-->
Die
afsterf aan die self behels vir iemand soos Thomas a Kempis dat ‘n mens nie
angstig en bekommerd oor gewone, alledaagse dinge is nie.
Beheer
gee ‘n mens af aan God, wat ‘n mens in die goddelike liefde opneem en deur Wie
se liefde ‘n mens gedryf en deurtrek word.
‘n
Mens word daarom minder materialisties, minder ingestel op die alledaagse,
veral omdat dit ‘n futiele, krampagtige poging is om die onbeheerbare te
beheer. Die gewone dinge het ‘n neiging om ‘n mens se lewe oor te neem.
Dit
behels, onder andere, dat ‘n mens afsterf aan erkenning, die sug na applous en
die afhanklikheid van ander se goedkeuring.
Mens
sou nou, in ‘n siniese reaksie, kon dink dat so ‘n houding masochisties is en
‘n mens sou dit kon bedink as ‘n tipiese manier van ontvlugtig: Dit sou beteken
dat jy maar as swakkeling aanvaar wat oor jou pad kom omdat jy geen keuse het
nie.
Dit
sou selfs ‘n slagoffer-mentaliteit kon aanwakker: ek is die gevangene van my
ellende, maar kyk hoe mooi aanvaar ek dit en berus ek daarin.
Of
dit kan beteken dat ‘n mens sê: ander mense waardeer my nie. Kyk hoe selfsugtig
en onsimpatieke is hulle. Maar God is aan my kant.
Of,
‘n mens sou ook ‘n heel godsdienstige houding kon inneem van : Ek ken God en
dit is genoeg. Niemand kan vir my oor die geestelike dinge beleer nie. Wat
ander dink, raak my nie. Dit moenie my geloof aantas nie.
Op
vele maniere kan ‘n mens dus die geestelike weg van askese, van eenvoud en van die soeke na 'n lewe
in die liefde misbruik, manipuleer of misverstaan.
Elke stuk spiritualiteit het
immers die vermoë om in sy teendeel omgebuig en geperverteer te word.
Dan
word die geestelike weg afgebreek en verdraai tot, weer eens, ‘n stuk
self-gerigtheid wat ‘n mens se eie ervarings en gedagtes heilig verklaar.
Daar
is ‘n diep menslike wysheid in die spirituele wysheid van self-prysgawe. Oor die
eeue het Spiritualiteit dit as ‘n wesenlike kenmerk van God gesien. God is God,
veral omdat God die volmaakte self-opoffering verteenwoordig. God is God omdat
God so volmaak gee – weggee aan Godself, aan God se eie bloed, die Seun, aan
eie krag, die Heilige Gees. So volmaak is hierdie God wat gee dat dit gebeur
selfs te midde van onreg wat mense God aandoen. In die lig van onbeantwoorde
liefde, liefdelose lewens, bly God die Een wat genadiglik gee.
Die
mees konkrete voorbeeld hiervan is Christus. Die mooiste verhaal hiervan is die
verhaal van die verlore seun se pa.
Die
teendeel van hierdie goddelike self-gawe is self-gerigtheid, self-regverdiging,
self-bejammering, self-verdediging, self-gelding, self-ophemeling,
self-gesentreerdheid.
Daarom
die nodigheid om elke dag weer ‘n mens se leë hande raak te sien waar ‘n mens
in die teenwoordigheid van God staan. Die hande is leeg aan die liefde, vol van
die self. En, ook, vol van die heilige self.
Vandaar
die nodigheid om in gebed die hande uit te strek, oop, na Bo, sodat die gawe
van die Liefde daarna uitgedeel kan word.
Dit
is ‘n mens se verlange en hierin vind ‘n mens die regte vorm van kommer: om gevul
te word met die Liefde.