Saturday, April 02, 2011

Wanneer jy gebedsverhoring soek...


Die woestynvader Zeno was ‘n rondreisende monnnik in Egipte, Sirië en Palestina. Hy het op hoë ouderdom in Gasa gaan woon. In die jaar 451 het hy homself toegesluit en geweier om enige iemand te sien totdat hy dood is.   

Hierdie verhaal oor sy siening van gebed, opgeneem in die gesegdes van die woestynvaders, is ‘n wonderlike les in gebedshouding:

Vader Zeno het gesê: “As iemand wil hê dat God vinnig sy gebede moet verhoor, moet hy die volgende doen: nog voordat hy vir enige iets bid, selfs vir sy eie siel, daar waar hy sy hande na God staan en uitstrek, moet hy met sy hele hart vir sy vyande bid. Wanneer hy dit doen sal God alles hoor wat hy vra.”

(Die Engelse weergawe is in Benedicta Ward se vertaling van die Woestynvaders).

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive