Friday, March 28, 2014

Onder die bestes

Dit bly steeds vir my 'n ontnugtering om te sien hoe endemies korrupsie onder die beste van lande en mense is. 

Vandag word in 'n nuusberig verslag gedoen oor die bedrog by verkeersdepartemente in Nederland - van alle plekke.

Die verslag wys hoe  een van die mense wat eksamen vir sy leerlinglisensie doen, 'n sender in sy beursie versteek het. Hy het dan 'n mikrofoon in sy oor waarna die antwoorde op die vrae deurgestuur word. 

Die bedrog is nou so erg dat mense wat die eksamen skryf deur 'n metaalverklikker moet loop en dan nog deur 'n handverklikker ook ondersoek word. Dan word hulle verder deur 'n sekuriteitswag gevisenteer.

Die regering moet nou nuwe masjiene aankoop want hulle kry nie die bedrog met bestaande metodes uitgeroei nie. 

Die ontsporing van samelewings loop wyd en diep. 


Blog Archive