Ek kry die aankondiging van hierdie nuwe boek via die International Society of Christian Spirituality (sien hieronder). Ek lees die aankondiging met meer as gewone belangstelling.
By ons onlangse kontak-sessie vir ons Meerstersgraad-kursus in Spiritualiteit praat ons uitdruklik oor Protestantse Spiritualiteit. Onder andere dink ons na oor die kritiek van die invloedryke Karl Barth op die mistiek van sy tyd, en veral van Schleiermacher. Barth, saam met 'n paar van sy kollega's, is grotendeels verantwoordelik dat mistiek vir 'n lang tyd negatief beoordeel is.
Dit is nou bekend dat Barth Schleiermacher selektief gelees het en nie reg aan hom laat geskied het nie. En net so goed weet ons dat Barth self by tye hoogs mistieke stukke geskryf het. Hieroor het ek al voorheen geblog.
Die jammerte van sulke sterk figure se invloed is dat belangrike momente en voedingsbronne vir die kerklike lewe verlore gaan. Ek lees byvoorbeeld onlangs 'n onderhoud met 'n ortodokse predikant in Engeland wat sy lidmate waarsku teen Andrew Murray maar wat, vreemd genoeg, onmiddellik daarna Van Brakel, Hellenbroek, Bunyan en Edwards sterk aanbeveel.
Ek weet van die moeilike kante van die Piëtisme en die moeilike kwessie dat vroomheid so maklik met trots en afwys gepaar kan word. Maar die eksesse van sommige mag nie ons oë sluit vir sulke kern-kante van spiritualiteit en mistiek nie soos heiligheid en toewyding nie. Die groot mistieke skrywers het geweet dat vroomheid en heiligheid nie net wesenlike eienskappe van God in die Skrif is nie, maar absolute kenmerke van die geestelike lewe is. As dit 'n probleem is wanneer sommige super-heilig raak, is dit net so sleg wanneer mense heiligheid en vroomheid as afwykings sien of met skynheiligheid verbind.
Dus, vreemd genoeg, maak sommige kommentatore onbegryplike uitsprake oor skrywers wat deur eeue heen hul lesers geïnspireer het en 'n transformatiewe invloed gehad het op hulle geestelike reis. Hulle het, in tye dat die kerk deurdring was met 'n veruiterlikte geestelikheid sonder transformatiewe krag, hul lesers gehelp om te bly glo dat die Evangelie 'n verskil maak en aan 'n mens innerlike vervulling kan skenk.
Sulke vreemdhede kom voor waar mense selektief en sleg lees, maar dit is ook die gevolg van misverstande. Een so 'n misverstand is dat die mistiek nie eintlik in die goeie Protestantisme voorkom nie.
Die mistieke wortels van ons Protestantse tradisie word gelukkig al hoe meer ontdek. In ons land het die Nader Reformasie wat vanaf die tyd van Jan van Riebeeck (1600) vir meer as 'n eeu en 'n half baie sterk invloed gehad.
Andrew Murray kan nie sonder die Nadere Reformasie verstaan word nie. 'n Mens kan maar net blind wees as jy nie kan raaksien watter invloed sulke name soos Voetius en Van Brakel op die kerklike lewe in Suid-Afrika gehad het nie. Van Brakel se werke was stapelvoedsel in vele gelowige huise. Oor 'n tydperk van 'n eeu en 'n half het hierdie voedingsbron die kerklike lewe gedien en het die onderliggende spiritualiteit ingesak in die diepte-strukture van die geestelike bestaan van mense.
Vele Gesange en baie Halleluja-liedere wat oor dekades lank mense versterk het in hul geloof staan byvoorbeeld in hierdie tradisie. Dit was eers met die ortodoksie van die eerste helfte van die twintigste eeu, die invloed van die fundamentaliste wat van Amerika oorgewaai het en die nawerking van Kuyper dat hierdie tradisie, tot onsteltenis van baie lidmate, onder verdenking gebring is. Dit is veelseggend dat hierdie ortodoksie in die kerklike lewe wat die mistiek afgeskiet het, juis die apartheidsdenke gesteun het.
Maar daar is nou iets hoogs interessants: Die Nadere Reformasie wat in ons land so sterk gewerk het, is beïnvloed deur die Engelse Puritanisme. En ook die mistieke kant van die Puriteine kom al hoe meer onder die loep van navorsers.
Ek gaan dus hierdie boek bestel en lees. Dit lyk interessant - ook omdat dit 'n bespreking van die bekende en hoogs gerekende Gereformeerde teoloog, Herman Bavinck, by die onderwerp van die mistiek betrek. Ek wil graag sien hoe dit gebeur.
Ten spyte van al die minder goeie kante van die Puriteine, wil ek ook meer van hulle weet. Hulle was immers, soos werke soos Pilgrim's Progress wys, 'n hoogs invloedryke beweging wat iewers ook iets van die Evangelie en sy mistieke werking begryp het. En ek hoop om daardeur my eie tradisie ook beter te begryp.
Meer nog: daar is iets aan hierdie aankondiging wat my raak. In 'n tyd dat vele aan die baklei is of God bestaan of nie en allerhande "teologiese" gedagtes en dogmatiese leerstukke oor die karakter van God aan ons opgedis word, is daar iets onmeetbaars mooi aan hierdie sin in die aankondiging: Their devotional writings... made frequent usage of the language of ravishment and enjoyment of God.
'n Boek wat belowe om oor verrukking en vreugde in God te praat, verdien om gelees te word.
Dear SSCS,
I am pleased to announce the publication of my new book on Puritan mysticism, entitled: Soul Recreation: The Contemplative Mystical Piety of Puritanism (Pickwick).
https://wipfandstock.com/advancedsearch/search?search_type=keyword&keyword=s chwanda&go_search_btn.x=14&go_search_btn.y=8
The Puritans were deeply appreciative of Bernard of Clairvaux and read the Song of Songs in an allegorical fashion. Their devotional writings on spiritual marriage (union with Christ) made frequent usage of the language of ravishment and enjoyment of God. The final chapter explores both the Protestant resistance to contemplation mirrored in Barth and the more balanced potential for retrieval of contemplative mystical piety for today through Herman Bavinck. I conclude that the contemplative–mystical piety was a common reality among many moderate Puritans, rather than a rare occurrence.
Tom Schwanda