Friday, April 15, 2011

Geringheid en grootheid



Foto: (c) Pieter G.R. de Villiers



Dit was 'n paar dae, die pas beleefde somer, waarin die Vrystaat sy mag afgewys het.

Saans het die emmersvol waters uit die hemel geval, met donderslae om selfs die braafstes onder ons stil te laat word.

Die middag het ons saam gaan stap, om asem te skep tussen al die gesels.

Die dam was vol, die veld mals in sy groen weligheid.

Dit was die wolkmassa wat oor ons gehang het, wat my oog bly vang. 

En hierdie foto kon die verwondering in 'n oomblik laat stol - 'n rykdom om op die reis meegeneem te word, as die dae dalk vaal word, die tye droog. 

'n Herinnering aan daardie oomblik dat 'n mens weet hoe gering jy is in die teenwoordigheid van soveel skoonheid.


No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive