Sunday, August 14, 2011

Self-respek en eiewaan

Die onderstaande berig uit Trouw van Vrydag bly my by.  Dit is ook 'n analise van die gebeure in Engeland en wys hoe nuuskierig die Hollanders is om dit in hulle konteks duidelik te maak. 


Ook die Britse skrywer van die artikel, Dalrymple, wys hoe die samelewingstrukture in Engeland  uitmekaar val. Die land is nou volgens hom 'n plek van egoïste. Mense is alleen maar op hulleself ingestel en hulle eis vir hulle deur die diefstal en rowery 'n lewenspeil toe waarvoor hulle nie  wil werk nie en nie 'n vinger wil optel nie.

Dit is harde woorde wat hy skryf. Sy woorde eggo wat vele ander ervaar (sien ook die vorige blog). 


Ons kinders wat in Engeland gewerk het, het met baie stories vir ons dieselfde dinge oor die selfsugtige, ongedissiplineerde, kinders en hulle ouers, kom vertel. 

Die toeëieningskultuur is vir my nie 'n tipies Britse kwessie nie. Oraloor, waar mense deel is van 'n welvaartskultuur en van materialisme, is dit 'n tendens. Mense wil hulleself verryk - dikwels ten koste van ander. 


Maar wat my opval in die berig en waarom dit my bybly, is 'n onderskeid wat Dalrymple maak wat ook vir Spiritualiteit insiggewend kan wees.  Volgens hom het  kinders wat so roof en steel geen self-respek nie. 


Maar hier moet 'n mens fyn onderskei. As iemand nie self-respek het nie, beteken nie dat daardie arme mens pateties en lei aan een of ander minderwaardigheidskompleks nie. 


Inteendeel, skryf hy. Hulle loop eerder oor van eiewaan.  


Ek vind hierdie onderskeid belangrik. Die berig het my daarmee gehelp om die begrip van self-respek as 'n positiewe karaktertrek beter te verstaan. 


Elke mens behoort self-respek te hê. Iemand met self-respek sal uit agting vir sy eie welsyn en sy eie persoonlikheid sekere verantwoordelike besluit neem. Hy of sy sal meet dat 'n mens met self-respek bereid moet bereid wees om weg te bly van vernietigende optrede of bereid moet wees om sekere negatiewe of skadelike dinge op te offer. Uit respek vir jouself gaan jy jouself nie verneder nie, of skade aandoen nie. Of sekere dinge doen wat jou naam deur die modder sleep nie. Jy gaan ook nie jou liggaam skade aandoen nie. Die mens met self-respek wil nie hom- of haar as 'n dwelm-slaaf of 'n dwelm-afhanklike sien wat uiteindelik in die agterste hole van die samelewig verval nie. 


Maar iemand met self-respek sal ook aanvaar dat hy of sy sekere grense kan stel. Hier is die gelykenis van die talente 'n wonderlike voorbeeld wat 'n mens kan gebruik om hieroor geestelike insigte met ander te deel. 


Iemand wat self-respek het sal sy of haar vermoëns reg inskat, maar nie oorskat nie. Om self-respek te hê is iets heel anders as om 'n slagoffer van jou eiewaan te wees. 'n Mens streef om met al jou kragte en potensiaal jou beste te gee en om jou deeltjie by te dra tot die gemeenskaplike lewe. 


Jy wil na die beste van jou vermoë presteer. Maar in hierdie sin is "van jou vermoë" beslissend. Teselfdertyd besef 'n mens ook dat niemand van jou die onmoontlike kan verwag nie. Terwyl 'n mens jouself optimaal kan aanspoor en tot groot hoogtes kan streef, is daar tog 'n tyd dat 'n mens halt roep en tevrede besef dat jy die beste wat jy kon doen, gedoen het. 


Dit sou behels dat 'n mens erkenning gee aan ander wat op seker gebiede beter presteer as jouself en vir hulle die nodige erkenning gee. Uit self-respek gaan 'n mens juis nie afbrekend optree wanneer ander dinge besit wat jy nie het nie of wanneer hulle presteer soos jy nie self kan nie. Dus - geen plek vir afguns, kwaadpraat en afbreek van ander nie. 

So iemand sal graag presteer, maar nooit ten koste van sy eie menslikheid, welsyn of die menslikheid van sy opponente nie. Daarom sal iemand met self-respek altyd volgens en binne die reëls optree. As iemand skuldig is aan 'n oortreding, vra self-respek 'n mens om dit te erken, berou te toon en te vergoed daarvoor. Self-respek beteken dus om met verantwoordelikheid teenoor jouself, ander en jou wêreld op te tree.

So sou 'n mens op baie maniere die verskil tussen self-respek en eiewaan kon uitspel. Self-respek gee uiting aan die gebod dat 'n mens jouself moet liefhê. Jy moet na jouself kan kyk, nie jouself seer maak of vernietig nie, nie jouself te hoog ophemel nie. Jy kan jouself as begenadig sien, met gawe's wat jou laat uitstyg. Maar dan knoop 'n mens dit steeds met nederigheid - want dit is, per slot van sake, 'n gawe. 'n Mens het respek vir jouself net soos jy is. Jy wil wees wat jy is, nie wat ander van jou wil maak nie. 


'n Mens met gesonde self-respek is iemand wat volwasse is. Hy of sy kan met groot verstandigheid grense stel. Hy of sy gaan nie kinderagtig gesag vernietig nie.


Maar, ten slotte, iemand met self-respek weet wanneer hy of sy op iets geregtig is. Oor die afgelope paar dae het verskeie mense oor die televisie in Engeland gesê dat hulle arm groot geword het, maar dat dit vir hulle nooit rede was om te steel nie. Hulle kon in hul moeilike omstandighede waarin hulle nie alles kon kry wat ander gehad het nie hulle karige lewens met waardigheid en self-respek leef. 


Dit is maar net die oppervlakte. Ek sou nog baie meer oor self-respek wou lees en skryf. Want self-respek het ook te doen met die liefde wat God vir 'n mens geskenk het. 'n Mens kan met 'n innerlike gevoel van liefde na jouself kyk as iemand vir wie God omgegee het. En juis in reaksie op hierdie innerlike gevoel van liefde wil 'n mens waardig leef - waardig aan die roeping waarmee God 'n mens geroep het. 


Eiewaan, aan die ander kant, weet 'n mens, was die oersonde. 


Hier is die berig:

De Britse politiek is blind voor de slecht opgevoede, onbeschofte en misdadige jeugd in het land. De onlusten zijn een eerbetoon aan de morele lafheid en de onbekwaamheid van de politiek. Dat schrijft de Britse essayist en psychiater Theodore Dalrymple vandaag in de Volkskrant.


Dalrymple werkte onder meer in een ziekenhuis in een achterstandswijk van Birmingham. Hij noemt de rellen 'symptomatisch voor een maatschappij die snel uiteenvalt, voor een volk dat geen leiders en geen volgelingen telt, maar enkel nog egoïsten.'


De politieke en intellectuele klassen zien volgens de psychiater niet wat voor iedereen evident is die een wandelingetje maakt in een drukke Britse straat, 'dat een aanzienlijk deel van de jonge bevolking van het land lelijk, agressief, gemeen, slecht opgevoed en onbeschoft is en misdadige neigingen heeft. Die jeugd heeft geen enkel zelfrespect, wel veel eigendunk. Ze vindt dat ze recht heeft op een hoog levenspeil, zonder daar ook maar de minste inspanning voor te doen.'


Dalrymple wijst daarbij op de hoge jeugdwerkloosheid in Engeland. Terwijl een vijfde van de jongeren geen baan heeft, moet het land jonge werkkrachten uit het buitenland halen. Volgens de psychiater is dat omdat 'geen enkele zinnige werkgever in de dienstensector een jonge Brit zal kiezen als hij een jonge Pool kan krijgen'.


Doordat misdaad in Groot-Brittannië nauwelijks wordt aangepakt ('De straffen zijn bespottelijk'), leren jongeren in achterstandswijken dat zij niets te vrezen hebben van de wet, schrijft Dalrymple. 'De politie gedraagt zich intimiderend, maar tegelijkertijd ineffectief en incompetent, en gaat steeds vaker gekleed in uitrusting die meer geschikt lijkt voor de bezetters van Afghanistan. De mensen die nu het bangst zijn voor onze politie zijn de onschuldigen.'

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive