Totius se gedig oor die rus wat elders is (sien hieronder), vertel die ou-ou verhaal van die mens se rustelose soeke na innerlike vervulling.
Die "rus", vertel die gedig, is elders. Dit praat oor menslike verlange, die behoefte aan vervulling wat nie in die rasend-voortsnellende gerief van ons moderne samelewing (die digter in die trein) gevind word nie, maar ook nie in die sagte skemering van afsondering in die oop veld met al sy eenvoud van genietinge nie (die meisie langs die tent).
Oral, in voorspoed, selfs in afsondering, kan 'n mens 'n soeker bly.
Totius het van die Alternatief geweet. Maar sy gedigte onderstreep hoe spiritualiteit 'n proses is. Ons weet van Beter (Be-er). Ons weet die trein en die veld sal dit nie vir ons kan gee nie. Ons weet dit te goed. Maar tog sit ons nie genoeg terug en mediteer oor ons futiele pogings om maar aan die voorlopige dinge vas te hou.
Dit vra van ons om Dieper te gaan.
Daarom skryf hy en lees ons sy gedigte sodat ons herinner kan word "Waar" ons die rus wel kan kry. Die rus kom deur die spirituele dissipline wat ons beoefen om ons aandag op die Groter dinge te rig. Die rus kom na hulle wat nadink oor die voortspoedende lewe met sy leegheid en wat mymer oor die beperktheid van stilte in die natuur.
Gedurigdeur, in 'n proses van toewyding, moet ons maar weet om bewus te bly van Wat anderkant die helder lig van die voorspoed, die sagte skemering van die rus gevind moet word.
Hier is Totius se gedig:
Repos ailleurs (Die rus is elders)
In die eensame veld
staan 'n tentjie klein,
en daarnaas in die skeemring
skuif die ligtende trein;
ek sien in die tentjie,
deur die oop gordyn,
'n tafel met bordjies
en glasies fyn,
wat sag in die lig
van die kersie skyn,
en ek dag: "Was ek net
in die tentjie klein,
ek sou tog so gelukkig syn."
Naas die eensame tent
staan 'n meisie klein,
in stomme bewond'ring
van die ligtende trein;
sy sien my geniet
my glansende wyn
en kost'like maal
by elektriese skyn;
en ek raai die gedagte
van die meisie klein:
"Ag, was ek maar net
in die vrolike trein,
ek sou tog o so gelukkig syn".

No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.