Jakobus van der Riet het ‘n wonderskone bundel,
deurtrek met spiritualiteit en mistiek laat verskyn.
Dit het die boeiende titel: Die Onsienlike Son. Te koop by Protea Boekhandel. (Elke sent van die R160 werd.)
Dit het die boeiende titel: Die Onsienlike Son. Te koop by Protea Boekhandel. (Elke sent van die R160 werd.)
Iemand wat so ‘n titel bedink, verstaan
spiritualiteit.
Die volgende gedig (hier onder aangehaal), een van die mooistes in die
bundel, vertel hoe die Onsienlike Son afvryf op mense.
Wie in die Lig lewe word Ligdraer.
Wie in die Lig lewe word Ligdraer.
Spiritualiteit leef dus van lewe. Wie sy/haar
lewe aan die Gees skenk, wat bereid is om geneem te word waar hy/sy nooit gedink het
sy/haar lewe sal aanland nie, voer die geestelike lewe en praat nie net mooi nie.
Spiritualiteit, weet ons, het te doen met die lewenskuns – die wonderlike estetika van die doen, die deurdringende saamleef met die Gees.
Soos wat met insig in die gedig vertel word.
Spiritualiteit, weet ons, het te doen met die lewenskuns – die wonderlike estetika van die doen, die deurdringende saamleef met die Gees.
Soos wat met insig in die gedig vertel word.
Spiritualiteit vertel daarom van die Onsienlike,
verby al die sigbare dinge wat soveel van ons tyd en aandag opslurp en
verorber en wat van ons masjiene, lewelose dwalendes, soekend na sin, maak.
Wie by die Onsienlike lewe, se lewe word eerder sigbaar voor almal van helder Sonlig.
Hiervan lees ‘n mens meer in die gedig.
Wie by die Onsienlike lewe, se lewe word eerder sigbaar voor almal van helder Sonlig.
Hiervan lees ‘n mens meer in die gedig.
Die een deur wie die Onsienlike lig skyn, deur wie se
hart en niere die Lig stroom tot in die tingerigste vessel van iemand se bestaan, laat nie die
donker oorneem nie.
Die tingerigste vesel van jou bestaan raak aangeraak. Die kleinste deel van jou anatomie - die tong - kan nie buite Spel bly nie.
Selfs in ‘n mens se woorde, weet die Ligdraers, moet ‘n mens lig wees, lig laat skyn, “lis” en “venyn” uitdoof, soos die Heilige Efraim begeer.
Selfs jou stem, jou woorde praat van Lig, van Lewe, en stig ook lewe. Niemand word die slagoffer van jou kwaadheid nie.
Jy skrop, berouvol, dus aan die donker dreigemente wat jou tong so natuurlikerwys wil praat en uitryg.

Berouvol, skryf Jakobus. Ootmoedig.
Wie skrop, skoonmaak, skep ruimte vir die
skoonheid.
En dan kom dit: God se vrymakende woorde – so oordadig dat dit amper te veel word. Dit is pure skoonheid, ‘n verlossende vloed van homilie en gedig.
Die spreke, die Lig, vermurwe jou verder. Soveel, amper te veel. Die mens kan dit byna nie verteer nie.Daarom wil 'n mens amper dat God moet terughou.
So loop heiligmaking, die proses van meer lig uitstraal, soekend om lig-ter te skyn.

Die laaste, verrassende sin van die gedig vertel dus van die oormag
van God se genade. Die mens, diep verlangend na God, ervaar terselfdertyd die
wonder van hierdie stortvloed, hierdie Lig, Ligte, Helderligte By-ons-wees van
God Self.
Dit is byna soos: Pa, ek wil maar net 'n slaaf wees in die plek. Dit is genoeg. Maar die Vader wil van niks weet nie...
Dit is byna soos: Pa, ek wil maar net 'n slaaf wees in die plek. Dit is genoeg. Maar die Vader wil van niks weet nie...
Hier is die gedig:
Die Heilige Efraim die Sirier
Van jongs af hou hy sy hart se vore skoon,
laat sak ‘n sluis voor slyk en al wat troebel is,
sodat sy skugter tong van geen persoon
ooit iets sê wat blyke gee van venyn of lis.
Uit die aard van sy ootmoed wel die trane op
soos uit twee standhoudende fonteine.
Met hierdie waters sit hy sy siel en skrop,
sodat dit flits, God se lig weerkaats soos seine.
Nou kom woorde, glip soos oor ‘n leidam se lip
in ‘n verlossende vloed van homilie en gedig
en spoel om voete van klei en harte van klip
wat vermurwe, skielik week voor God se gerig,
in so ‘n mate dat hy begin hakkel en verleë sug:
“O Here, hou die stortvloed van u genade terug!”