Langenhoven het dikwels, in pittige en gevatte
vorm, rype lewenswysheid kwytgeraak.
Hier is een wat my bybly die week, veral waar ek besig was met nadink oor vriendelikheid. Hy skryf:
As jy nie van iemand hou nie, doen hom 'n weldaad. Daarna sal jy hom liefhê.
Goedheid, dus, transformeer in die eerste plek die een wat teenoor ander goed is.
Opvallend is die fokus van die aforisme: om 'n weldaad aan ander te doen, is nie om hom/haar van jou te laat hou nie. 'n Mens doen die goeie ter wille van jouself. Dit is jyself, eerder as die ander, wat op die spel is.
Daar sit 'n stuk volwassendheid in hierdie aforisme. Dit vertel van die onvergenoegdheid wat 'n sterk, geïntegreerde mens ervaar wanneer 'n mens in jou eie gemoed negatiewe gevoelens omdra en vertroetel: hoekom en hoe gebeur dit dat mense met die eerste oogopslag deur 'n ander geïrriteerd en afgesit word of wanneer 'n mens nie "vat" aan iemand anders kan kry nie?
Wat is goeie, wyse (boere)raat vir sulke onpeilbare en negatiewe houdings wat mens oorval?
Die wyse mens wil nie slagoffer van sy of haar eie sinlose emosies wees nie. 'n Gesonde mens is een wat nie laste van slegte emosies ronddra nie.
Hieroor dink die volkswyse Langenhoven. En weet, wyslik, dat 'n egte mens soek om uit die valkuil van negatiwiteit te ontkom.
Weet ons dit dan nie uit ons eie ervaring nie? Dikwels ontstaan hegte vriendskappe juis tussen mense wat mekaar aanvanklik nie kan verdra nie.
En na baie jare van onmin en onvergenoegdheid, kan 'n enkele woord 'n slegte verhouding in 'n ommesientjie transformeer.
Bewys dus die ander 'n guns, 'n "weldaad", laat weet ons volksguru met sy aforistiese wysheid. Doen iets goeds aan die ander. En jy word die een wat wen.
Hy weet te goed: Dit is daardie teken van welwillendheid wat rykdom in mens se lewe kan indra.