Elizabeth Barrett Browning het ‘n merkwaardige, lang gedig geskryf. Dit het die titel, Aurora Leigh, en gaan oor die mens se onvermoë om werklik te kan sien wat om hulle aangaan.
Mense het onsiende oë.
In die proses kyk hulle vas teen die sigbare, fisieke, gewone dinge en besef nie die werklike aard daarvan nie.
Die gedig help die leser om die verborge dinge te herken.
‘n Mens moenie die gewone, alledaagse dinge te vinnig afskryf nie of te maklike daarby verbyleef nie.
‘n Mens behoort dit eerder raak te sien as vorme van wat eintlik heilig is.
Dit is nie waar dat die wêreld jou tronk is, dat ‘n mens deur alles om jou bedrieg of verarm word nie. Dit is nie nodig dat ‘n mens hierdie wêreld moet afsweer om by ‘n groter, belangriker wêreld uit te kom nie.
Trouens, dit is ‘n valsheid, sê sy as digter. Die waarheid is eerder: ‘n Mens word op die eenvoudigste maniere met die Heilige verbind. Sy het ‘n lang, lang deel oor mense se “waarheid” – wat eintlik ‘n valsheid is:
TRUTH, so far, in my book;—the truth which draws
Through all things upwards,—that a twofold world
Must go to a perfect cosmos. Natural things
And spiritual,—who separates those two
In art, in morals, or the social drift
Tears up the bond of nature and brings death,
Paints futile pictures, writes unreal verse,
Leads vulgar days, deals ignorantly with men,
Is wrong, in short, at all points.
Daar is dus nie ‘n teenspraak tussen die gewone en die heilige, tussen die natuurlike en bonatuurlike nie.
As ‘n mens dit dink, mis jy die geestelike. Jy sien nie raak watter skoonheid daar om jou is wat jou gees innerlik kan voed nie.
Haar voorbeeld laat ‘n mens stilstaan: In ‘n koppie, ‘n kersblaker, ‘n zoemende by, ‘n klippie, ‘n fyn aartjie op die hand kan ‘n mens God herken.
But man, the twofold creature, apprehends
The twofold manner, in and outwardly,
And nothing in the world comes single to him,
A mere itself,—cup, column, or candlestick,
All patterns of what shall be in the Mount;
The whole temporal show related royally,
And built up to eterne significance
Through the open arms of God. ‘There’s nothing great
Nor small’, has said a poet of our day,
Whose voice will ring beyond the curfew of eve
And not be thrown out by the matin’s bell:
And truly, I reiterate, nothing’s small!
No lily-muffled hum of a summer-bee,
But finds some coupling with the spinning stars;
No pebble at your foot, but proves a sphere;
No chaffinch, but implies the cherubim;
And (glancing on my own thin, veinèd wrist),
In such a little tremor of the blood
The whole strong clamour of a vehement soul
Doth utter itself distinct.
Wanneer die by in die somer diep in die lelie inkruip en met ‘n gezoem sy kos versamel, is daar ‘n band met sterre wat in die hemelruim skitter. In die rustige, stil klop van die pols in die aar van ‘n mensehand, vloei krag van ‘n driftige siel.
Sy sluit die deel van die gedig af in Bybelse taal, byna ekstaties in kwaliteit: Die braambos, die gewone woestynplant, is deurtrek met Goddelike vuur. Maar net die mens wat oplet, herken dit. In verwondering trek hulle hul skoene uit.
Die res, on-salig onbewus van die teenwoordigheid van die Hemelse, sit en eet die bessies!
Die aarde is volgeprop met die hemelse...
Hier is haar digterlike slot:
“Earth’s crammed with heaven,
And every common bush afire with God;
But only he who sees, takes off his shoes –
The rest sit round it and pluck blackberries.”