In die Paastyd kry ek van vriende inspirerende Paaswense. Ek is geraak deur die manier waarop die boodskappe die wonder van die Paastyd in my hart verseël.
Elkeen raak my, want, soos 'n mens op jou lewensreis aanstap, begryp jy al hoe meer hoeveel lig en hoeveel nuutheid daar deur die Paas-boodskap in jou lewe ingedra word.
Die graf, skryf George in sy kort briefie aan my, was geleen. Die tuin is aan Hom geleen. En ons kry geleende taal om iets te probeer skryf van die wonder wat die dag in ons lewens indra. Ons is, dus, ontvangers van soveel genade, soveel gawes, soveel eenvoud soos God onder ons werk.
En toe, uit verre Malta, kry ek van kollega Stefan, 'n pragtige kaartjie waarop net die spierwit linnedoeke in die graf uitgebeeld word. Lig, lig lê die doeke in die donker graf - 'n wonderlike uitbeelding van die Gestorwene wat ontklee is van die ou bande en herstel is tot die nuwe lewe waarin God ons met nuutheid beklee.
Vanoggend, bewus van hierdie spesiale dag, loop ek, stukkie genade, die eenvoudige voorstelling, uit 1957, raak van Michel Ciry.
Sy uitbeelding van die opstanding vang dadelik my oog.
Dikwels sien ons net sulke triomfantelike voorstellings van Jesus se opstanding in die klassieke kuns. Die goddelike kant van die opstanding word op die manier onderstreep. Dit skep afstand tussen ons en wat gebeur het. Dit is iets wat met Jesus gebeur het - iets wat 'n mens moeilik na jou eie kant toe bring.
In Ciry se uitbeelding sien ons Jesus, sien ons ons. In sy skildery kom die ander, menslike kant na vore. 'n Gewone Jesus wel deeglik met lyfwonde, maar duidelik weer soos hy was: die vleesgewordene.
Ek kan my ook met hierdie tekening en sy interpretasie-greep op die Paasboodskap vereenselwig: deur die opstanding kom daar ook in ons, gewone, bestaan 'n wending.
Ons kan, vry van alles wat ons gewoonweg in ons alledaagse lewe bind en verkneg, ontdek hoe nuut, gewoon nuut, God alles maak. Pase bring wel die nuutheid, maar dit is die skepping, ons menslikheid, ons bestaan wat nuut word - God se wêreld is uiteindelik weer vry om te word wat God so gewoonweg daarmee bedoel het.
Ons menswees kom tot sy voleindiging en tot sy eintlike bedoeling. Uiteindelik is ons nie engele nie, ons word nie vergoddelik nie, ons word nie van ons gewoonheid gestroop nie.
Ons is mense, maar mense soos ons behoort te wees.
En daarin lê iets oorrompelends eenvoudig.
Saam met die nuwe Mens, die een wat haastig sy dissipels opgesoek het om weer by hulle te wees, wat saam met hulle gaan visvang en braai het, klim ons uit die Donker dieptes van ons verlede. Ons kan nou, uiteindelik vry uit die slawehuis, verder reis, staf in die hand, na 'n nuwe bestemming.

No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.