Die
kapel vir die oggenddiens hier op die kampus van Notre Dame Universiteit is
tjok- en blokvol. Mense staan agter en aan die kante van die groot binnekant.
Baie van hulle is jongmense. Jy sien skaars grys hare.
Die erediens is vol warmte, met pragtige sang, meesleurende liturgie en rustige deelnemers.
Ek
dink onwillekeurig aan die baie kerke in Europa wat leeg staan of omskep is in
woonstelblokke.
Amerika
is nog baie godsdienstig.
Die
fakulteit hier trek van die voorste akademici en student vanoor die land en die
wêreld.
Teologiese
opleiding is van ‘n hoë standaard: die student wat referate aanbied is flink,
deeglik voorberei en ingelig.
Die
konferensie wat ek bywoon gaan oor die tema "Wonderbare vrees en heilige ontsag." Die referate is geweldig uiteenlopend en dek die hele spektrum van die
geskiedenis van spiritualiteit.
Die
afgelope drie weke is ek in die eerste wêreld aan die reis om hierdie
konferensie te kom bywoon.
Ons
lewens, kom ek met die reis agter, is ‘n enorme bedryf. Dit is ‘n groot, georganiseerde en
geoliede proses van dienslewering. Almal is aan die werk en die woel.
Aan
tafel, vanmiddag, vertel ‘n mede-kongresganger vir my van ‘n onlangse projek in haar
presbeteriaanse gemeente. Sy het aangebied om oor ses weke een aand ‘n praatjie
oor ses van die groot mistici aan te bied. Therese van Lisieux, Jan van die
Kruis en ‘n paar ander word haar onderwerp van bespreking.
Die
gemeente het nog bitter min ooit so iets meegemaak.
Twee
komitee’s van die kerkraad het haar voorstel bespreek en toe uiteindelik
goedgekeur.
Sy
was verstom toe 130 mense die eerste aand opgedaag het.
Hulle
wil meer weet. Dit is die stil kant van godsdiens waarna mense nou op soek is.
Nie
dat hulle daarmee die wêreld afsweer en nou asketies wil leef nie.
Maar
alles wat hulle elke dag so dringend en deeglik doen mis diepte. Iewers moet
dit alles sin maak. En dit is daardie sin wat hulle soek.
Dit
is ‘n groot verlange. Ook na die dieper ervaring wat hul betrokkenheid in die wêreld weer kleur sal gee.
Maar
selfs spiritualiteit is nie altyd die antwoord nie. Dit is ‘n sekere soort
spiritualiteit waarna mense op soek is.
Mense
gee elke dag verskriklik baie weg van hul energie.
Hulle
wil iewers iewers ‘n Arm om hulle voel wat hulle vashou. In stilte, in
nabyheid, in omgee. Nie noodwendig met veel gepraat nie.