Thursday, March 31, 2011

Selfs al hang jy jou aan jou neusgate op....

Die woestynvaders was baie realisties oor die ideaal van afsondering waarop hulle hul ingestel het. Hulle het ‘n sekere waarde daaraan toegeken, maar dit nie verabsoluteer nie.

Sheldrake vertel die verhaal van iemand wat vir ‘n wyse ouer mens hieroor gevra het:

“Hier is twee monnike. Een van hulle lei ‘n lewe van afsondering vir ses dae ‘n week. Hy span hom selfs met pyn en lyding in om God in die stilte te dien. Die ander een het besluit om die siekes te gaan versorg. Na watter een van die twee kyk God met de grootste vreugde?”

Die wyse mens het geantwoord: “Selfs as die een wat hom vir ses dae afgesonder het, homself aan sy neusgate ophang, kan hy nie gelyk wees aan die een wat die siekes versorg het nie.”   

Die blote feit dat 'n mens hierdie verhaal kan vertel, is hoogs veelseggend. Dit maak afsondering nie belaglik nie. Maar dit vertel waarom afsondering opgesoek word: die hoogste doel daarvan is om groter sensititwiteit te ontwikkel vir ander.
Dan verstaan 'n mens waarom afsondering vir hulle so belangrik was.

Dit is dus nie die een of die ander nie. Afsondering of ontferming nie.  

Dit is die soort van afsondering wat tel.Afsondering om wille van ontferming. Ter wille van die Ander.

Wednesday, March 30, 2011

Selfs die wagte het hom bygedam. Oor Jesus se swye in Markus 14:65.

Markus 15 vertel hoe Jesus voor die Sanhedrin aan godslastering skuldig bevind is. Eenparig, staan daar in vers 64, het hulle Hom tot die dood veroordeel. Vir hulle is die regspraak nie genoeg nie. Dan begin die fisieke geweld, wat in die kruisdood sou eindig. Hulle spoeg Hom, blinddoek Hom en slaan Hom met die vuis. Dit is die begin van die uitwissingsveldtog teen Hom.

Stel jou voor: ‘n godsdienstige verhoor waarin die beskuldigde so aangerand word.

Daar is baie verklarings vir hierdie verhaal van Jesus wat geblinddoek word en aangerand word. Agter die woorde skuil daar baie tradisies van interpretasie. Soos byvoorbeeld: Daar is verwag dat iemand wat sê dat hy die Messias is, met toegebinde oë in staat sou wees om iemand wat hom klap uit te ken. Dit gaan dan om ‘n Messiaanse toets.

Maar Jesus is klaar veroordeel. Sy aanranders wou nie meer uitvind of hy die Messias is nie. Daar was nie twyfelende Thomasse onder daardie opgewende klomp godsdienstige leiers nie. Hulle het soos een man besluit Hy moet uitgewis word.

Daar was op daardie dag net maar mense wat baie kwaad was. En daarom met vuishoue op Jesus wou toesak. Die Sanhedrin se woede was deur hul godsdienstige wanopvattings gedryf en is gerig teen Jesus wat nie in hulle idee van godsdiens ingepas het nie. Hulle het met brutale geweld hulle woede op Jesus uitgehaal deur op hom te spoeg en hom met vuishoue by te kom.


Alles wat vir hulle oor God belangrik was, het in teenspraak met die lewe van Jesus gestaan. Hy laster God, roep hulle geestelike leier uit, dankbaar dat hy 'n rede gevind het om Hom te veroordeel. Dit was dus vir hulle God se wil dat hulle Jesus uit die weg sou ruim.

Eintlik, in my leestyd gisteraand, vang vers 65 se einde my oog: “Ook die wagte het Hom geklap toe hulle Hom wegvat.”  Ek sien baie vertalings vertaal dit eerder met “Ook die slawe het Hom geklap”.

Slawe, die ongerekendes, hulle wat op die laagste sosiale vlak gereken is, het Jesus ook bygedam.

Die woord vir “klap” beteken om met die oop palm van jou hand iemand anders te slaan. Dit is meer as net ‘n poging om iemand pyn aan te doen. Dit is ook ‘n intense vorming van vernedering.  Vir Markus was dit nie net genoeg dat die Sanhedrin Jesus met die vuis bygedam het nie. Selfs die wagte of die slawe, die buitestaanders, wou hom bykom.


Waarom het Markus hierdie verhaal vertel? Wat, sou ‘n mens ook kon vra, het deur Jesus se gedagtes gegaan toe hy met vuishoue aangerand is en met ‘n oop hand deur die gesig geslaan is? Die evangelies vertel almal hierdie verhaal. Só het dit gebeur, daardie laaste dae van Jesus se lewe.

Jesus sê nie ‘n woord nie. Dit is, in Markus opvallend dat Hy hier, maar ook later tydens sy verhoor nie veel te sê het nie. Markus 15:5 vertel dat Jesus, nadat hy in enkele woorde op Pilatus se vraag antwoord, “egter niks meer gesê het nie, sodat Pilatus verbaas was.” Jesus kies doelbewus om te swyg. Sy dissipels het dit opgemerk. Hulle sou dit later bly oorvertel. Hulle het dit so belangrik gevind dat hulle dit spesifiek in hul evangelies neergeskryf het.

Jesus wou niks sê nie. Hy kon praat. Hy was by sy volle bewussyn. Hy kon maklik op vrae antwoord – soos Hy een keer antwoord op Pilatus se vraag of hy die Messias is (Mk.14:62).

Die opmerklikste is juis die meedeling van Markus 14:60. Tydens die verhoor van Jesus weerspreek die getuies mekaar. Twee keer word vertel hoe die getuies nie kon saamstem nie. Die Hoëpriester vra toe vir Jesus of hy dan nie gaan antwoord oor die getuienis nie. Dan volg die opmerking: Maar Jesus het geswyg en niks geantwoord nie.

Hy het nie teruggeslaan nie. Nie met sy vuiste of met sy woorde nie. Hy het nie geraas of geskel nie. Hy het nie eers die teensprake in die getuienis uitgewys nie.

Selfs toe die wagte, die slawe, die wat nie regtig betrokke was nie, hom bygedam het.

Hy wou Hom nie verweer nie. Al het hulle hom, die Een wat naby aan God was, van Godslastering beskuldig. Hy het nie kwaad met kwaad vergeld nie.

Die helderste lig op hierdie stilte van Jesus kom egter uit Jesaja 53:7. Die kneg van die Here is mishandel, hoewel hy onderworpe was. En Hy het sy mond nie oopgemaak nie. Soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders – ja hy het sy mond nie oopgemaak nie.

Die lydensweg van Jesus is nie heeltemal nuut nie. Die Kneg van die Here in die ou bedeling het ook daardie pad geloop. Die volk Israel ken daardie pad. Maar die Messias sou ook die pad loop.

In die geval van Jesus, was die lydensweg gelaai met ‘n verborge betekenis. Markus 14:32-41 vertel hoe Jesus in Getsemane nog gebid het dat die beker van Hom weggeneem sou word. Nogtans, het hy bygevoeg, laat nie my wil nie, maar U wil geskied.

Drie keer. En dan, aan die einde, roep hy sy slapende dissipels: Staan op, Kom ons gaan! Hier kom my verraaier!

Toe is Hy klaar gepraat. Jesus bly daarna stil, verdra die aanranding en die vernedering, sê niks nie omdat dit die pad is wat God wil hê Hy moet loop. Hy gehoorsaam God volledig, totaal en al, wat ook al oor sy pad kom. Hy loop die weg wat God van Hom vra. Op die ou end, toe dit verskriklik met Hom gegaan het, kon Hy nog in die wil van die Vader bly: My God, roep Hy uit. U aan wie ek behoort, hier is ek. Waarom het U my dan verlaat? 

Getrou tot die dood, verby alle woorde. Onherroeplik gebonde aan God. Dit is die tyd dat woorde nie meer tel nie. Dit is nie meer tyd om te praat nie. Dit gaan om getrouheid aan wat God wil, om gehoorsaamheid aan wat God vra.

Tuesday, March 29, 2011

Krieketspelers kan ook gelukkig wees.... Oor Matt Prior.




Dit is treurige tye op die krieket-toneel, vir ons. Ons praat nie daaroor nie. Maar krieket bly mooi om te bekyk en te bedink. Ek lees daarom ‘n onderhoud in die Financial Times van 25 Maart met belangstelling. Dit is met die Engelse paaltjiewagter, Matt Prior. Hy het uit Suid-Afrika op die ouderdom van 11 jaar met sy ouers na Engeland verhuis.

Dit is altyd lekker om te sien dat Engeland nou krieketgewys deur Suid-Afrika gekoloniseer word. Om ook nie eintlik vir Nederland te vergeet nie. Die wiele, het die oumense mos gesê, draai stadig. Dink maar aan name soos die huidige vier in die Engelse span – Andrew Strauss, Kevin Pietersen, Matt Prior, Ian Trott, maar ook aan sulke grotes soos Basil D’Oliviera, Tony Greig, Ian Greig, Allan Lamb, Chris Smith en Robin Smith.

Dit is darem net tong in die kies gesê. Dinge is darem nie so eenvoudig nie, weet ek. Trott, byvoorbeeld, het ‘n pa wat uit Engeland gekom het. Hy het ook sy krieket in Engeland geleer en het reeds vir sy Engelse skool se onder twaalf span gespeel. Nietemin, bly dit interessant om so bietjie meer van sy manier van dink te lees.

Prior is nou nog hoog in roem omdat hy ‘n groot rol in Engeland se oorwinning oor Australië in die As-reeks gespeel het. Hy het 23 paaltjies geneem en ‘n hondertal geslaan. Sy toetsgemiddelde as kolwer is 43 en hy het vier honderdtalle in 40 toetse geslaan. Hy sukkel egter in eendag-krieket, waar sy gemiddelde 23 is. En hy weet self nie waarom nie.

Nietemin, hy word hoog geag in die harde, kompeterende krieket-toneel. En die genadelose kritiek op hom het stadig begin verander. ‘n Kommentator skryf watter spesiale gesig dit was om te sien met watter toewyding hy onlangs in die nette van elke moontlike hoek balle ontvang en geslaan het. Hy is ‘n sportman wat vasbyt. Meer nog, vertel sommige, het hy die afgelope tyd verander ‘n meer toeganklike, rustiger, volwasser mens. Die publiek het goeie gevoelens teenoor hom begin ontwikkel – al besef hy dit self nie altyd nie.

Terwyl ek dit bedink, geniet ek dit om die aksiefoto te sien waarop Brett Lee hom uitvang. Dit is mos sport uit die boonste rakke, om nie van die fotografie uit die boonste rakke te praat nie.

Prior kom nie uit ‘n ryk agtergrond nie, vertel hy in die onderhoud met die Financial Times. Mense wat arm groot geword het, kan op baie maniere hul nuwe rykdom hanteer. Prior doen dit nogal, as ‘n mens op sy woorde kan afgaan, op ‘n positiewe manier.

Vir my het hierdie positiewe benadering deels te doen met sy perspektief op sport. Op die vraag of hy ooit gedink het hy sal krieket op so ‘n hoë vlak speel, antwoord hy dat baie mense sulke drome het. Hy was meer ingestel op sy volgende krieketwedstryd – dit was wat hy graag gedoen het: “I never really thought beyond playing the next game, which I just loved doing.” Toe die onderhoudvoerder vir hom vra of hy ooit gedink het om bietjie af te skaal, reageer hy: Glad nie. As sportman speel ‘n mens vir baie meer as net geld. Hier bring hy self die geld-kwessie ter sprake. En dan sê hy verder: “In business, it seems people correlate how much money you make to your success. In sport, that is not necessarily the case. I felt I was well paid when I was able to buy my first family house in 2009. But the amount I’ve earned is pretty irrelevant as long as it keeps my family comfortable. What is relevant is my performance on the pitch and playing for England for as long as I can.” Later in die onderhoud vertel hy dat ‘n mens, as jy hard werk, tog ook weer jou geld moet kan gebruik en vreugde uit die lewe put sonder om met geld te mors. Hy het darem een luukse gril, voeg hy by. Hy hou daarvan om horlosies te koop. As hy uitgaan, het hy ‘n deftige een aan, en as hy speel, dra hy ‘n sport horlosie. En hy sal ook, as die span wen, ‘n bietjie op sy drinkgoed uitgee – soos ‘n Franse vodka met die naam Grey Goose.  

Liefde vir die game, lees ek in hierdie reaksies.Maar ook : Die beperkte waarde van geld. Sport as spel om te geniet. Genoeg om van te leef is genoeg. Wat tel is jou familie en dat hulle gemaklik moet wees. Eenvoud. Gewone ideale. Iemand wat bietjie nadink oor wie hy is, wat hy doen, waarom die lewe gaan, wat werklik saak maak. So bietjie dieper delf. Rekening hou met die geestelike dinge. Bietjie meer by al die gewone goeie dinge - meer as net presiese balle boul, sierlike wenhoue slaan, koel bier sluk, met die boys braai, mooi vriendinne uitneem, ‘n blinknuwe model uit te soek by die motorhandelaar.

Maar dan kry jy in die onderhoud daardie Gary Player oomblik, wat ook weer ‘n hele kultuur van menswees onthul: Wat, vra die joernalis vir hom, is die geheim van jou sukses? Prior antwoord: “Daar is geen geheim nie. Dit is net harde werk. Ek is op ‘n oefendag gewoonlik die laaste een om op te hou. As ek nie tevrede met my spel is nie, pas ek ekstra sessies in. Voorbereiding is die sleutel. As ek nie reg is nie, het ek nie genoeg vertroue in ‘n wedstryd nie.”

En dan, behalwe vir die instelling, om sport as ‘n spel te sien, om nie ingestel te wees net op geld-maak nie, om vir familie om te sien en te sorg, behalwe vir die transformasie tot ‘n meer volwasse mens, die proses van inspanning, hard oefen, is daar uiteindelik ook by Prior ‘n einddoel. Die onderhoudvoerder vra hom oor sy strategie. Hy antwoord: “Ek het altyd ‘n einddoel voor oë gehad. Ek wou altyd die beste paaltjiewagter in die wêreld wees. ‘n Mens moenie bang wees om die hoogste moontlike doelwit vir jouself te stel nie. En dan, soos ‘n mens aangaan, hersien jy jou strategieë op die kort termyn. Dit help jou om te speel op die vlak wat jy graag wil speel.”

Iemand wat op die manier sport bedryf, besef ek, is in meer as een opsig ‘n heel mens. Toe die joernalis vir hom vra watter spaarwenke hy vir moeilike tye kan gee, is sy reaksie: “My vrou is baie goed om na te gaan dat die ligte afgeskakel is. Sy hou ons elektrisiteitsrekening laag.” Agter elke man...  En ook: spaarsamigheid. En dan volg, self-bewus oor sy eie rol wat hy moet speel: “Wat my betref, ek vra my altyd voor ek iets koop af: ‘Het ek dit regtig nodig?’”

Lekker gelees aan die onderhoud. In die keiharde sportwêreld kan ‘n mens werklik gelukkig wees. En heel. Dit is keuses wat ‘n mens maak – tot vreugde van hulle naby aan jou, maar ook tot vreugde van iemand ver van jou, kontinente ver, wat net bietjie lees hoe dink jy oor die lewe.

Wat my laat dink aan wat ek vroeër in ‘n blog oor Kaka, die sokkerster, geskryf het. Toe hulle hom vra of hy nie ‘n vreemde voël is in die sokkerwêreld deur so godsdienstig te wees nie, het hy gesê: dit is nie ek wat ‘n vreemde voël is nie. Dis die ouens wat so uithak  en opmors wat die vreemde voëls is.

Wat toe ook by my opkom nadat ek so pas die boek oor U2 gelees het, waarin Bono presies dieselfde gesê het. U2 se keuse om deur hul musiek ‘n geestelike boodskap uit te dra, is nie raar nie. Dit is die ander bands wat so raar is! Netjies gesê. Waarom moet ‘n mens dan altyd apologeties wees oor die natuurlike verlange om deur die dieper dinge en in ooreenstemming met jou eie gewete ‘n gelukkige lewe te soek?

Monday, March 28, 2011

Gadhi oor die Trappiste in Suid-Afrika

Gandhi het  in 1895 die volgende boeiende beskrywing van die Trappiste in Suid-Afrika geskryf (sien gister se blog oor die Cisterciënsers). Dit het verskyn in die The Vegetarian. Ek is minder geinteresseerd in sy fokus op die vegetariese kant van die Trappiste as op hul godsdienstige leefwyse. Gandhi was baie onder die indruk van hierdie uitsonderlike groep.

It was in England that I read in Mrs. Anna Kingsford's "Perfect Way in Diet," that there was a colony of Trappists in South Africa who were Vegetarians. Ever since that I had wished to see these Vegetarians. The wish has at last been realized.

At the outset, I may remark that South Africa, and particularly Natal, is especially, adapted for Vegetarians. The Indians have made Natal the garden colony of South Africa. One can grow almost anything on the South African soil, and that in abundance. The supply of bananas, pineapples, and oranges is almost inexhaustible, and far greater than the demand. There is no wonder that the Vegetarians can thrive very well in Natal. The only wonder is, that in spite of such facilities and the warm climate, there should be so few Vegetarians. The result is that large tracts of land still remain neglected and uncultivated. The staple articles of food are imported when it is perfectly possible to grow all of them in South Africa ; and in a vast territory like Natal, there is much distress among a small population of 40,000 whites. All this, because they will not take to agricultural pursuits.

Another curious but painful result of the unnatural mode of living, is that there is a very strong prejudice against the Indian population who also number 40,000. The Indians, being Vegetarians, take to agriculture without any difficulty whatsoever. Naturally, therefore, all over the colony, the small farms are owned by Indians, whose keen competition gives offence to the white population. They are following a dog-in-the-manger and suicidal policy in so behaving. They would rather leave the vast agricultural resources.of the country undeveloped, than have the Indians to develop them. Owing to such stolidity and shortsightedness, a colony that can easily support double, or even treble, the number of European and Indian inhabitants, with difficulty supports 8,000 [sic] Europeans and Indians. The Transvaal government have gone so far in their prejudice, that the whole of the republic, although the soil is very fruitful, remains a desert of dust. And if the gold mines could not be worked from any cause, thousands of men would be thrown out of employ-ment, and literally starved to death. Is there not here a great lesson to be learnt? The non-flesh [sic] eating habits have really tended to retard the pro-gress of the community, and indirectly to create division among the two great communities which ought to be united and work hand in hand. There is also this striking fact to be noticed that the Indians enjoy as good health as the Europeans in the Colony, and I know that many doctors would be simply starving if there were no Europeans, or their flesh pots, and that by thrifty and temperate habits, both attributable to Vegetarianism, can Indians successfully compete with the Europeans. Of course, it should be understood that the Indians in the Colony are not pure Vegetarians. They are practically so.

We shall see presently how the Trappists of Marian Hill. near Pinetown, are a standing testimony to the above remarks.

Pinetown is a little village situated at a distance of 16 miles by rail from Dunbar. It is about 1,100 feet above sea level, and enjoys a beautiful climate.

The Trappist Monastery is three miles distant from Pinetown. My companion and I walked to Marianhill, as the hill, or rather the cluster of hills on which the abbey is situated is called. It is a very pleasant walk through the little hills all covered with green grass.

On our reaching the settlement, we saw a gentleman with a pipe in his mouth, and we knew at once that he was not one of the brotherhood. He however took us to the visitors' room, where a visitors' book was kept. It appeared from the book that it commenced from 1894, and there were hardly twenty pages filled up. Indeed, the mission is not at all known as it ought to be.

One of the brotherhood came and bowed very low. We were offered tamarind water and pineapples. After having refreshed ourselves, we accompanied the guide to the various places he took us to. The various buildings one saw, were all substantial red brick buildings. All was quiet ; the silence was broken only by the noise of the instruments in the workshops or the native children.

The settlement is a quiet little model village, owned on the truest republican principles. The principe of liberty, equality, and fraternity is carried out in its entirety. Every man is a brother, every woman a sister, The monks number about 120 on the settlement, and the nuns, or the sisters as they are called, number about sixty. The sisters' cloister is about half a mile from the brothers! Both the brothers and the sisters observe a strict vow of silence and chastity. No brother or sister may speak, except those who are allowed to by the abbot, who is the head of the Trappists in Natal. And these are only allowed go sepak who have to to town to make purchases, or to look after the visitors.

The brothers are dressed in long robes with a black piece of cloth in front and on the back. The sisters wear red clothing of the simplest style. None seemed to wear socks.

A candidate for the brotherhood has to make a vow for two years and till then is called a novice. After two years, he may either leave the cloister or make a vow for life. A model Trappist gets up at 2 a.m., and devotes four hours to prayer and contemplation. At six, he has his breakfast, which consists of bread and coffee, or some such simple foods. He dines at 12, and makes a meal of bread, and soup, and fruits. He sups at 6 in the evening, and goes to bed at 7 or 8 p.m. The brothers eat no fish, flesh, or fowl. They discard even eggs. They may take milk, but in Natal we were told they could not get it cheap. The sisters are allowed meat four days in the week. Asked why they put up with such an anomaly, the obliging guide said, "Because the sisters are more delicate than the brothers." Neither my companion who is almost a Vegetarian, nor I could see the force or logic of the reasoning. Cetainly both of us were very much grieved to hear the news which was a surprose to us, for we expected the brothers and the sisters to be Vegetarians.

They take no intoxicating liquors except under medical advice. None may keep any money for private use. All are equally rich or poor.

We saw no wardrobes, chests of drawers, or portmanteaus, although we were allowed to see every inch of the place. They may not leave the limits of the settlement, except those who are permitted to do so on business. They may not read newspapers or books that are not religious. They may not read any religious book, but only those that are allowed. It is this hard austere life, that caused our friend with the pipe in his mouth, whom we first met, to remark in reply to a question, whether he was a Trappist - "No fear, I am anything but a Trappist." And yet the good brothers and sisters did not seem to consider their lines to have fallen in hard places.

A Protestant clergyman said to his audience that Roman Catholics were weakly, sickly, and sad. Well, if the Trappists are any criterion of what a Roman Catholic is, they are, on the contrary, healthy and cheerful. Wherever we went, a beaming smile and a lowly bow greeted us, we saw a brother or a sister. Even while the guide was decanting on the system he prized so much, he did not at all seem to consider the self-chosen discipline a hard yoke to bear. A better instance of undying faith and perfect implicit obedience could not well be found anywhere else.

If their repast is the simplest possble, their dining tables and bedrooms are no less so.
The former are made on the settlement of wood, without any varnish. They use no table cloths. The knives and spoons are the cheapest to be had in Durban. Instead of glassware they use enamelled things.
For bedrooms they have a large hall (but none too large for the inmates) which contains about 80 beds. Every available space is untilised for the beds.

In the native quarters they seem to have overdone it in point of beds. As soon as we entered the sleeping hall for natives, we noticed the closeness and the stuffy air. The beds are all joined together, separated only by single boards. There was hardly space enough to walk.

They believe in no colour distinctions. The natives are accorded the same treatment as the whites. They are mostly children. They get the same food as the brothers, and are dressed as well as they themselves are. Whilst it is generally said, not without some truth, that the Christian Kaffir is a failure, every one, even the wildest sceptic, admits that the mission of the Trappist has proved the most successful in point of turning out really good Christian natives, while the mission schools of other denominations very often enable the natives to contract all the terrible vices of the western civilisation, and very rarely produce any moral effect on them - the natives of the Trappist mission are patterns of simplicity, virtue and gentleness. It was a treat to see them saluting passers-by in a huble yet dignified manner.

There are about 1,200 natives on the mission, including children and adults. They have all exchanged a life of sloth, indolence and superstition, for one of industry, usefulness and devotion to one Supreme God.

On the settlement, there are various workshops—blacksmiths, tinsmiths, carpenters, shoemakers, tanners, etc., where the natives are taught all these useful industries, in addition to the English and the Zulu languages. Here, it may be remarked, that it speaks volumes for the high-mindedness of the noble settlers, that though almost all of them are Germans, they never attempt to teach the natives German. All the natives work side by side with the whites.

At the sisters' cloisters, they have the ironing, sewing, straw hat manufacturing and knitting departments, where one can see the native girls dressed in clean costumes, working assiduously.

About two miles from the abbey is situated the printing department, and the flour mill worked by a water fall. It is a huge pile of building. There is also an oil machine, which is worked for pressing the oil from monkey nuts. It is needless to mention that the above mentioned workshops supply the settlers with most of their requirements.

They grow many kinds of tropical fruits on the farm, and the settlement is almost self-supporting.

They love and respect, and are in turn loved an respect by the natives living in their neighbourhood who, as a rule, supply them with the converts.

The most prominent feature of the settlement is that you see religion everywhere. Every room has a cross, and on the entrance a small receptacle for holy water which every inmate reverently applies to his eyelids, the forehead, and the chest. Even the quick walk to the flour mill is not without some reminder of the cross. It is a lovely footpath. On one side you have a magnificent valley through which runs a small rivulet which murmurs the sweetest music, and on the other, little rocks wherein are carved the various inscriptions reminding you of the scenes of the Calvary. The valley is wholly covered with a green carpet of vegetation, studded with beautiful trees here and there. A lovelier walk, or a lovelier scenery could not well be imagined. The inscriptions carved in such a place cannot fail to produce a grand effect on the mind. They are carved at such regular intervals that no sooner has one completed his thoughts on one inscription, another meets one's gaze.

The walk thus forms a continuous exercise for calm contemplation, unmarred by any other thoughts or outside noise and bustle. Some of the inscriptions are "Jesus falls a first time" ; Jesus falls a second time" ; Simon carries the Cross" ; "Jesus is nailed to the Cross" ; "Jesus is laid in his mother's lap," etc., etc.

Of course, the natives too are chiefly Vegetarians, although they are not prohibited from partaking of flesh meat, they are not supplied with any on the settlement.

There are about twelve such settlements in South Africa, most of which are in Natal. There are in all about 300 monks and 120 nuns.

Such are our Vegetarians in Natal. Though they do not make of Vegetarianism a creed, though they base it simply on the ground that a Vegetarian diet helps them crucify the flesh better, and though perhaps they are not even aware of the existence of the Vegetarian societies, and would not care to read any Vegetarian literature, where is the Vegetarian who would not be proud of this noble band, even a casual intercourse with whom fills one with a spirit of love, charity, and self-sacrifice, and who are a living testimony to the triumph of Vegetarianism from a spiritual point of view? I know from personal experience, that a visit to the farm is worth a voyage from London to Natal. It cannot but produce a lasting holy impression on the mind. No matter whether one is a Protestant, Christian, or a Buddhist, or what not, one cannot help exclaiming, after a visit to the farm—"If this is Roman Catholicism, everything said against it is a lie." It proves conclusively to my mind, that a religion appears divine or devilish, according as its professors choose to make it appear.
M. K. Gandhi

Sunday, March 27, 2011

Spiritualiteit van lig, liefde en eenvoud. Oor die Cisterciënsers

Spiritualiteit en mistiek, weet ons te goed, is dikwels bewegings wat ‘n vervalle kerklike lewe wil hernuwe. Maar spiritualiteit self ken ook sy laagtepunte. Die geskiedenis wys duidelik uit hoedat spiritualiteitsbewegings telkens weer eb en vloed beleef.

Die invloedryke Benediktynse spiritualiteit het by tye ook sy insinkings beleef. Die Cisterciënsers is byvoorbeeld veral bekend as ‘n hervormingsbeweging wat die oorsponklike ideaal van die Benediktynse orde wou herstel en wat veral  ‘n boodskap wou uitdra wat vir hulle tyd ter sake was.Hulle interesseer my veral omdat hulle spiritualiteit lig, eenvoudig en liefdevol is.

Die orde ontstaan in die elfde eeu, maar ontwikkel veral vinnig onder besonder begaafde leiers. Bernard van Clairvaux het byvoorbeeld daarby aansluit in 1112.

Hulle het so vinnig gegroei dat daar veertig jaar later al 352 kloosters was. 

Hulle het ‘n paar belangrike fokuspunte gehad:

Eerstens was ‘n strenge eenvoud vir hulle belangrik. Soos baie ander bewegings (o.a. die Moderne Devotie / Nuwe Toewyding van Geert Grote), het hulle ervaar dat die kerk te blink geword het, vol prag en praal gestraal het. Hulle sny allerhande onnodige bykomstighede in die erediens, kerkgeboue en persoonlike lewens uit. Alle onnodige byvoegsels wat oor eeue heen aan die orde se leefwyse bygevoeg is, is weggestroop. Daar is ‘n duidelike Bybelse motivering hiervoor. Hulle volg die voorbeeld van Christus, het hulle geredeneer. Hy was vir hulle die toonbeeld van eenvoud, veral in sy minimum van aardse besittings en sy armoede. Maar dit was nie net bloot min besittings waarom dit gegaan het nie. Eenvoud het vir hulle ook beteken dat ‘n mens veral besig moes wees met handewerk. Armoede, eenvoud en handewerk het vir hulle hand aan hand gegaan – in ‘n mens se persoonlike lewe, maar ook in die lewe van ‘n gemeenskap.

Vir hulle was liefde ‘n tweede belangrike fokus. Liefde was vir hulle die metgesel van eenvoud. ‘n Eenvoudige leefstyl is vir hulle ‘n lewe in die liefde. Hul fokus op liefde het hulle met ‘n sentrale metafoor gekommunikeer: Die geestelike reis was vir hulle ‘n beweging van die menslike hart na die hart van God. In die mens groei die vermoë om lief te hê steeds weer dieper en dieper. Hulle spiritualiteit en mistiek was daarom positief: die mens het die innerlike vermoë om na God uit te reik en streef daarom na die vereniging met God.  Die menslike verlange na God is ‘n begeerte na ‘n intieme verhouding met God. Daarmee het hulle aangesluit by Augustinus se beklemtoning van die menslike soeke na God. Vir hulle was, verstaanbaar genoeg, Hooglied daarom ‘n belangrike boek – soos blyk uit die geskrifte van Bernard van Clairvaux en Willem van St Thierry.  Vir hulle was dit ook belangrik dat die kloostergemeenskap by uitstek ‘n liefdesgemeenskap wou wees. Daarom het hulle die ideaal van liefdesbetoning veral onder mekaar as lede van die kloostergemeenskap nagestreef.

Hulle het hulle veral besig gehou met kontemplasie, afsondering en liturgie.  Hierdie sake het almal die verinnerliking van godsdiens bevorder. Liefde moes ‘n kenmerk word van die mens tot in die innerlike kern van sy bestaan.

Later sou die Cisterciënsers verkeie fases van ontwikkeling deurloop. Hulle het op ‘n stadium meer intellektueel geword, weg van ‘n lewe in die liefde (vanaf die 13e eeu) en het tydens die Reformasie het hulle groot teenstand beleef.

Behalwe Bernard van Clairvaux was dit Willem van St Thierry wat een van die bekendste Cisterciënsers uit die vroegste bestaan van die orde was. Hulle twee saam het deur hul uitleg van Hooglied ‘n groot invloed op die latere kerkgeskiedenis uitgeoefen. Beatrys van Nasaret, die Vlaamse mistikus uit die 13e eeu, en Hildegard van Bingen was twee van die beroemdste vroue-figure in die orde. ‘n Strenger vleuel van die orde was die Trappiste, wat in die twintigste eeu beroemd geraak het deur die werke van Thomas Merton.

Dit interesseer my altyd dat spiritualiteit so ‘n sterk band met sy konteks het. Juis daarom is daar iets dinamies aan spiritualiteit. Nog nooit kon mense een, enkele handboek of vorm van spiritualiteit as “die” regte een vaslê nie. Die geestelike reis loop nie vir almal dieselfde nie. Dit is bevrydend, want ons weet te goed hoedat dinge wat vir ons twintig jaar terug so belangrik was, in ons tyd verslete geword het. Dit is uitdagend om geestelik op reis te wees. Daar is nie ‘n gekarteerde pad nie. Elkeen moet die pad opnuut loop, maar gelukkig met die wete dat wat die vorige geslagte gedoen het, ten minste die rigting aanwys.

En dit boei my ook hoedat spiritualiteit steeds weer in sy vernuwingsfase soek na eenvoud, na stroping van alles wat blink en praterig is. 

Saturday, March 26, 2011

Christenskap bestaan slegs uit twee dinge

Bonhoeffer skryf die volgende:

In ons tyd sal Christen-wees uit net twee elemente bestaan: om te bid en om onder mense goed te doen. Alle denke, spreke en organisering van Christene moet uit hierdie bid en doen herbore word.

Ek hou van die "net" en die "slegs". Net, slegs bid en goed-doen.

Friday, March 25, 2011

Om na ander te luister, is ‘n daad van ontferming.

 
Spiritualiteit is om in die Gees te wandel, om die geestelike reis saam met ander af te lê. Ons is nooit alleen op reis nie. Dit is ‘n teken van God se ontferming en liefde dat God vir ons reisgenote skenk wat saam met ons die pad loop. Ons is ryk aan mede-reisigers – en hulle is ons mistagoë, ons geestelike vriende.

Waarom voel mense dan tog nog baie alleen?

Ek lees vanaand die volgende uitspraak van Bonhoeffer:

Die woord wat so vinnig van ons tong af glip en wat ons so maklik kwyt raak, wys duidelik dat ons die ander mens nie respekteer nie, dat ons onsself bo hom of haar verhef en ons lewe dus hoër ag.

Só ervaar mense mekaar. Hulle voel: Daar word oor hulle en tot hulle gepraat, maar nie met hulle nie. Hulle word toegespreek en aangesê.

Die teendeel gebeur darem ook:  So af en toe ontmoet ‘n mens iemand wat ‘n luisteraar is. Die persoon laat jou praat. En praat. Hy of sy luister na jou, registreer wat jy sê en dink dan daaroor na.

En dan, sal jy van die persoon steeds weer ‘n wyse woord hoor wat jou moed gee. Of hy/sy sal met jou praat sommer net soos ‘n vriend. Sonder aansit, afwys en grootdoenerigheid.

Jy voel tuis by die persoon. Hy of sy skep vir jou ‘n veilige ruimte.

Hulle is nie baie nie. Hierdie wyse mense wat ander mense nie van ‘n troontjie bekyk nie. Hulle staan nie op ‘n platform en spreek jou toe nie.

Bonhoeffer skryf dus ook elders:

Vele mense soek ‘n oor wat na hulle luister. En hulle vind so iemand nie onder Christene nie. Want Christene praat wanneer hulle eintlik moet luister.

Hoe nou gemaak? Want, skaam, besef ons almal hoe graag bepraat ons ander, soos hulle ons.

Dit is ‘n geestelike oefening om na die een in jou geselskap te kyk as iemand wat veel, veel meer as ‘n prater is. Dit is ‘n geestelike dissipline om jouself te bring om verby die woorde te luister na die hartklop van die ander.  Langs jou sit iemand wat op ‘n baie dieper vlak bloot by jou wil wees.

Om na die ander te luister, is ‘n daad van ontferming. Om vir die ander jou ore oop te maak, is ‘n liefdesdaad.  Die getuienis wat uitgaan van ons luisterende oor is indrukwekkender as al die vinnige woorde wat so maklik van ons tong af glip. Maar die grootste van alles is om vir iemand jouself te gee.

Rembrandt se skildery is van 'n filosoof wat mediteer. Bly dink, bly dink, dink goed na om verby alle woorde heen die Verborgene, die Eintlike te herken. 

Thursday, March 24, 2011

Spiritualiteit van lig en vreugde. Oor Serafim van Sarov.




Spiritualiteit en mistiek kan soms swaar en somber wees. Maar daar is voorbeelde van ligtere mistiek wat groot invloed op mense uitgeoefen het.  In Sarov, Rusland, was daar in die 19e eeu ‘n monastieke gemeenskap waarvan Serafim die bekendste figuur was (sien die uitbeelding hierbo). Dit is vandag een van die bekendste Ortodokse klooster.

Serafim is gebore in 1759 en sterf in 1833. Hy sou as mistikus ‘n ongekende invloed op die Ortodokse kerkgeskiedenis uitoefen.  Hy is vandag nog een van die beroemdste Russiese kerkfigure.

Die eerste deel van sy lewe het hy vir 25 jaar in totale afsondering in ‘n hout-hut in ‘n woud geleef, maar hy het ook gereeld besoekers ontvang. Later het hy in ‘n klooster gaan woon, waar hy in gedeeltelike afsondering bly leef het.

Baie mense het hom opgesoek, soms – word gesê – tot honderde op ‘n dag. Hulle het hom oor geestelike sake geraadpleeg. Mense het ook geglo hy kan hulle genees. Sommige mense het ervaar dat hulle tydens die die gesprekke deur ‘n intense lig omstraal is. Ander vertel graag bekende lewensverhale oor hom: hoe hy deur rowers aangeval is en hoedat hy hom nie verset het nie, maar vir hulle gebid het.

Hy het uit sy pad gegaan om hom vir mense beskikbaar te stel.  Hy wou juis hê dat gewone mense – en nie net die geestelikes nie – moes kan deel in kontemplasie en ander geestelike oefeninge. Een van sy gesprekke met hulle het bekend geraak omdat 'n volgeling van hom, Nikolas Motovilov, dit opgeteken het  (sien die Engelse vertaling van die oorspronklike Russiese teks by http://www.beezone.com/up/conversationseraphimmotovilov.html).  Hierdie boek het ook bygedra tot sy reputasie as een van die bekendste monnikke in die Russies-Ortodokse kerk.  Die herontdekking van sy relikwieë na die val van die kommunisme het groot opslae gemaak en skare’s van mense het in die optog waartydens hulle na sy klooster teruggeneem is, meegeloop.Die lang tydperk van kommunisme en die poging om die klooster tot niet te maak, kon hierdie man se verhaal nie stuit nie.

Hy is 'n figuur in die Ortodokse kerk soos Andrew Murray in Suid-Afrika was.

Een van sy aforisme’s, wat terselfdertyd ook baie van sy spiritualiteit sê, is; “Jaag innerlike rus – en vele om jou sal gered word.”  En innerlike rus was om deur die Heilige Gees gevul te wees (lees die Gesprek met Motovilov hieroor).

Vir hierdie mistikus was die doel van die geestelike reis om die Heilige Gees te ontvang. Die Heilige Gees het volgens hom permanent in die lewens van mense ingewoon. Wanneer ‘n mens gedoop word, word jy in die Gees gedoop. Maar deur sonde word die band met die Gees verbreek. Deur die sakramente kry ‘n mens weer deel aan die Gees. Mense wat naby aan die Gees leef, merk dit aan die totale omvorming wat in hul lewe plaasvind. Lig straal in hul lewens in.

Mistiek het vir hierdie Ortodokse monnik gegaan oor lig, vreugde en opstanding eerder as ‘n donker spiritualiteit van sonde, die kruis en geestelike wroeging.  

Die volgende gedeelte uit die Gesprek met Seraphim illustreer die lig en vreugde van sy mistiek.

Father Seraphim continued: “When the Spirit of God descends to man and overshadows him with the fullness of His outpouring, then the human soul overflows with unspeakable joy, because the Spirit of God turns to joy all that He may touch. This is that joy of which the Lord speaks in His Gospel: ‘A woman when she is in travail hath sorrow, because her hour is come; but when she is delivered of the child, she remembereth no more the anguish, for the joy that a man is born into the world. In the world ye shall be sorrowful; but when I see you, your heart shall rejoice, and your joy no one taketh away from you.’ Yet however comforting may be this joy which you now feel in your heart, it is nothing in comparison with that in which the Lord Himself said by the mouth of His Apostle that this joy neither eye hath seen, nor ear heard, neither have entered into the heart of man the good things which God hath prepared for them that love Him. The earnest of that joy is given to us now, and, if from this there is sweetness, well-being and merriment in our souls, what shall we say of that joy which has been prepared in heaven for them that weep here on earth? You too, my son, have had tears enough in your life; see now with what joy the Lord consoles you while yet here! What else do you feel, my son?”

Die Geestelike reis in die geselskap van die Gees bring ligtheid en vreugde. Ons aarde kan nogal hiermee doen.

Wednesday, March 23, 2011

Om die goeie uit die lelike te skep. Oor U2 en genade.




Ek lees tans Christian Scharen se boek oor U2 met die titel One Step Closer. Dit het my oë nog meer laat oopgaan oor hierdie merkwaardige Ierse band – een van die beroemdste musiekgroepe in ons tyd waarvan die donker-bril draende Bono die handelsmerk is.

Ek is, al lesende, meer spyt as ooit dat ek nie hulle konsert in Kaapstad gaan  bywoon het nie. Ek het al ‘n paar jaar gelede oor hulle begin lees en elke keer tref dit my hoe hulle op hulle manier die boodskap van die Christendom oordra vir hul tyd en veral vir hul gehore  - maar in taal vir ons tyd.

In die hoofstuk van Scharen se boek met die titel, “Genade”, is daar ‘n opskrif waarin Bono as volg aangehaal word:

Die kragtigste idee wat die wêreld in die laaste paar duisend jaar ervaar het, is genade. Dit is die rede waarom ek ‘n Christen wil wees.

Iemand skryf iewers dat Bono eintlik  behep is met genade – talle van U2 se liedere  bevat verwysings daarna. Amazing Grace is ‘n gunsteling van hom.

Die inhoud van die lied lees soos outydse, outydse evangelie: In U2 se liedjie “Grace” teken hulle die goddelike genade as ‘n jong vrou. Soos die jong vrou as wysheid in die Ou Testament God versinnebeeld, só verbeeld hierdie jong vrou God se genade.  Sy is die Een wat die skuld opneem, wat skande bedek, die skandmerk verwyder. Genade, gaan die lied aan, is ‘n gedagte wat die wêreld verander. Dit omvorm, transformeer. Dit is God se skoonheid: Genade is musiek in ‘n mens se ore. Dit vind die goeie in alles. Genade is nie soos ‘n model wat uitstallerig rondpronk nie. Dit is nie haastig en ongeduldig nie. Genade verskil ook drasties van verdienste, van al ons grepe op geluk. Karma versinnebeeld al die mens se pogings om goed te doen. Goeie karma sal jou beloon. Slegte karma bring straf. Karma gaan om eie verdienste. Maar genade is anders. She travels outside of karma. Dit laat seerkry, twis, skade agter. Genade maak die lelike mooi.

Ek hou van die gedeelte oor karma. Bono is sinies oor al die mooi self-help spiritualiteite, al die goed-voel weë van karma. As ons op ons karma moet vertrou, is ons gedoem. Maar genade, dit tel. Genade wat die lelike mooi maak.

Maar ai, dit is nie net ‘n gepraat wat ‘n mens in die lied raakloop nie. Dit is musiek oor genade. Stil sing die gitaarnote van genade wat wegstap van al wat lelik is, wat hom langsaam haas saam met die mooie en die goeie en skoonheid. Jy hoor die musiek van genade. Goed klink dit. ‘n Lang inleiding, subtiel, subliem, kitaarklanke wat lank aanhou asof ‘n mens amper huiwer of jy woorde sal kan vind om oor genade te praat. En dan soek jy maar na beelde van skoonheid, na aantreklikheid, want goed en mooi en wonderlik is die genade. En daar kom Sy: As ‘n jong vrou, al wandelende, in die straat, tower genade in hierdie lied die klanke van snarespel op. En dit kom sak in, oop skeur die sagte klanke ‘n pad na jou binnekant. Wat ‘n mens hoor en wat jou so betower, nooi jou uit om saam te kom, om ook genadeliedere te sing, om goed te wees, om die lelike om te buig.  Dit wat mooi is, is op ‘n mooimaaktog die wêreld in.

Ek lees hierdie hoofstuk oor genade en luister die lied van U2 na ‘n aandjie met vriende. Hard is die stemme wat opklink in ons gesprekke. Vernielend, veroordelend, verwerpend. Raspertonge. En as ek die lied luister, vanaand, na die gesprekke wat die mooie in die lelik verander, is my gemoed vol. Oor die pêrel van groot waarde. “She carries a pearl in perfect condition”. Genade is egte skoonheid.  Ons het soveel ontvang. Ons deel dit nie graag nie. Ons dam dit op. Dit word slierte, vergroende, slikwaters, onvrugbaar in ons binneste.

Miskien besef ons nie wat ons het nie.  Hoor ons nog die evangelie? Moet ‘n Ierse band vir ons kom terugvertel waarom alles gaan? In die sublieme klanke, die poëtiese taal, die treffende metafore, laat hulle ons ons geestelike rykdom herontdek.

Toe die lied in 2000 in Kampala, Uganda bedink is, het U2 ‘n vrou, Grace Nawakunde, ontmoet wat in arm woonbuurte Vigs-pasiënte deur musiek gehelp het.  Die vroue was sterwende, want hulle kon nie die tien rand per dag bekostig om VIGS-medisyne te betaal nie. U2 was verwonderd oor die lewensvreugde waarmee hulle tog bly werk het en met watter vreugde hulle gesing het. Deur hulle werk het Uganda die Vigs-pandemie met 50 % verminder. Deur sulke mense word lelike dinge mooi gemaak, vertel U2. Die gesig van Grace is die gesig van Genade.

Genade, as ‘n mens dit ontvang het, word nie opgedam nie. Dit verdamp nie. Dit sing in die strate van ons lelike wêreld klanke van ontferming.

Hier is die lied, gevolg deur die woorde:



Grace
She takes the blame
She covers the shame
Removes the stain
It could be her name

Grace
It's a name for a girl
It's also a thought that changed the world
And when she walks on the street
You can hear the strings
Grace finds goodness in everything

Grace, she's got the walk
Not on a ramp or on chalk
She's got the time to talk
She travels outside of karma
She travels outside of karma
When she goes to work
You can hear her strings
Grace finds beauty in everything

Grace, she carries a world on her hips
No champagne flute for her lips
No twirls or skips between her fingertips
She carries a pearl in perfect condition

What once was hurt
What once was friction
What left a mark
No longer stings
Because grace makes beauty
Out of ugly things

Grace makes beauty out of ugly things

Blog Archive