Sunday, March 30, 2014

Wanneer godsdiens kwaad aandoen...


Daar is in vanoggend se NYT ‘n artikel van Douthout, 'n gereelde rubriekskrywer, wat vrae vra oor die negatiewe kant van godsdiens. 
Hy skryf dat godsdiens wel ‘n opmerklik positiewe uitwerking het op mense wat gereelde kerkgangers is. 
Maar onder mense wat net nomineel Christene is, gaan dit sleg. Hulle lewens is grootliks in ‘n gemors: hulle is arm, ongesond, korrup en openbaar negatiewe sosiale gedrag. Hul godsdiens maak geen verskil aan hul lewens nie. Trouens, die teendeel lyk amper waar.
Wat tel is dus nie kerklidmaatskap nie, maar ‘n aktiewe geloofslewe. Waar godsdiens ‘n formaliteit is, kan dit selfs slegter wees as ‘n gebrek aan godsdiens. Getalles vir egskeiding en kinders buite die huwelik is veel groter onder nie-praktiserende Christene.
Miskien is hierdie opmerkings nie verbasend nie. Ons ken die verskynsel reeds uit Bybelse tekste as skynheiligheid: mense het die skyn van geloof, maar hul lewens verloën dit. Hulle leef nie deugde uit nie, is ongevoelig teenoor ander en het nie ‘n verantwoordelikheidsbesef nie. Dit is mense wat aan die kerk behoort omdat dit vir hulle voordelig is. 
Hul lewens lyk so hard omdat hul gewetens oënskynlik toegeskroei is. Selfs die lig van godsdiens kan die donkerte nie uitdryf nie.
Nie alles is egter so eenvoudig nie. 
Party onkerklike mense respekteer mense die kerk, maar hulle neem nie deel aan kerklike aktiwiteite nie. Dink maar aan jongmense wat nie eredienste bywoon nie.  
Ook hulle lewens ly onder negatiewe gevolge. Sonder dat hulle dit weet of bedoel, mis hulle dan die ondersteuning van mede-gelowiges, val hulle terug in eensaamheid en isolasie en groei hulle nie geestelik nie. Dan het hulle ook nie 'n sterk mondering teenoor negatiewe gedrag en invloede nie. Hulle ly onder hulle eie afsondering en afstande van die kerk.
Nou skryf Douthout, sou sommige mense sou triomfantelik uitroep dat die Bybel reg is. Dit is beter om koud of warm, as om louwarm te wees.
Maar hy voeg by die kerk moenie te gou oordeel nie. As ‘n kerk hand in eie boesem steek, is die vraag waarom die kerk nie meer doen om die louwarm lidmate nader te bring nie. Wat doen die kerk vir jongmense? Wat doen die kerk vir mense wat arm is, ongesond is en swaarkry onder sosiale druk? ‘n Lewende kerk moet tog sulke mense kan nader trek?
Die vraag is nou hoe om oor die a-kerklike groep te dink. Hoekom bly die mense weg? Is dit omdat die kerk op sekere maniere praat oor hul lewens wat hulle nie oortuig nie of wat hulle afskrik?
Meer nog: Wil ‘n mens dat die kerke weer groot groepe mense nader trek en vir hulle leer dat geboortebeperking teen God se wil is, dat net mans die ampte mag beklee, dat rasse geskei moet word en dat 'n geloof sonder twyfel 'n mens voorspoedig sal maak? 
Is dit, vra die artikel, dan nie maar beter dat hierdie groepe kerklos moet bly nie?
Dit is ‘n kwelling dat Douthat kan dink dat sommige kerke so negatief is dat dit maar beter is dat hulle lidmate die pad vat. Dit beteken nie dat die skrywer self noodwendig gekritiseer moet word nie.
Sinvoller is dat ‘n mens gaan nadink oor hoe liefdevol die kerk oorkom tot mense wat elke dag in nood is, en ook oor hoe die kerk uitreik na mense wat formeel lidmate is, maar liewer nie aan kerkaktiwiteite wil deelneem nie.
Lees die artikel hier:
http://www.nytimes.com/2014/03/30/opinion/sunday/douthat-the-christian-penumbra.html?emc=edit_th_20140330&nl=todaysheadlines&nlid=55992893 

Hier is ‘n interesante paar reaksies van lesers:
 
Baloney. Plenty of poor struggling people in the deep South participate in religious faith, maybe even more so than the successful happy people elsewhere. The more successful probably participate only modestly; i.e. they are smart or well off enough to know that they shouldn't let their religion interfere with real life; that it is only for traditions and celebrations.
 Ross Douthat attributes the churches’ waning influence to their “being constantly disfavored, pressured and policed.” But the fault doesn’t lie with outside forces. To diagnose the true causes of their problems, red-state religious conservatives should look to their own behavior. Young and working-class people are repulsed by their sexism, their ugly bigotry against gays, Muslims and other “out” groups, and their mean-spiritedness towards the poor.

Evangelicals and right-wing Catholics have sullied their image by aligning themselves with the GOP—the party of negativity, misogyny, racism, warmongering, unapologetic torture and gleeful imposition of the death penalty. The Republican primaries in 2012 seemed like a competition to see who could act most like the hate-filled Baptist Reverend Fred Phelps.

Going to church every Sunday isn’t a true measure of virtue. What counts is how you behave towards your fellow man (and woman and child on food stamps) every other day of the week.
Let's not confuse correlation with causation.

It could just as easily be said that wealth, status and income are solid predictors of church participation along the penumbra.

Church becomes just another box to check of activities taken and tasks accomplished, like healthful eating and exercise.
Unions have done more for economic mobility and social justice in terms of sharing the wealth than churches have. Churches are usually on the side of the power structure or at least they strive to explain why the power structure should win and true believers neednot worry because heaven is theirs. It used to be in the bad old days that at least the Catholic Church recognized that religious schools should be supported by the members of the religion but things have changed. Bishops now feel they should be consulted about legislation and give their blessing before its passed. If not, they want exemptions no matter what but they still want their federal money. 

Institutional religion wants temporal power and if it doesn't get it all hell wil break loose. The patterns are there religion or a claim to being religious doesn't translate into a civil or educated society. No doubt there are some pretty forward thinking religious leaders but mnay of them are small minded institution protecting fanatics who think that the USA would be a better place if only it were a theocracy. Of course the only theocracy they want is the one that is run by them but then they cannot imagine another. Theocracies are bad for humans.
The money-changers don't require a disciplined, rigorous Christian thinking from their participants. Any malignant bigot is welcomed into the "Christian" penumbra. They can purchase the group identity and judgmental arrogance that form the hot core of fake churches all over America. The members can call themselves “Christian” just by subscribing to the blind ignorance, vindictiveness, meanness and rage that characterize the likes of John Hagee, Fred Phelps, the Schlaflys, Franklin Graham, and all the other hate consortia that form Commercial “Christianity.”

Their principal business is shameless self-mythology. Of course these are the people and the places where poverty, poor health, political corruption and social disarray flourish. Here are high rates of teen pregnancy, drug abuse, alcoholism, porn consumption, and broken homes. Here, not coincidentally, is the GOP’s base. It goes to show, doesn’t it…getting people to see themselves as better than they really are, and indeed as much better than people they disdain, was always and will remain a lucrative business. 

That’s the “Christian” penumbra, Ross. You’re being silly to suggest that they aren’t a “truly healthy religious community.” They’re doing things precisely as they intend to do them. This is all the health they want, because it’s all the truth they want.



Saturday, March 29, 2014

Moor mense uit om in die paradys te kom...


In vandag se Financial Times is daar ‘n artikel oor jong Muslims wat stilletjies op ‘n dag by hul ouerhuise verdwyn en die volgende oomblik in Sirië opduik. Hulle neem deel aan die opstand teen die huidige regime in die land.

Dit is ordentlike, goeie kinders van om en by twintig jaar oud wat skielik in keiharde terroriste verander.

Hulle ouers weet dikwels nie wat van hulle geword het nie. Een ma het gedink haar kind het in Turkye by ‘n universiteit gaan studeer.

In een dorpie, Portsmouth, waar daar geen radikale prediker in die moskee is nie en waar die Muslim-gemeenskap ‘n rustige bestaan voer, het vyf jongmans so verdwyn. 

Die gemeenskap kom gereeld bymekaar in hul moskee waar daar ‘n prominente aanhaling op die gebou aangebring is: “Vrede is beter.” Hulle voer 'n normale, ordentlike bestaan.

Die moskee-leierskap weet nie hoe dit gebeur het dat hulle kinders so geradikaliseer is nie. Hulle is geskok en ontsteld.

Hulle het nou die jongmense verbied om sonder toestemming op hul eie te vergader.

Hoe gebeur dit dan?

Die artikel skryf dit toe aan die groot invloed van die sosiale media.

In vele tweets wat deur duisende mense gevolg word, vertel die jongmans van hul ervaringe. Hulle skryf dikwels met passie oor die paradys en oor hulle vriende wat as martelare nou daar is nadat hulle in die vryheidstryd gedood is. Hulle voeg selfs aaklige foto’s van hulle vriende se lyke by.

Maar hulle voeg ook foto’s by van hul vyande se erg verminkte lyke.

Dit is hoe hulle oor die paradys dink.

Sommige navorsers het vasgestel dat meer as 2 000 jongmans uit Europa in Sirië veg. Hulle beplan nie om weer huis toe te gaan nie. Hulle is bereid om as martelaars te sterf of hulle dink dat hulle na die oorwinning as helde met vele vroue daar sal kan woon.

Maar kan dit regtig die sosiale media wees? Is Twitter nie maar net die instrument om 'n boodskap vol haat en selfsugtigheid te versprei nie? Is die groot aantrekkingskrag nie eerder die manlike obsessie met heldedom, met rykdom en met vroue nie?  

Nog skrikwekkender is dat hierdie stryd nie tussen Islam en Christendom is nie. Dit is 'n oorlog tussen twee groepe in Islam wat mekaar nie kan verdra nie. En dit terwyl Islam God vereer as die Groot Ontfermer...

Weer eens besef ek hoe gevaarlik godsdiens kan wees, en, weer eens, hoe oorlog werk.


Hier is ‘n skakel na die boeiende artikel:


Friday, March 28, 2014

Onder die bestes

Dit bly steeds vir my 'n ontnugtering om te sien hoe endemies korrupsie onder die beste van lande en mense is. 

Vandag word in 'n nuusberig verslag gedoen oor die bedrog by verkeersdepartemente in Nederland - van alle plekke.

Die verslag wys hoe  een van die mense wat eksamen vir sy leerlinglisensie doen, 'n sender in sy beursie versteek het. Hy het dan 'n mikrofoon in sy oor waarna die antwoorde op die vrae deurgestuur word. 

Die bedrog is nou so erg dat mense wat die eksamen skryf deur 'n metaalverklikker moet loop en dan nog deur 'n handverklikker ook ondersoek word. Dan word hulle verder deur 'n sekuriteitswag gevisenteer.

Die regering moet nou nuwe masjiene aankoop want hulle kry nie die bedrog met bestaande metodes uitgeroei nie. 

Die ontsporing van samelewings loop wyd en diep. 


Wednesday, March 26, 2014

Liefde en kennis...

Vandag dink ek na oor liefde en voel aangetrokke tot wat Pascal hieroor gesê het: 

'n Mens moet ander mense leer ken om hulle lief te hê. 

God moet 'n mens liefhê om God te leer ken.

Tuesday, March 25, 2014

Die Bybel en die Pistorius hofsaak.


Vroeg in my loopbaan het ek agtergekom hoe nou die teologie en regte aan mekaar verwant is deur hulle gemeenskaplike belangstelling in die wetenskap van uitlegkunde of hermeneutiek.

Beide werk met ‘n teks: Teoloë met die Bybel en regslui met geskrewe wette. Hulle moet hierdie tekste verantwoordelik volgens reëls van interpretasie uitlê.

‘n Mens sien dit veral in die Oscar Pretorius-saak weer raak.

Vanoggend het die deskundige met insig getuig hoe hy die selfoon-rekords van Pretorius ontleed het: Hy het eers die tekste opgestel. In uitlegkunde moet jy weet watter teks jy voor jou het. Vier selfone se rekords is bymekaar gemaak, voorberei, gelees en dan met mekaar vergelyk. Toe kon hy ‘n patroon opstel. Een patroon was die tydlyn. Waar, wanneer en deur wie is teksboodskappe geskryf en, dan, in ‘n verdere stap, wat staan in die teksboodskappe.

Dit is hoe Bybeluitleggers ook met die teks werk. ‘n Mens besluit op die teksgedeelte wat jy wil ontleed. Jy berei die teks voor, kyk na die tyd van ontstaan en waar dit geskryf is.  Die skrywer van so 'n teks is ook is van groot belang. Dan kyk jy hoe die teks geskryf is, wat die skrywer wou bereik en uiteindelik wat die inhoud van sy teks is.

Dit is byvoorbeeld veelseggend dat Pistorius vir sy meisie ‘n liefdevolle boodskap op die vooraand van die tragedie stuur. Of dat sy meisie kort voor die insident haar sorge oor hul verhouding uitspreek. Waar hulle boodskappe vandaan kom en wanneer dit geskryf is kan die hofsaak in 'n sekere rigting stuur.

Tydens die ondervraging van die kundige, het die verdediging gevra na die vier voorvalle wat hy uitgelig het waarin die vriendin haar vrees vir Pistorius uitgespreek het. 

Die eerste vraag van die advokaat was tipiese hermeneutiek: hoe weeg ‘n mens inligting? Hoe dink ‘n mens daaroor dat uit meer as 1 700 boodskappe net vier op ‘n onenigheid wys? 

En daarna het die verdediging hierdie vraag inhoudelik opgevolg: tientalle boodskappe wys op ‘n liefdevolle korrespondensie met mekaar. Nie net die getal van die boodskappe nie, maar ook hul inhoud relativeer in hul oë dus die belangrikheid van vier briewe oor onenigheid.

Ook in Bybelse tekste moet ‘n mens so te werk gaan. Tel en weeg is ‘n belangrike hermeneutiese beginsel.

Maar wat my veral bybly is toe die verdediging vir die kenner vra na sy hermeneutiek. Hoe het jy die vier boodskappe uitgekies?

Die vraag is kritiek belangrik: almal wat na sy aanvanklike getuienis geluister het, sou kon dink dat die vier boodskappe bewys dat die verhouding van die paartjie deurtrek is met rusie en vrese.

Eers toe die verdediging die groot prentjie geskets het, het mense tweede gedagtes begin kry en besef dat ‘n mens nie te gou moet oordeel nie.

Die antwoord van die getuie was dat hy gekyk het na boodskappe wat “uitstaan.”

Dit is net daar waar die advokaat vir die verdediging hom kortvat: Ons kan baie draaie hieroor gooi, sê hy. Maar dit is duidelik dat die getuie  die boodskappe gekies het omdat dit ingepas het by wat hy gesoek het. Hy wou kyk waar kry hy bewyse dat die paartjie gestry het. Sy instelling het sy keuse bepaal.

Ek besef weer toe ek dit beluister hoe ons hele lewe deur ons instelling bepaal word. Wie na sleg soek, sal sleg kry. En al is daar hoe baie goeie, positiewe dinge, gaan ‘n mens net die slegte uithaal as jy na die slegte soek.

Dit gebeur veral met die Bybel.  

Ek lees in die dae 'n boek waarin die skrywer opmerk dat baie van die godsdiensloosheid van onlangse tye is omdat mense nie godsdienstig wil wees nie. 

Vooringenomendheid kan ons grootste vyand wees. 

Monday, March 24, 2014

Sonder skoene of vol bessies? Die aarde is volgeprop met die hemel.

Elizabeth Barrett Browning het ‘n merkwaardige, lang gedig geskryf. Dit het die titel, Aurora Leigh, en gaan oor die mens se onvermoë om werklik te kan sien wat om hulle aangaan.

Mense het onsiende oë.

In die proses kyk hulle vas teen die sigbare, fisieke, gewone dinge en besef nie die werklike aard daarvan nie.

Die gedig help die leser om die verborge dinge te herken.

‘n Mens moenie die gewone, alledaagse dinge te vinnig afskryf nie of te maklike daarby verbyleef nie.

‘n Mens behoort dit eerder raak te sien as vorme van wat eintlik heilig is.

Dit is nie waar dat die wêreld jou tronk is, dat ‘n mens deur alles om jou bedrieg of verarm word nie. Dit is nie nodig dat ‘n mens hierdie wêreld moet afsweer om by ‘n groter, belangriker wêreld uit te kom nie.

Trouens, dit is ‘n valsheid, sê sy as digter. Die waarheid is eerder: ‘n Mens word op die eenvoudigste maniere met die Heilige verbind. Sy het ‘n lang, lang deel oor mense se “waarheid” – wat eintlik ‘n valsheid is:

TRUTH, so far, in my book;—the truth which draws   
Through all things upwards,—that a twofold world   
Must go to a perfect cosmos. Natural things   
And spiritual,—who separates those two   
In art, in morals, or the social drift           
Tears up the bond of nature and brings death,   
Paints futile pictures, writes unreal verse,   
Leads vulgar days, deals ignorantly with men,   
Is wrong, in short, at all points.   

Daar is dus nie ‘n teenspraak tussen die gewone en die heilige, tussen die natuurlike en bonatuurlike nie.

As ‘n mens dit dink, mis jy die geestelike. Jy sien nie raak watter skoonheid daar om jou is wat jou gees innerlik kan voed nie.

Haar voorbeeld laat ‘n mens stilstaan: In ‘n koppie, ‘n kersblaker, ‘n zoemende by, ‘n klippie, ‘n fyn aartjie op die hand kan ‘n mens God herken.

But man, the twofold creature, apprehends   
The twofold manner, in and outwardly,   
And nothing in the world comes single to him,   
A mere itself,—cup, column, or candlestick,          
All patterns of what shall be in the Mount;   
The whole temporal show related royally,   
And built up to eterne significance   
Through the open arms of God. ‘There’s nothing great   
Nor small’, has said a poet of our day,          
Whose voice will ring beyond the curfew of eve   
And not be thrown out by the matin’s bell:   
And truly, I reiterate, nothing’s small!   
No lily-muffled hum of a summer-bee,   
But finds some coupling with the spinning stars;          
No pebble at your foot, but proves a sphere;   
No chaffinch, but implies the cherubim;   
And (glancing on my own thin, veinèd wrist),   
In such a little tremor of the blood   
The whole strong clamour of a vehement soul          
Doth utter itself distinct.

   
Wanneer die by in die somer diep in die lelie inkruip en met ‘n gezoem sy kos versamel, is daar ‘n band met sterre wat in die hemelruim skitter. In die rustige, stil klop van die pols in die aar van ‘n mensehand, vloei krag van ‘n driftige siel.

Sy sluit die deel van die gedig af in Bybelse taal, byna ekstaties in kwaliteit: Die braambos, die gewone woestynplant, is deurtrek met Goddelike vuur. Maar net die mens wat oplet, herken dit. In verwondering trek hulle hul skoene uit.

Die res, on-salig onbewus van die teenwoordigheid van die Hemelse, sit en eet die bessies!

Die aarde is volgeprop met die hemelse...

Hier is haar digterlike slot:

“Earth’s crammed with heaven,
And every common bush afire with God;
But only he who sees, takes off his shoes –
The rest sit round it and pluck blackberries.” 

Sunday, March 23, 2014

Obama en die kerk.




Vanoggend se NYT het 'n interessante berig oor Pres. Obama se kerklike agtergrond. Lees die volledige berig by : 

Hier is 'n deel van die berig: 
In 1967, as the modernizing changes of the Second Vatican Council began to transform the Catholic world, Ann Dunham, Mr. Obama’s mother, took her chubby 6-year-old son occasionally to Mass and enrolled him in a new Catholic elementary school in Jakarta, Indonesia, called Santo Fransiskus Asisi. At school, the future president began and ended his days with prayer. At home, his mother read him the Bible with an anthropologist’s eye.
Pious he was not. “When it came time to pray, I would pretend to close my eyes, then peek around the room,” Mr. Obama wrote in his memoir “Dreams From My Father.” “Nothing happened. No angels descended. Just a parched old nun and 30 brown children, muttering words.”
In 1969, Mr. Obama transferred to a more exclusive, state-run school with a mosque, but a development in the United States would have a greater impact on his future career. American Catholic bishops responded to the call of the Second Vatican Council to focus on the poor in an antipoverty and social justice program that became one of the country’s most influential supporters of grass-roots groups.
By the early 1980s, when Mr. Obama was an undergraduate at Columbia University, the campaign was financing a project to help neighborhoods after the collapse of the steel mills near Chicago. The program’s leaders, eager to expand beyond Catholic parishes to the black Protestant churches where more of the affected community worshiped, sought an African-American for the task. In 1985, they found one in Mr. Obama, a fledgling community organizer in New York who answered a want ad for a job with the Developing Communities Project. The faith-based program aimed to unify South Side residents against unsafe streets, poor living conditions and political neglect. Mr. Obama’s salary was less than $10,000 a year.
The future president arrived in Chicago with little knowledge of Catholicism other than the Graham Greene novels and “Confessions” of St. Augustine he had read during a period of spiritual exploration at Columbia. But he fit seamlessly into a 1980s Catholic cityscape forged by the spirit of Vatican II, the influence of liberation theology and the progressivism of Cardinal Joseph L. Bernardin, the archbishop of Chicago, who called for a “consistent ethic of life” that wove life and social justice into a “seamless garment.”
On one of his first days on the job, Mr. Obama heard Cardinal Bernardin speak at an economic development meeting. He felt like a Catholic novice there, he wrote in his memoir, and later decided “not to ask what a catechism was.” But he was a quick study.
As the months went on, Mr. Obama became a familiar face in South Side black parishes. At Holy Angels Church, considered a center of black Catholic life, he talked to the pastor and the pastor’s adopted son about finding families willing to adopt troubled children. At Our Lady of the Gardens, he attended peace and black history Masses and conferred with the Rev. Dominic Carmon on programs to battle unemployment and violence. At the neo-Gothic St. Sabina, he struck up a friendship with the Rev. Michael L. Pfleger, the firebrand white pastor of one of the city’s largest black parishes. The two would huddle in a back room and commiserate about the liquor stores and payday loan businesses in the neighborhood.
But even as Mr. Obama effectively proselytized for the church and its role in improving the community, and even as he opened meetings in the backs of churches with the Lord’s Prayer and showed a comfort with faith that put the people he hoped to organize at ease, Catholic doctrine did not tempt him. He was not baptized Catholic, priests said. But it was amid the trappings of Catholicism, according to his fellow organizers, that the future president began to express a spiritual thirst.
As Mr. Obama helped expand the program from Catholic parishes to megachurches and Protestant congregations, he felt that need slaked by the prevailing black liberation theology, inspired by the civil rights movement and preached by African-American ministers like Mr. Wright of Trinity. The notion that Jesus delivered salvation to communities that expressed faith through good deeds suited Mr. Obama’s instincts — and perhaps his interests.

Saturday, March 22, 2014

Die bloed-lose oorlog met 10 miljoen slagoffers.

Kunstenaars uit Oekraïene het in die verlede nie skilderye oor een van die grootste volksrampe uit hulle geskiedenis, die Holodomor, gemaak nie. 

Kunstenaars is immers deur die Sowjet-Unie in daardie tyd voorgeskryf oor wat hulle moes skilder. En dit was ondenkbaar dat hulle die volksramp en -slagting in hul eie land sou durf waag uitbeeld. 

Die kunstenaars wat hulle nie daaraan gesteur het nie en die staat geïgnoreer, het dikwels met hulle lewens geboet. 

Tot onlangs. Toe die Holodomor al hoe meer onder die aandag van die wêreld gekom het, het ook kunstenaars daaroor nagedink en daaroor geskilder. 

Hier is ‘n skildery van Lydia Bodnar-Balahutrak uit 1991. Tans van Houston, was sy na Oekraïene om die land te ervaar toe sy die projek aangepak het. 

Haar skildery se  titel is “Satan al om ons.” Dit wys ‘n rou uitbeelding van ‘n donker Satansfiguur bo-op ‘n hoop uitgeteerde mense-liggame. Die kunstenares gebuik Christelike motiewe om die verskrikking van menslike lyding uit te beeld.





En sy skilder ook ‘n aangrypende, ikoon-agtige kruisiging, waarop die figuur van Christus vervang is met die foto van ‘n ma en sterwende kind.




Sy noem dit “’n Ander kruisiging.”

Ek voel hoe die skildery my raak: die bloed, die goud van goedheid, spiritualiteit, die kruisiging as die raaisel van lyding. 

Die mens worstel om sin daarin te vind. 

En dit sal seker nie gevind word nie. Alleen maar: kyk, en kyk. Dit mag nie. Laat ons sulke afgryslikhede tog besweer met ons boodschap dat dit afskuwelik is. Die kwas vertel van 'n diepe begeerte om die wêreld te bevry van kwaad, van die Satan wat om ons is, wat by herhaling kruisig den doodmaak. 

Tagtig jaar gelede, in 1932-1933 het tussen 7 tot 10 miljoen Oekraïeners in ‘n hongersnood gesterf. Die land was nog deel van Rusland.

Die Verenigde Volke het ‘n gesamentlike verklaring uitgereik dat hierdie ramp (die Holodomor), vir geslagte lank diep wonde op die kollektiewe bewussyn van latere geslagte sou laat. Holodomor is ‘n Oekraïeniese woord wat beteken om van honger dood te gaan.

Hoewel sommige mense dit wil ontken, is daar groot ooreenstemming dat die Holodomor ‘n volkere-slagting was wat met die Jode-slagtig in Duitsland vergelyk kan word. Die Europese Parlement het die Holodomor in 2008 as ‘n misdaad teen die mensdom verklaar. Oor die wêreld heen is daar monumente wat hierdie verskriklike geskiedenis herdenk.

Dit was wel vredestyd en slegte weerstoestande het die oeste benadeel, maar dit was klein faktore in vergelyking met die skuld van die Sowjet-Unie se beleid om privaatbesit te verbied en alles aan die staat oor te dra. Die staat het aan boere voorgeskryf wat om te plant. 

Hulle kon uit onkunde nie die nuwe produkte suksesvol oes nie. Toe kos min begin raak het, is rantsoene vir gesinne ingestel. Die rantsoene het al hoe minder geword. 

Die hongersnood het veral sleg geword toe Stalin en die Russiese staatsowerheid die voedsel-voorrade van families in Oekraïene in beslag geneem het.

Om alles te kroon is 1.8 ton koring wat in in die tyd van die Oekraïeners in beslag geneem is, uitgevoer. Mense is verbied om die graan wat hulle op hul eie plase verbou het, te eet. Mense wat selfs net ‘n handvol koring van die veld gevat het, is tot vyf jaar in die tronk gegooi. Hulle het koepons gekry vir kos wat aan dorpe uitgedeel is. Families wat wou vlug, is verbied om te reis. 

Soldate het huise deursoek vir voedsel. Wat die soldate nie kon saamneem nie, het hulle verbrand. Hulle het ook die stede afgeskerm om mense daar in te hok. 

Die staat het nie ‘n vinger opgetel om hulp van buite in te roep nie. Soms het die staat selfs beweer dat mense self skuldig is aan die hongersnood omdat hulle diewe en luiaards was.

Die hongersnood was naderhand so erg dat tot 10 000 mense per dag gesterf het. ‘n Derde was kinders onder tien jaar oud. So sleg het dit gegaan dat mense naderhand dooie diere, honde, katte wat aan honger dood is, en selfs hul eie kinders begin eet het. Sommige het selfs dooies wat begrawe is, opgegraaf en geëet. Baie is aan kannibalisme skuldig bevind.

Die Holodomor het gevolg op die verskriklike aanslag van die Sowjet-Unie op die Oekraïeners in 1929. Dit het alles begin toe die staat plase in beslag wou neem om kollektiewe boerdery te vestig. Eienaarskap van plase moes die staat toeval. Boere wat groot plase gehad het, akademici en kerkleiers is toe uit die land gedeporteer. Die boere wou nie deel van die staat se kollektiewe boerderye geword het nie. Hulle het geredeneer dit sou hulle weer tot slawe degradeer en hulle wou nie die lot van hul voorouers wat knegte van groot landsbesitters was, weer oorhê nie.

Hulle is op ‘n dag opgepak en in vragtreine na Siberië geneem waar hulle eenvoudig in barre omstandighede sonder enige skuiling of voorrade afgelaai is.

En in al hierdie tyd het Stalin plegtig verklaar dat daar geen hongersnood in die land was nie. Touens, in later jare is mense wat beweer het dat daar ‘n Holodomor was, swaar gestraf.

En in die Weste het regerings nie veel protes aangeteken nie. Hulle was terdeë bewus van die hongersnood, maar wou handelsbetrekkinge met die Sowjet-Unie wat in die jare op dreef gekom het, nie benadeel nie.

Een van die mense wat die hongersnood meegemaak het, vertel: My pa het altyd die Bybel vir ons voorgelees. Wanneer hy gelees het van die bloed-lose oorlog, het ons hom gevra wat dit beteken. Hy kon dit nie vir ons verduidelik nie. Toe hy in 1933 sterwende van honger was, het hy ons na sy sterfbed geroep en gesê: “Dit is wat ‘n bloed-lose oorlog is.”  

Ek lees al hierdie dinge. Ek dink onvermydelik in hierdie tyd van menseregtedag aan ons eie verlede. Vars bly by my, weens my onlangse navorsing, die konsentrasiekampe uit die Boere-oorlog. 








Thursday, March 20, 2014

Die omhelsing in die kilte van die hof


Ek volg die Pistorius-saak omdat dit soveel insig in die land se regsisteem gee. Maar dit gee ook insig in die menslike kant van saak. 

Daar is die regter wie se elke woord 'n bepaalde indruk deurgee. Skynbaar terughoudend luister sy aandagtig na die menings van die aanklaer en verdediging. As hulle saamstem oor 'n saak, laat sy haar lei daardeur. Of sy weeg die aanklaer se versoek, vra hom uit en besluit dan dat hy nie sy sin gaan kry vir 'n verdaging nie. Sy is bedagsaam, bedank die getuies en is ook nie suinig om selfs dankie te sê as sy van haar bode 'n stuk per hand ontvang nie. 

Daar is 'n tolk wat so bietjie sukkelend haar vertalings vlot deurgee. 

Daar is die een getuie na die ander wat feitlik almal Afrikaans-sprekendes is.

Ek luister ook graag na die verdediging se indringende vrae. Elke keer nadat 'n staatsgetuie met groot selfvertroue getuig, bring die verdediging vrae ter sprake wat 'n totaal nuwe kykie op die situasie gee. Dit laat my elke keer besef hoe selfs die allernaakste feit op meer as een manier gelees kan word. 

'n Mens kan nou dink die slim en geleerde getuie bied met sy getuienis 'n onomstootlike feit aan. Maar net die volgende oomblik stoot die verdediging daardie getuienis as 'n subjektiewe interpretasie om.

Dit is egter die menslike tragedie wat 'n mens ook besig hou. Die alleen-figuur van Pistorius en sy getormenteerde oomblikke is tragies om te aanskou.

Dan is daar sy suster, selfs langs hom in die bank om hom by te staan, maar ook ander wat ly onder alles wat gebeur. Sy familie, besef 'n mens, leef dag na dag onder die intense druk van die saak.

Op die televisie-beelde is berigte van mense wat vertel hoe die gebeure hulle beïnvloed. 'n Vrou vlieg uit Denemarke om die saak by te woon. Sy vertel hoe goed Pistorius vir haar en haar kind was. Sy wil hom dus ondersteun. Parapleë in Engeland vertel hoe die hofsaak hulle lewens beïnvloed.  Oor die planeet het die saak gevolge op mense se lewens. Om nie te praat van Pistorius se eie lewe nie.

By tye, veral wanneer 'n mens die slagoffer se ma in die hof sien, raak 'n mens veral bewus van die egte tragedie: die jong meisie wat haar lewe so onnodig en wreed verloor het. En, daarby, die onvoorstelbare pyn van haar ouers.

Maar vir my is daar iewers in die hof 'n merkwaardige, stil teenwoordigheid wat my nou al dae lank besig  hou. Die ANC-vroueliga in hul ooglopende groen en swart  drag, was van die dag af 'n spatsel van menslikheid te midde van al die sensasie en oproer.

Gister vertel die media dat Mevrou Steenkamp hartseer geraak het toe sy beelde op die skerm gesien het en dat een van die liga-vroue haar met 'n omhelsing getroos het.

Die vroue-liga teiken nie net hierdie verhoor nie. 'n Mens sien hulle by vele hofsake. Maar hulle teenwoordigheid daar word nie raakgesien nie, omdat sulke sake nie aandag van die media trek nie.

Maar alles is nie so suiwer nie. Ek lees die volgende kritiese kommentaar oor die liga.

http://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2014-03-18-ancwl-what-have-you-done-for-womens-rights-lately/#.UynwhF7diqQ
 
En ek wonder: kan die kritiek ooit ongedaan maak aan daardie stuk menslikheid wat 'n mens raaksien wanneer 'n onbekende vrou haar hand om die skouer van 'n vrou sit wie se dogter op so 'n wrede manier van haar weggeneem is en wat in die kil konteks van die hof deur beelde van haar dogter se bloed opnuut getraumatiseer word?









Blog Archive