrek soos ek verneem het?”

En dan kom die baie pertinente vraag van Dawid deur die priester: “Here, God van Israel, lig my tog in.”

Soekend na God se wil, nader Dawid die priester. Dawid wil die besluit nie op sy eie neem nie. Hy soek lig by hulle wat in diens van God staan.

Net so bekend is die werp van die lot om God se wil bekend te maak. In die Nuwe Testament vertel Handelinge 1:23-26 hoe die elf apostels vir Mattias in die plek van Judas kies. Hulle bid dat die Here sal bekend maak wie God as die twaalfde apostels wil hê. “Here, U wat die harte van almal ken, wys die een aan wat U uit hierdie twee verkies het. Daarna het hulle die lot gewerp en Mattias is gekies. Maar voordat hulle die lot gewerp het, het hulle ook eers gekyk wie die mees geskikte kandidate is.  Die werp van die lot was in die Ou Testament ‘n bekende manier om God se wil te ontdek. Waaijman verwys byvoorbeeld na 1 Samuel 14:41. Die werp van die lot was ‘n heilige handeling wat in afhanklikheid en eerbied gedoen is.

Wat ons ook al van die werp van die lot mag dink, kan ons nie die basiese gedagte ten grondslag daarvan mis nie. Die mens besef dinge is nie altyd helder nie. Die geestelike reis is soms in duister gehul. Om God se wil in donker, onseker tye te herken, is nie maklik nie. Elke keer weer moet ‘n mens daarna soek, in geselskap van ander, afhanklik, eerbiedig.  Dit het mense van die vroegste tye besef. Profete, wyse mense, priesters, leiers onder die eerste Christene, was almal gedurig op soek om die verborge wil van God vir hulle lewe te herken.

Dit is ‘n boeiende saak: dit het ook te doen met die besef van hoe maklik ‘n mens jou eie pad kan loop, hoe gou ‘n mens se geestelike reis deur jou eie wil bepaal kan word. Dit is ook ‘n aangrypende saak: iewers het die geestelike mense gedurig ‘n besef dat groter dinge as eie-belang sy of haar geestelike reis bepaal. Dit is ook ‘n verootmoedigende gedagte. Ons kan nie alleen reis nie. Ons doen dit altyd in geselskap van ander. En dan veral met hulle wat die pad gereeld saam met God loop. Die “gesalfdes” van God, die “dienaars” van God, die getuies van die Here, die profete, die priesters, die apostels, die mede-gelowiges, is ons metgeselle deur wie ons God se wil vir ons lewe leer verstaan. God wys dit aan, maar ons moet in gemeenskap met die heiliges dit begryp en verstaan.

Blog Archive