Dit bly vir my steeds
opvallend watter groot kloof daar is tussen die amptelike standpunte van die
Rooms-Katolike kerk en die oortuigings van verreweg die meeste van my kollega’s en vriende in
daardie kerk. In gesprekke met my kollega's uit die Rooms-Katolieke tradisie het ek male sonder tal met pyn beleef hoe hul geestelike reis in die kerklike konteks gevul is met hartseer oor die kerkleiding, maar selfs hoe hulle deur hul eie kerkleiers vervolg en mishandel word.
Hul posisie in die kerk is dus altyd weer iets wat in my ook teleurstelling en pyn oor die kerk oproep.
Hoe gebeur dit dan dat daar in die kerk dikwels meer mense seerkry as in kringe buite die kerk?
Hoe is
dit moontlik dat die kerkleiding in soveel spanning kan leef met sy eie
lidmate?
Toegewyde, ingeligte kerkmense ignoreer die voorskrifte van die kerk
en leef oortuigings uit wat my dikwels laat voel dat hulle in godsdienstige sin
nader aan my is as sommige uit my eie kring. Hulle dink Bybels en teologies in
vele opsigte soos ek en baie van my kollega’s in Protestantse konteks, al is ek
bewus van sekere verskille tussen ons.
Nou lyk
dinge al meer anders, veral onder die nuwe pous. Dit lyk asof daar tog onder kerkleiers ‘n herbesinning aan die gang is. In ‘n berig
in vandag se Trouw word vertel dat die nuwe pous sy kardinale byeen geroep het
vir ‘n gesprek oor die groot gaping tussen die lewe van mense en die
voorskrifte van die kerk. En die proses gaan voort met groot vergaderings wat aan die kom is.
Die
kerk besef blykbaar al hoe meer dat hy lank nie meer in voeling met die gewone lidmaat is
nie. Dit beteken nie dat die kerk nou maar moet aanpas by wat lidmate glo nie. Dit hou die kerkleiers besig.
Hieroor het ek my eie gedagtes. Lidmate wat in ‘n verhouding met God en uit die Bybel leef, het dikwels in
die geskiedenis ‘n intuïtiewe siening van wat goed en reg is. Hulle pas hulle
lewens aan, al beteken dit dat hulle nie meer in lyn met die kerklike vereistes
is nie. Vanuit ‘n innerlike oortuiging glo hulle dat hulle lewens in ‘n nuwe
tyd anders geleef kan word sonder dat dit hulle verhouding met God benadeel. En
die kerkleiding moet op hierdie aanvoeling sensitief reageer: miskien is dit
soos God werk. Die oortuigings van ‘n enkele mens of die tendense van ‘n nuwe
tyd is dikwels nader aan God se wil as wat tradisies en insigte van mense in
magsposisies is.
Ek is
veral getref deur ‘n opmerking van die Duitse kerkleiding oor die sake: die
kerk hou daarvan om dinge te verbied. Netjies en mooi spel hulle aan lidmate
uit wat hulle mag en nie mag doen nie. Verbodsetiek noem hulle dit. En dan kom
die vonds: dit het tyd geword dat die kerk moet werk aan ‘n adviesetiek.
Nederiger, soberder, sensitiewer moet die kerk in ‘n nuwe tyd eerder raad
bedien as bevele uitblaf. Raadgee beteken dat ‘n mens met insig besef dat jy
iemand anders bystaan met die insig wat jy op daardie oomblik het. En hoe
dikwels, al te dikwels, het ons wat so maklik raad gee, net ‘n dag of wat later
gesien hoe ons raad nie uitwerk nie. Dink maar net wat gebeur as ons ons raad
as bevele sou aanbied, asof ons maar te dikwels God se wil helder en duidelik
kan peil en deurgee.
Interessante tye. 'n Mens is nuuskierig waar dit gaan eindig, veral nadat soveel van die kollega's met wantroue opgemerk het dat die huidige pous nie regtig die kerk se koers sal kan verander nie.
Hier is
‘n deel van die interessante berig in vandag se Trouw.
De voorbereidingen zijn gedaan, het echte werk kan nu beginnen. Paus Franciscus buigt zich deze en volgende week met een groep kardinalen over de taaiste problemen van het Vaticaan. Ook op de agenda: condooms en gescheiden gelovigen.'Op weg naar Rome voor een paar erg interessante en mogelijk uitdagende bijeenkomsten', twitterde Wilfrid Napier woensdagochtend. De Zuid-Afrikaanse kardinaal zei geen woord te veel. Vanaf donderdag brainstormt hij met een aantal collega's en paus Franciscus over gevoelige kwesties: voorbehoedsmiddelen, het homohuwelijk, ongehuwd samenwonen en de vraag of hertrouwde rooms-katholieken ter communie mogen gaan (deelnemen aan het ritueel van brood en wijn).'Kloof tussen kerkleer en dagelijkse praktijk is enorm' De gesprekken vormen de aanloop naar een grote kerkvergadering over dezelfde onderwerpen die later dit jaar plaatsvindt. Eerder deze maand bleek al dat de kardinalen flink wat te bespreken hebben. Een enquête die de kerk wereldwijd verspreidde, toonde aan dat de kloof tussen de Roomse leer en de dagelijkse praktijk van gelovigen vaak erg groot is. Zo hebben Noord-Amerikaanse, Zuid-Amerikaanse en Europese gelovigen nauwelijks bezwaren tegen voorbehoedsmiddelen. Volgens een aanvullende internationale peiling is op het Amerikaanse continent ook de steun voor abortus vrij groot. Ongeveer twee derde vindt dat het in sommige gevallen moet worden toegestaan. De Duitse bisschoppen waren opvallend openhartig over hun bevindingen. 'In de meeste gevallen worden de kerkelijke standpunten sterk afgewezen', schreven ze. Ook zinspeelden ze op een koerswijziging: misschien moest de kerk haar 'verbodsethiek' verruilen voor een 'advies-ethiek'.Japanse bisschoppen: kerkleiders dwingen vaak hun gelijk af De Japanse bisschoppen trekken deze week een vergelijkbare conclusie. 'Als kerkleiders geen overtuigende argumenten hebben, beginnen ze gewoon over 'natuurrecht' en dwingen ze je om hun gelijk te geven', schrijven ze in een rapport. Natuurrecht is de 'vanzelfsprekende' manier waarop God de wereld heeft gestructureerd. 'Als die zo natuurlijk is, waarom moet het dan worden onderwezen?' De relatief felle uithalen van de Duitsers en de Japanners doen vermoeden dat de gesprekken de komende dagen echt ergens over zullen gaan. Het Vaticaan tornt zelden aan oude geloofsregels en zal niet plotseling pro-abortus worden, maar aan de status van hertrouwde gelovigen valt misschien te sleutelen.
Ek sien as deel van die berig 'n foto waarop die pous en sy kardinale verskyn. Dit is geneem in die
einste en selfde saal waar ons verlede November ons konferensie gehou het.
Pragtig. Hier is die foto: