Hoe
word ‘n mens omvorm in die geestelike weg? Hoe lyk die proses van
transformasie? Dit is vrae wat die geestelike voorouers indringend besig gehou
het.
Want
die mens se pelgrimsreis is steeds ‘n proses van dieper inworteling in die
verhouding van God met die mens. Altyd weer is daar die oefeninge wat ‘n mens
se ingesteldheid op die geestelike reis voed en wat ‘n mens rigting laat vind.
Iewers
begin alles – soos blyk uit ‘n vorige blog. Die geestelike voorouers het
geweeet daar is ‘n eerste dimensie van omvorming. ‘n Mens kom uit niks tot ‘n
nuwe lewe – net soos toe God aan die begin uit niks die mens geskep het.
Om
dit te begryp, moet ‘n mens kyk na die mens se vroeëre verknogtheid aan niks.
Die ou bestaan, die bestaan sonder en buite God, is ‘n tyd waarin die mens ten
alle koste op selfbehoud, selfbeskerming en selfverryking ingestel is.
Gelowiges
word deur God hiervan omvorm, weg van ‘n mens se fokus op jouself en weg van ‘n
mens se beheptheid met aardse sorge. Iemand wat in God is, word tot eenvoud en
suiwerheid omvorm om eerder op God te fokus en om die geestelike reis in
afhanklikheid van God af te lê. Dit was, soos in ‘n vorige blog bespreek, ‘n
eerste fase van omvorming.
Die
nuwe mens word deur God geskep en die ou mens word agtergelaat. God se
liefdevolle teenwoordigheid deurtrek en deurstroom ‘n mens in sy of haar nuwe
bestaan. Die mens se lewe het ‘n nuwe vorm. Dit is ‘n mens wat die aardse
ontgroei het omdat die aardse dinge mense vasvang, gevange hou, innerlik onvry
maak en van God weghou. Genadiglik kom God, raak die mens aan en in die
aanraking vind die mens ‘n nuwe bestaansvorm.
‘n
Tweede fase in die omvormingsproses hang ten nouste saam met die geestelike
oefening van deelname aan die nagmaal.
Iets
gebeur met die mens wat aan tafel saam met God gaan. ‘n Mens word skoongebrand
en ingebrand in die goddelike liefdesvuur.
In
die nagmaal as ‘n intieme ontmoetingsgebeure met die Lewende Here, met
Christus, ontdek ‘n mens hoe afhanklik ‘n mens van God se liefde is, skryf
Blommestijn. ‘n Mens kan nie daardie liefde beetkry en bewerk nie.
Jy
moet dit afwag, ontvang. Jou hande kan dit nie gryp nie, net ontvang.
God
moet aan die mens die liefde in Christus gee, want die mens staan arm, blind en
naak, met ‘n innerlike koudheid en kilte voor God in ‘n situasie van ontbering
en gebrek.
Jy
sit naamlik innerlik verhongerd, uitgemergel en maer by die tafel aan. ‘n Dik,
vol mens het immers nie veel aan ‘n ete nie. Of, skryf Blommestijn, ‘n mens wat
warm kry in die somer gaan nie nog voor ‘n verwarmer sit nie.
Dit
is alleen maar God se teenwoordigheid wat ‘n mens omvorm, of, soos Blommestjin
dit stel, die vuur van God se liefde omvorm die mens se kilheid. Want kil is
die mens se bestaan sonder God. Die mens is immers niks. Die mens is onvry, bestaan
eintlik nie regtig nie.
Net
soos God in die skeppingsdaad uit niks die mens gevorm het, net so bring God se
vurige liefde die mens tot ‘n nuwe bestaan in die mistieke gebeure van die
nagmaal.
“Ons
geslotenheid word deurbreek deur die goddelike Gelaat wat in oorweldigende
skoonheid aan ons geopenbaar word.”
Aan
tafel is ‘n mens by die Een wat uitdeel, ontfermend, genadiglik – ‘n Vader wat
die gemeste kalf vir die honger, verlore seun slag.
‘n
Mens kan nie na die nagmaalstafel gaan wanneer ‘n mens vol is van klagtes en
kilheid nie. As jou aardse sorge, waaraan jy buitendien niks kan doen nie, jou
innerlik besig hou, is jy verlangend na aardse ding en afgesluit van die ryk
maal wat God voorberei het.
Eers
wanneer ‘n men jou afhanklikheid insien, jou leegheid begryp en jou wanhopige,
sinlose greep op jou lewe loslaat, kan ‘n mens die hemelse voedsel in die
nagmaal inneem.
Die
mens word slegs gevoed wanneer hy of sy honger en met leë hande en sakke aan
die tafel gaan aansit. Dit is dan dat ‘n mens insien en tot die besef kom dat dit
die nagmaal is wat hom of haar voed.
Die
voedsel is God se liefdevolle teenwoordigheid, God wat ‘n mens in Christus
omvorm en transformeer.
Wie
bewus word van God se teenwoordigheid, word met God verenig en kom tot nuwe
lewe. So iemand verloor sy of haar self-gerigtheid en ontdek hoe sy of haar
hart op Christus ingestel is. Nie ‘n mens se eie prestasie nie, nie weens ‘n
mens se eie behoeftes nie, maar deur Christus as gawe word ‘n mens vry en
vervuld. Dit is ‘n liefde wat van maal tot maal herhaal en uitgedeel word, wat
nooit uitbrand nie, wat nie ‘n rekening uitskryf of ‘n betaling eis nie. Vrye
genade, verniet word die liefde uitgedeel.
Meer
nog: dit is ‘n liefde wat ‘n mens innerlik verteer en in liefde laat ontbrand. ‘n
Mens eet en drink die liggaam en bloed van Christus. Dit is jy wat die brood
eet en die beker drink.
Maar
‘n mistieke gebeurtenis vind plaas. Dit is nie wat die mens doen, die eet of
die drink wat die mens omvorm nie. Dit is eerder Christus se teenwoordigheid in
die nagmaal wat die vuur van Goddelike liefde in mense se innerlike laat
ontbrand. Dit is nie ons wat Christus inneem en verteer nie. Dit is Christus se
liefde wat ons opneem en deur vuur verteer. Die mens word een met die Goddelike
liefde en word opgeneem in ‘n intieme eenheid met God.
Blommestijn
haal die volgende onvergeetlike deel uit Thomas a Kempis aan (3.16.9-12):
Verkwik
u hongerende bedelaar,
maak
warm my koue deur u liefdesvuur,
verlig
my blindheid deur die glans van u teenwoordigheid,
verander
al die aardse vir my in bitterheid,
en
elke las en teenslag in lydsaamheid,
en
elke lae en geskape ding in veragting en vergetelheid.
Hef
my hart tot U in die hemel op,
en
laat my nie swerf op aarde nie.
Thomas
wil sy lesers bring om nie op aardse dinge, teenslae, angste en benoudhede te
fokus nie. Alles wat aards is, moet die mens agterlaat as niks wanneer dit met
God se teenwoordigheid vergelyk word nie.
Daarom
kom die tweede deel van die merkwaardige lied:
Hef
my hart tot U in die hemel op,
en
laat my nie swerf op aarde nie,
U
alleen sal van nou af aan my verlustiging wees tot in ewigheid,
want
U alleen is my spys en drank,
my
liefde, my heuglikheid,
my
soetheid en al my goed.
O,
Mag U my volslae ontbrand deur u teenwoordigheid,
my
verteer en laat oorgaan in U,
dat
ek een van gees met U mag word
deur
die genade van innerlike vereniging
en
versmelting deur liefdesvuur.
Laat
nie toe dat ek honger en dors tot U nader nie,
maar
handel barmhartig met my,
soos
U dikwels so wonderlik goed gehandel het met u heiliges.
Is
dit te verwonder dat ek geheel deur U ontvlam,
en
beswyk in myself,
terwyl
U is die immer brandende, nooit verswakkende vuur,
die
liefde, wat harte reinig en die verstand verligting gee?
Geyser
se vertaling van die oratiewe, die versugtig, die verlange na wat werklik kan
versadig.
En terselfdertyd dit ontdekking, die kontemplatiewe, die innerlike sug van dankbare tuiskoms: U is die immer brandend, nooit verswakkende
vuur, die liefde, wat harte reinig en die verstand verligting gee.
Net
iemand wat nie weet wat liefde is nie, kan hierdie gedagtes as wêreldmyding
sien.