Ek ontmoet die vreemdeling wat deur ‘n gemeenskaplike vriend aan my
voorgestel is, op ‘n besige middag in ‘n besige kafee. Ons gaan sake-dinge
bespreek.
Rondom die koppie koffies, sit ons twee in drukke gesprek.
Ons het nie lank gevat om ons besigheid af te handel nie. Gouer as wat ek vermoed het, vind ons mekaar.
Soms som jy mos mense in ‘n oomblik of wat op. Jy weet jy sal met hulle kan regkom. Jy voel aan dat hulle jou nie sal bedrieg nie.
Maar ek is ook deeglik bewus dat wërelde ons van mekaar skei. Uit ons vlugge eerste oomblikke van ons gesprek kom dit immers duidelik na vore.
In sy sake-wëreld gaan die om die ekonomie, kontrakte, belasting, rente, versekering, banke, vervoer, paaie en duisende ander besige dinge.
My wêreld lyk nie so nie.
Die ongedrinkte koffie van sy tweede koppie hou ons nog in mekaar se geselskap. Ek bly dus sit en gesels.
Ek is nuuskierig. Hy is duidelik ‘n suksesvolle, ondernemende en vindingryke mens. Wil hy nuwe dinge aanpak? Is daar nuwe projekte?
Die reaksie kom vinnig en gou. Nee. Hy doen goed en hy doen dit goed. En dit is genoeg. Want hy het ‘n gesin en kinders aan wie hy tyd wil gee. Veral omdat hy onlangs ‘n slegte ervaring gehad het toe sy kind in ‘n lelike ongeluk was waarin hy baie seer gekry het. Een dokter het die kind met n pynpil huis toe gestuur, die volgende dokter wou ‘n noodoperasie op die kind uitvoer en het kort na sy ondersoek ‘n stewige kwotasie van tienduisende rande gestuur wat voor die operasie betaalbaar was. Die derde dokter het gedink die operasie sou gevaarlik wees en vir hom en sy vrou aangesê om die kind 24 uur dop te hou. Indien hulle vog uit sy neus loop, moes hy opereer. Andersins nie.
Die kind het herstel en is nou ‘n bondel vol energie.
Alles is vir hom na daardie ervaring anders. Die weke-lange trauma, die intense gevoelens van dreigende verlies, die ervaring van hulpeloosheid voor ‘n dodelike besering, die opgekropte woede oor onbekwame behandeliing het die gebeurtenis diep in hul innerlike laat insak.
En, vertel hy, hom laat besef hoe kosbaar die lewe is.
Geld, voorspoed, welvaart, gemak is niks nie. Dit kan nie ‘n lewe koop nie.
Daarom is elke dag by sy kind vir hom ‘n wondergawe. En hy wil dit vir niks ter wêreld verwaarloos nie.
Ek luister na die vreemdeling wat so spontaan oor ‘n koppie koffie oor die lewe praat. Jy sien hoe dit uitborrel uit sy binneste. Dit is asof hy nie wil ophou gesels nie. Hy kry nie genoeg woorde om daarvan te vertel nie.
Ek het hom uitgevra oor sy drome en ideale vir sy sake.
Hy het my meer daaroor ingelig as wat ek ooit kon droom het.
Hoeveel keer beleef mens dit: hoe mooi is mense se lewens wanneer hulle weet hoe kosbaar die lewe is. En hoe diep resoneer dit in 'n mens wanneer jy sien hoe iemand 'n skat het wat in die hemel is.