Monday, May 07, 2012

Vasbyt....

In gister se koerant is daar die volgende berig. Die beste deel is in die kommentaar. Ek haal drie daarvan aan. 

Vrou trek ál eks se tande

2012-05-02 10:32

'n Poolse vrou kan tot drie jaar tronkstraf gevonnis word nadat sy al haar eks-kêrel se tande uitgetrek het.

Mnr. Marek Olszewski (45) het enkele dae nadat hy sy verhouding met dr. Anna Mackowiak (34) beëindig het, by haar praktyk opgedaag en gekla van tandpyn.

Sy het hom 'n groot dosis narkose gegee, die deur gesluit en begin om sy tande een vir een te trek.

"Ek het probeer om professioneel op te tree en my gevoelens te ignoreer, maar toe ek hom daar sien lê, het ek gedink, 'Wat 'n blikskottel' en besluit om al sy tande te trek," het Mackowiak aan die Austrian Times vertel.

Volgens Olszewski het hy geweet daar skort iets toe hy wakker word en nie sy tande kon voel nie. Sy kakebeen was ook verbind.

"Sy het gesê my mond is ‘dood’ en dat ek 'n ruk lanks niks sal voel nie. Die verbande was glo daar om die tandvleis te beskerm. Sy het gesê ek sal 'n spesialis moet spreek.

"Ek het geen rede gehad om dit te betwyfel nie. Ek het gedink sy is professioneel."

Olszewski se nuwe meisie het nie kans gesien vir sy nuwe voorkoms nie en hul verhouding het reeds verbrokkel.

"Boonop gaan nuwe tande my 'n fortuin kos."

Mackowiak word vir ‘n moontlike mediese wanpraktyk ondersoek. - Yahoo.com
Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies

Renier - Mei 4, 2012 om 05:31
Hy moet nou vasbyt.
Jy moet hare op jou tande he om met hierdie girl uit te gaan! Lol...dis te se as jy tande gaan oor he

Blog Archive