Spinoza,
een van die invloedrykste figure van die sewentiende eeu, was ‘n fel omstrede
figuur.
Hy is as jongmens deur sy eie mense uit die Joodse sinagoge van sy kinderdae verban en totaal deur sy eie geloofsgenote verwerp.
Hy sou later oor die hele Europa nog meer ly onder die felle kritiek wat sommige teoloë en filosowe teen hom geuiter het en onder die verdagmakery van sy standpunte.
Tog het Spinoza 'n besondere eerbied vir godsdiens gehad. Boonop het hy vele Christen-vriende gehad wat vir hom, in die destyds "verligte" Amsterdam ondersteun en bewonder het. Dit is ook merkwaardig om sy verhouding met die Christendom na te gaan. In sy boeke skryf hy dikwels oor die Nuwe Testament, en veral ook met groot ontsag en bewondering oor Christus. Hy het die Bybel soos die palm van sy hand geken. Bladsy na bladsy van sy werke is ‘n geduldige, eerlike en eerbare gesprek met die Ou en die Nuwe Testament. Vele van sy opmerkings is vandag vanselfsprekende insigte in die Bybewetenskappe.
Uiteindelik het hy, na intense debatte en lewensbedreigende kritiek, in ‘n eenvoudige huisie gaan woon, waar hy 'n asketiese lewe doelbewus opgesoek het en lense geslyp het om 'n bestaan te maak. Hier het hy sy boeke geskryf wat later die geestesgeskiedenis van Europa beslissend sou beïnvloed. Hy is hier ook deur baie van die groot denkers van sy tyd besoek, omdat sy roem oor die hele Europa versprei het en mense met insig meer van hom wou hoor. Onder die besoekers was van die bekendste filosowe en teoloë van daardie tyd.
Sy ernstige Bybelstudie waarin hy op allerhande moeilike kwessies gewys het, was een van die redes waarom mense hom gekritiseer het. Dit is veral sy Godsbegrip wat vele as problematies beskou. Hy word daarvan beskuldig dat hy ‘n panteïs was wat die gesag van die Bybel hartgrondiglik aangetas het. Ander beskou hom as ‘n volslae rasionalis wat die mens die regter van die Bybel gemaak het aan die hand van die rede as maatstaf. Hy het homself veral ongewild gemaak omdat hy hom fel en vreesloos verset het teen die magsmisbruik van die kerk en die bygelowigheid wat hoogty in die kerk gevier het.
Hy het magtige vyande gemaak wat nie gehuiwer het om hom eindeloos te treiter en te bedreig nie – al wou hy uitdruklik met sy geskrifte nie godsdiens aanval of uitwis nie.
Spinoza skryf soms merkwaardige dinge oor God, oor godsdiens en oor die rol van verstaan in geloof.
Hy ag in werklikheid godsdiens hoog omdat dit mense transformeer tot ‘n outentieke lewe. Die grondtoon van sy geskrifte is duidelik: ‘n Mens kan baie stry oor al die dogmatiese inhoude van godsdiens en die Bybel vertel baie, baie uiteenlopende en selfs teenstrydige dinge oor God. Maar‘n mens kan volgens hom oor een ding nie stry nie: godsdiens is waardevol. Dit het 'n belangrike plek in enige samelewing. Die staat se taak is selfs om ruimte te skep vir sinvolle beoefening van godsdiens.
Godsdiens, beklemtoon Spinoza, kan mense bevry tot ‘n lewe van goedheid, geregtigheid en ontferming. Al is daar baie teenstrydighede in die Bybel en al kan ‘n mens vele probleme in die Bybel uitwys, is die Bybel helder en duidelik in sy morele boodskap. Trouens, die waarde van die Bybel en godsdiens vind Spinoza in die goeie lewe waarin dit die mens wil inlei. Hiervan kan 'n mens uit Spinoza se boeke baie voorbeelde gee. Terwyl ek Spinoza lees om volgende maand oor hom as mistikus te praat, kom ek af op die mooiste insigte.
Kyk, as voorbeeld, wat skryf Spinoza oor die tema van vreugde en geluk. Vir hom kan geluk nooit op 'n selfsugtige, immorele manier beleef word nie:

Die enigste rede waarom elke mens
waarlik gelukkig en geseënd is, is omdat ‘n mens die goeie kan geniet. Nooit
kan ‘n mens egter gelukkig en tevrede wees omdat net jy alleen die goeie kan geniet nie en terwyl jy dink dat ander mense nie so gelukkig soos jy is nie. ‘n
Mens kan nie egte geluk ervaar as jy reken dat ander mense volgens jou
opinie nie so gelukkig is nie.
Iemand wat dink sy/hy is gelukkig omdat sy/hy seëninge geniet wat ander nie het nie, of wat meen dat hy gelukkiger as ander mense is, weet nie wat ware geluk is nie.
So iemand se vreugde is kinderagtig, jaloers of kwaadwillig. Byvoorbeeld: iemand is waarlik gelukkig aleen maar in wysheid en in kennis van die waarheid, nie omdat hy of sy wyser as ander is nie of dat ander mense sulke insig nie het nie. Wie so dink, is nie wyser of gelukkiger as ander nie. Iemand wat dus oor sulke rede’s bly is, is bly in ander mense se teenspoed en is daarom kwaadwillig en sleg. So ‘n persoon weet nie wat geluk of vrede is wat ‘n mens in die egte lewe ervaar nie.

'n Mens wat op ander neersien en hulle geluk ontken of misgun, weet nie wat egte vreugde is nie.
Ek lees hierdie gedeelte as 'n hoogs morele uitspraak wat wys hoedat Spinoza ander mense se integriteit en geluk respecteer. Ek verwonder my oor hierdie morele karakter van sy morele lees van die Bybel.
Ek verwonder my ook dat ‘n mens wat met soveel ontsag oor die Bybel se morele boodskap kan praat, so omstrede kon wees. Ek het ook my reserwes oor Spinoza se Godsbeeld en oor die verabsolutering van die begrip “moraliteit”. Maar as ek sulke dele lees, kan ek verstaan dat sommige mense hom as 'n diepsinnige, selfs edele mens ervaar het. Juis daarom sien ek uit om meer te lees waarom sommige mense hom ‘n mistikus by uitnemendheid noem. Maar daaroor later meer.