Susanna Anthony van 1726-1791 was ‘n puriteinse skryfster wat
in die agtiende eeu van die mees geleesde skrywers van godsdienstige boeke
was. Vandag weet niemand meer iets van
haar nie.
Tom Schwanda bied vandag ‘n referaat oor haar aan by die
kongres van die SSCS wat ek hier by die Universiteit van Notre Dame bywoon. Dit
is vol dae, gelaai met aanbiedings van alle soorte.
Op pad hotel toe, voordat ek die vliegtuig moet haal, loop en
wonder ek oor watter aanbieding vir my die meeste geboei het.
Onwillekeuring gaan my gedagtes na hierdie aanbieding van
Tom.
Sy praat dikwels van haarself as ‘n “wurm” wat niks werd is
nie. “En, o, wat ‘n veragtelike wurm het ek vir my self gelyk. ‘Wie is ek tog.
Ek is tot niet. Ek is onrein. Ek het van U gehoor met my oor en my oog het U
aanskou. Maar ek verag myself en het in stof en as berou.” So skryf op 18
Desember 1770 aan ‘n predikant.
Sommige mense in die gehoor vra na die tyd vir Tom of sy ‘n
geestessiekte kon gehad het.
Dit is een van daardie bekende vrae van al die ywerige
sielkundige ontleders van spirtualiteit.
Maar kyk wat skryf Susanna elders:
“Vandag was ‘n deurmekaar dag. En die weer verskriklik warm.
Tog het ek kerk toe gegaan en by die tafel aangesit. Ek het ‘n idee van hierdie
fees as ‘n teken of bewys van versoening. En geseënd is die naam van die Here;
hier het ek die volle versekering ontvang dat God my God en Vader was wat met
my versoen was. In hierdie verordening het ek in my geloof die volle inhoud
ervaar van alle godsdiens, van alle hoop, verwagting en begeerte…. O hier het
ek die Vader gesien as die Een wat my my versoen is, deur die Seun versoen; en
die Gees wat die toepas en verseël. O, ek dink dit is hemel. Al die wolke was
verstrooi. Die muur van skeiding is afgebreek. En ek is naby gebring aan God en
my Verloseer, deur die geseënde Gees.”
Dit is net ‘n stukke van wat sy skryf.
Hoe kan iemand so iets skryf en dan verdink word van
swartgalligheid en depressie?
Wie weet dan tog nie dat die ervaring van ‘n innige
verhouding met God steeds weer gepaard gaan met ‘n besef van eie feilbaarheid
en sondigheid.
Hieraan loop en dink ek op pad hotel toe.