Tuesday, May 01, 2012

Hoe gelukkig is 'n mens in jou werk? Op werkersdag

Sommige mense werk dag en nag. Hulle noem hulself werkoliste.

Sommige mense stort al hul energie in hul werk om daarin te presteer.

Sommige mense werk baie hard om bewonder te word.

Ander, weer, beskou hulle werk as 'n onvermydelik noodsaaklikheid.

Op die manier kan 'n mens baie verskillende houdings teenoor werk uitspel.

Reeds in die manier waarop hierdie sinne geskryf is kan 'n mens al raai dat die meeste mense langlip werk toe gaan.

Dit is, egter, die kleinste groep mense wat werklik gelukkig in hul werk is. Hulle vind vervulling daarin om te kantoor toe te gaan of om in die werkplek te staan. Dit is vir hulle lekker.

Ek het al voorheen geskryf oor 'n spiritualiteit van die werkplek en gekyk na al die dimensies wat 'n rol speel in 'n mens se ervaring van 'n vervullende werkplek.

Die egte toetsteen is: hoe lyk jy vir jou gesin as jy saans by die huis kom na 'n lang dag by die werk? Wat dra 'n mens saam met jou van jou kantoor by die huis in?

Die gevaartekens is: hoe is jou werksituasie besig om jouself en jou mense te verniel?

Dit is eers wanneer 'n mens se kantoor soos jou huis voel en jou huis soos jou kantoor voel dat 'n mens 'n vervullende lewe lei.

Tyd om te toets. En om te verander.

Blog Archive