Vanmiddag het die BBC ‘n program oor die groeiende
koffiebedryf in Viëtnam.
Die verslaggewer, Simon Reeve, ‘n boeiende verteller, reis deur verskillende plekke in die land om
te ondersoek met watter rasse skrede die Viëtnamese nou koffie plant en oes. Hulle
doen dit in velde wat vrot bestook is deur Amerikaanse bomme van tot 1500
kilogram. In die velde lê daar nog horde’s van hierdie bomme en mense sterf nog
steeds of word ernstig deur die bomme beseer.
Simon Reeve:
Simon Reeve:
Hy land in die diep platteland by ‘n koffieplantasie waar hy
‘n onderhoud voer met ‘n 18jarige seun.
Die seun vertel dat hulle verskriklik arm is. Hulle plant nie
meer rys nie, maar maak nou ‘n bietjie geld uit die oes van koffiebone.
Die seun moet met die boerdery vir sy familie sorg.
Hy is duidelik nie meer ‘n agtienjarige seun nie. Hy is ‘n ou
man in ‘n jong lyf. Sy gesig is strak. Hy praat terughoudend, selfs met moeite,
met die verslaggewer.
Die verslaggewer vra hom wat met hom gebeur het. Hy vertel
hoe hy op ‘n stadium in die veld in die plantasie gewerk het. Toe hy hom kry,
het die bom afgegaan.
Hy het eers sy bewussyn in die hospitaal herwin. En toe besef
dat hy sy voet verloor het.
Die onderhoud eindig waar die seun op sy knieë in die huis
inkruip. Hy het nie ‘n kunsbeen waarmee hy kan loop nie.
Hy was nog nie eers gebore toe die Amerikaners hulle bomme op
sy land afgegooi het nie. Maar hy is nog steeds in ‘n oorlog gedompel. En dit
is veral die armste onder die armes wat onder die bomme deurloop.
Honderduisend mense is sedert die einde van die oorlog 35
jaar gelede deur bomme of granate gedood of beseer. Mense leef in vrees dat
hulle enige oomblik deur sulke bomme gedood kan word. Soms is dit trosbomme,
wat een na die ander afgaan en verskriklike vernietiging veroorsaak. Ingeligte
waarnemers sê dit kan tot 300 jaar duur voordat al die bomme verwyders sal
wees.
Oorlog. Die Amerikaners weier nog om die Ooreenkoms op
Trosbomme te teken. 106 lande het dit al onderteken.