Die Duitse digter, Rainer Maria Rilke, het dikwels oor God
geskryf. Hy het God ‘n berg genoem waarteen ‘n mens alleen op jou eie opklim en
afklim, om dan te verdwaal.
Vir hom is God bo alle begrip. Geen mens kan enige houvas op
God hê nie. Mense ken God nie meer nie.
Maar digters kan mense weer aan God
bekendstel.
Rilke was ‘n diepsinnige digter wat veral die verborge,
dieper werklikheid gesoek en besing het.
Hy is veral bekend vir sy beroemde gedig oor die torso-beeld
van Apollo wat hy in die Loevre Museum in Parys gesien het.
Hy is oorweldig deur die beeld.
Soveel so dat hy een van die beroemdste gedigte in Duits
geskryf het.
Die sonnet (hier in Engels vertaal deur Sarah Stutt) lui:
We cannot know his incredible head,
where the eyes ripened like apples,
yet his torso still glows like a candelabrum,
from which his gaze, however dimmed,
still persists and gleams. If this were not so,
the bow of his breast could not blind you,
nor could a smile, steered by the gentle curve
of his loins, glide to the centre of procreation.
And this stone would seem disfigured and stunted,
the shoulders descending into nothing,
unable to glisten like a predator's pelt,
or burst out from its confines and radiate
like a star: for there is no angle from which
it cannot see you. You have to change your life.
(Looser translation)
We will never know his magnificent head,
the ebb and flow of his youth -
an orchard of ripening fruit,
yet his fire has not diminished,
incandescent light radiates
from his torso, and in the curve
of his loins, a smile turns
towards the centre of creation.
Or else this body would be disfigured -
a lump of rock with no vision,
unable to glisten like a lion's mane.
It would not burst out of its skin
like a star: for its searing gaze
penetrates your soul, the way you live.
In die gedig werk Rilke meesterlik
met teenstellings: die kyker sien die beeld, maar kan nie sy gesig, sy oë en
ledemate sien nie. ‘n Mens sal nooit die
beeld se gesig kan sien nie.
Maar die beeld is deurtrek met helder
lig wat daaruit straal en wat die kyker tref asof die beeld na hom/haar staar.
Die beeld “sien” dus die kyker, dring
die kyker se binneste in en skroei ‘n mens met sy skoonheid.
‘n Mens sien die gloed in die beeld
en die absolute skoonheid waarmee die liggaam deur die kunstenaar gevorm is.
Jy besef dit is nie maar net ‘n stuk
klip, ‘n stuk lewelose materiaal nie. Die lewelose materiaal waaruit die beeld
gemaak is, het ‘n skepping geword wat deurdring is met lewe, waarvan die lig
soos ‘n ster skyn en met ‘n penetrerende kyk jou siel klief.
Dit raak jou, verander jou, maak van
jou ‘n ander mens.
Wat jy sien, is oorweldigend,
transformatief. Jy kan alleen maar, in ekstase, in digterlike taal praat oor
wat met jou gebeur as jy voor die beeld staan en in sy greep vasgevang word.
Deur weg te kyk van ‘n mens self,
deur die skoonheid om jou te sien, raak jy bewus van die Grotere. En dit
verander ‘n mens se lewe. Jy is nooit weer dieselfde nie.
Transformasie.