Onderskeiding as ‘n geestelike oefening is deur die
eeue heen veral vebind met ‘n spirituele begeleier wat ‘n ander persoon “begelei”
om die wil van God vir sy of haar lewe te ontdek.
Daar is ook belangrike tradisies in die geskiedenis
van Spiritualiteit wat allerhande “tegnieke” ontwikkel het waaardeur ‘n mens
God se wil kan onderskei. ‘n Mens het “insig” nodig om te kan onderskei en jy
moet dit “wyslik” doen.
In die proses is neergesien op “laer” vorme van spiritualiteit
waar mense op ander, minder “ingeligte” maniere die wil van God vir hul lewens
gesoek het. Hierdie groepe is as minderwaardig beskou en gesien as oningeligtes
wat nie van beter weet nie.
Hoe vind ‘n “gewone” mens antwoorde op vrae oor God se
wil? Op watter maniere onderskei oom
Fanie en Tant Salie wat God van hulle vra?
Onopgeleid in die dieper dinge van spiritualiteit en
mistiek, “eenkant” en bietjie “minderwaardig” word hulle geïgnoreer. Hulle
antwoorde is nie “hoë” spiritualiteit nie.
Dink ons.
Hoe het die armes, die skaapwagters by Bethlehem, die
blinders in Jesus se tyd God se wil gesoek?