Waarom wil mense vandag meer leer oor die kloosterlewe?
Kan die vroeëre kloosterlewe vandag nog enige sin maak?
Kan die vroeëre kloosterlewe vandag nog enige sin maak?
Die
eeue-oue kloosterlewe is vir vele ‘n verskynsel uit die verre verlede wat moeilik in
‘n moderne konteks inpas. Vir 'n lang tyd het mense dit ongebalanseerd of eenvoudig
lagwekkend gevind. Selfs binne die kloosters het die getalle opgedroog soos monnike weggegaan het of nuwelinge nie aangemeld het nie.
En tog bly
‘n klomp mense aangetrokke tot die gedagte in die kloosterlewe. Films oor die
kloosterlewe maak groot opslae en word wêreldwyd treffers (Of Gods and Men, The
Great Silence) wat groot gehore lok.
Die
monastieke lewe word weer in ons tyd ernstig opgeneem. Dit laat mense verwonder
en bring hulle selfs tot bewondering en benyding.
Des te meer
omdat tradisionele stutpunte aan die wegval is. Godsdienstige instellings is
onder druk. Kerke kwyn. Bekende kerkleiers word geïgnoreer as hulle leiding
gee, indien hulle nie geminag word nie.
Tog mis
mense iets deur hierdie proses van agteruitgang. Hulle is ongemaklik met hul
lewens en vind dat hulle net tot op ‘n punt die besige, gulsige en uitspattige
kultuur waaraan hul geestelik ondergaan, kan verdra.
Teenoor
hierdie haastigheid staan die stil lewe in die klooster. Daar, idillies selfs,
is ‘n mens weg van die druk en oor-moegheid wat ‘n mens se daaglikse roetine
oproep. Hier kan ‘n mens oor dieper vrae nadink, die verborge, durende dinge
ontdek.
In baie gevalle het mense hierdie verwondering van die kloosterlewe omgesit in dade. Afsonderings in stil plekke en meditasie kry daarom weer veel aandag. Met tye in "retreats" en reise op pelgrimstogte wil hulle die behoefte vul.
In baie gevalle het mense hierdie verwondering van die kloosterlewe omgesit in dade. Afsonderings in stil plekke en meditasie kry daarom weer veel aandag. Met tye in "retreats" en reise op pelgrimstogte wil hulle die behoefte vul.
Tog is selfs
hierdie alternatiewe te gefragmenteerd. Daar is nie samehang tussen die
ruspose’s en die besige lewe nie. Dit antwoorde is te selektief, te
willekeurig.
Dit is
nie altyd maklik om durende antwoorde te vind en die afgeronde lewensstyl te
ontdek nie. Soms kom die dieper antwoord net deur stryd, stroping en prysgawe
van diepgevestigde gewoontes en oortuigings. In die stryd om antwoorde en
alternatiewe word al die vrae wat ‘n mens altyd het, akuter. Om jouself te vind
te midde van die geweld van die konvensionele lewe en die verval van
tradisionele strukture is nie maklik nie.
Iemand
wat weet dat dit nie verder so kan gaan nie, dat dit ‘n saak van lewe en dood
is, pak die reis dus moedig aan. Net soos sweet en toewyding ‘n gesonde liggaam
en gees kweek, net soos toewyding nodig is om versorgd te leef, te bly en te
werk, net so moet die sin van die lewe deur inspanning ontdek word.
Dit is
‘n reis na self-vervulling, na daardie punt in jou lewe wat vervulling bring en
sin gee.
Wat
gebeur wanneer ‘n mens jouself te midde van die onstuimigheid van ‘n sinlose
bestaan ondersoek?
Heel
eerstens begin jy oortolligheid raaksien. Jy ontdek hoe die tyd van stroping
aangebreek het. Jy besef hoe onsinnig vele van jou aktiwiteite is waaarmee jy
onnadenkend en ongetoets besig is.
‘n Mens herken
in die proses dat alles wat ‘n mens so onnodiglik jaag, gedryf word deur begeertes
en gevoelens waaroor ‘n mens nooit vrae vra nie. Die oortolligheid is die
gevolg van onnadenkendheid, van ‘n lewe wat deur ander gedikteer word en
waarvoor eise van buite jouself aan jou gestel word.
Dit kom
na vore in so ‘n eenvoudige saak soos ‘n kostafel. Ons eet byvoorbeeld dikwels
enige iets wat voorkom, net omdat ons lus is of omdat ons dit altyd doen. Die
eet-soveel-as-wat-jy-wil of kan advertensie-veldtog het ons siel ingedring en
van ons vrate gemaak. In die kloosterlewe eet die monnik sober, op vasgestelde tye
en – merkwaardig – in stilte terwyl iemand ‘n diepsinnige werk voorlees. Die
ete is deel van ‘n lewe wat ‘n patroon het. Daar is ‘n tyd om te bid, ‘n tyd om
te werk en ‘n tyd om te eet. Die patroon van sinvolle lewe begelei al hierdie aktiwiteite.
Eet omdat dit sinvol is. Nie om sommer net te eet nie.
Wat belangrik
is is om te dink oor mens se bedrywighede – hoe eenvoudig ook al – en om hulle
te toets. Die versigtige nadenke oor mens se dade is ‘n verdere stap tot ‘n
sinvolle bestaan. Mense leef met ‘n innerlike gerustheid dat hulle die regte
ding doen.
Neem ‘n
ander voorbeeld van sake wat aan mense krap: ‘n Mens het vreugde in ‘n lekker,
ontspanne saamwees met ander in gesprekke or klein of oor groot dinge. Tog kan sommige
soort gesprekke ook ‘n barometer van mense se geestelike vlakheid word. Mense
stap soms weg, skaam oor roekelose praatjies vol veroordeling en negatiwiteit
waaraan hulle deel gehad het. Thomas a Kempis skryf in sy Navolging dikwels
hieroor.
Miskien
sal dit ‘n goeie geestelike oefening in die teken van meditatiewe besinning wees
om saans, voor slaaptyd, boedel op te neem oor wat ‘n mens alles deur die dag
kwytgeraak het. Opvallend is dat mense in hierdie opsig veral ook na stilte
vlug, weg van ydel praatjies wat hul lewenssfeer elke dag bedompig maak en hul
aftrek in ‘n spiraal van vlak- en hardheid.
Dus, net
soos met liggaamlike oefening wat ‘n mens goed laat voel, kan stilte, nadenke
en geestelike oefening aan ‘n mens ‘n innerlike lewensstyl gee wat vervullend
is en ‘n mens geestelik opbou.
Hiervoor
maak ‘n mens ongewilde keuse’s of leef soms stroom-op. Dit bring ook mee om
dinge op te gee wat familie, vriende en kollega’s steeds weer as normaal
beskou. Maar ongewilde keuse’s is nog lank nie ongebalanseerde keuse’s nie.
Self-ondersoek
behels ‘n keuse vir volwasssenheid – om nee te sê vir die dinge waarvan ‘n mens
sat is en wat jou lewe aftrek na onder. Dit beteken egter veral ook om te besef
‘n mens is deel van ‘n groter geheel, opgeneem in ‘n groter raamwerk. Dit bring
mee dat ‘n mens dikwels jou eie wil prysgee en inval by wat ander wil. ‘n Mens
begryp dat jou eie dinge ‘n tweede plek moet inneem. Dit verstaan jy, leer jy
aan en oefen jou daarin – want dit is nie maklik nie.
Iewers
bring self-ondersoek jou om te besef hoe nodig jy ander mense het, hoe sinvol
goeie verhoudings is, hoe self-opofferend, maar juis ook goed (selfs)
onbeantwoorde liefde is, hoe verniet vriendelikheid is en hoe belonend omgee
vir ander kan voel. Dit bring, weer eens in die monastieke idioom, jou om jou
omgewing hoog te ag, sober en eenvoudig met besittings om te gaan en om jou
hande in koue water te steek om wille van ander. Soekers vind in verhoudinge,
transformasie en die durende reis ‘n uitkoms – in die rigting wil ‘n mens loop,
ontdek ‘n mens ‘n vervullende lewe.