Friday, April 13, 2012

Die getroue dienaar leef gesag uit


Hoe kan ‘n mens ‘n geestelike leier vertrou? Wanneer kyk ‘n mens genoeg met waardering en met respek op na iemand anders om jou hartsgeheime vir die persoon te onbloot?

Wanneer maak mense hulle harte oop om hulle diepste kwellinge en mees verborge sorge met iemand te deel?

Hoe gebeur dit dat ‘n geestelike leier gesag inboesem? Wanneer sien mense genoeg op na hul pastor of hul medereisiger om hom/haar se leiding te aanvaar?

Bonhoeffer het hieroor nagedink en was seker oor die antwoord:

Mense sien nie op na ‘n pastor omdat hy spesiale gawes het nie. Dit is nie die indrukwekkende dade wat by mense vertroue inboesem nie.

Die antwoord is eenvoudig en helder: dit is die mens wat getrou vir Christus dien en volg wat gesag en vertroue inboesem. Mense wil met hul geestelike behoeftes wees by daardie man of die vrou wat die reguit pad loop.

Die krag en die gesag van die pastor hang saam met die toewyding aan Christus.


No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive