‘n
Mens is, word dikwels gesê, die een wat jou eie bestaan kan bepaal. Jy maak die
keuse’s wat dinge in jou lewe in ‘n goeie rigting stuur. Jy veg vir jou ‘n pad
in die lewe oop.
Dit
lyk na ‘n opvatting wat te doen het met ‘n verantwoordelikheidsin, met toewyding
en idealisme. Om suksesvol te kan presteer, is die begeerte van baie mense en
is ‘n goeie karakter-trek.
Dit
lyk na ‘n algemene manier waarop ‘n mens getransformeer raak.
En
tog is die vraag wanneer hierdie lewensdrif en selfbemagtiging omslaan in
eie-magtigheid. En net so ook is hierdie drome vir jouself soms die stalmaat van
‘n tipe self-bemagtiging wat net op jouself ingestel is sodat al jou behoeftes,
begeertes, welsyn en geluk om jouself draai en jouself in die oog het.
Jou
lewe word, in die woorde van Blommestijn, ‘n “eie projek” wat jy self aan die
gang hou.
Tog
hou dit nie met die werklikheid rekening nie.
Eintlik
sit daar in so ‘n self-gerigte gedrewenheid ‘n stuk ontvlugting. Met allerhande
“bokspronge” probeer mense wegkom van die waarheid wat diep in hul binneste
leef.
Eintlik
ontken mense hulself deur hulle self-gerigte greep op hul eie lewe. Mense vlug
maklik weg in allerhande onrealistiese rigtings eerder as om te begin waar dit
werklik saak maak. Hulle begryp nie eintlik dat alles wat ons altyd so geniet
en opsoek, verganklik is. Een oomblik is dit daar, dan is dit weg.
En
al die tyd kom hulle nooit eintlik in aanraking met wat werklik saak maak nie. Hulle
besef nie dat al die uiterlike dinge wat die lewe so vol maak en mense so besig
hou, ver verwyderd is van die belangrikste van alles nie.
Wat
is die belangrikste en wat maak saak? Wat is dit wat lewens verander en waarna mens
moet streef?
Die
antwoord vind ‘n mens eintlik veel nader as wat mense ooit dink. Wat saak maak,
is te vind in ons innerlike ruimte. Dit leef in ons binneste.
In
godsdienstige taal praat mens van God wat in mense woon en werk. Elke dag is
die krag van God teenwoordig in ‘n mens se innerlike bestaan.
God
se teenwoordigheid in mense sal nooit ophou nie. Die is die enigste volle
waarheid wat daar bestaan, want daar is niks verganklik aan God nie.
Terwyl
mense vasgevang is deur onbetroubare, wisselende, verganklike en tydelike
dinge, versper dit die pad na vryheid.
Die
groot uitdaging is om te ontdek dat mense in hul binneste totaal vry kan wees.
Dit
is waarom spiritualiteit gaan.
Dit
wat werklik saak maak, woon in die innderlike en stroom onophoudelik deur mense.
Dit is die krag wat mense in stand hou.
Wanneer
‘n mens dit ontdek, is die volgende stap dat ‘n mens omgevormd moet word in
God.
Dit
is nie ‘n wettiese proses nie asof ‘n mens deur allerhande reëls en regulasies
‘n goeie Christelike lewe lei nie.
Prakties
beteken dit ‘n proses om Christus uit te beeld. Ook dit is nie ‘n wettiese
proses asof ‘n mens allerhande voorskrifte van Jesus volg en gehoorsaam nie.
Wanneer
‘n mens soos Christus leef en optree, word ‘n mens bewus van die intieme
verhouding van Jesus met die Vader, skryf Blommestijn. Christus baan die weg
vir die mens en skep die ruimte vir die mens om ook die intieme verhouding met
God te ervaar. Gedurig, ontdek mense, word ‘n mens deur God nuut gemaak, tot
nuwe mens geskep.
‘n
Mens se lewe is dus nie in die eerste plek op jouself gerig en om jouself te
bemagtig nie. Die keuse’s is nie joune om te maak nie.
‘n
Mens se lewe bestaan veel eerder daaruit dat jy jou oorgee aan God se skeppende
liefde. Dit behels dat ‘n mens na binne kyk, na die ruimte in jou waar God
woon, waar ‘n mens steeds weer vanuit ‘n intieme verhouding met God word wat
God wil hê jy moet wees.
Waar
dit gebeur, word ‘n mens omgevorm om God se wil te doen. Dan word die wet van
God die rigsnoer van die lewe.
Deur
in die binneste te kyk, in die ruimte waar God woon en met ‘n mens ‘n intieme
verhouding aanknoop, raak ‘n mens vry en
ontdek ‘n mens hoe blind ‘n mens kan wees vir die krag van God wat in ‘n mens
se binneste vloei.