Thursday, January 20, 2011

Die mense van Jesus se tyd.... Wanneer ons so ywerig hande klap.

Mense ervaar dieselfde gebeurtenis op baie verskillende maniere.

Wat vir die een irriteer, maak die ander een opgewonde. Wat vir die een oppervlakkig is, is vir die ander een nuut en oorspronklik.

Dit bedink ek terwyl ek luister na die referate wat tydens die konferensie aangebied word. Die een toehoorder prys 'n spreker uitbundig aan. En langs hom sit iemand anders met 'n frons op sy gesig, duidelik minder beindruk.

Dit is soms nie wat iemand voordra wat die op die gehoor 'n indruk maak nie, besef ek weer eens. Dikwels is dit wie die persoon is en aan watter instelling hy werk. En nog meer: dikwels is die applous beskore vir iemand wat "ons" taal praat, wat "ons" oortuiginge bevestig, wat "soos ons" dink en "soos ons" voel.

Die applous is maar flou vir die een wat "anders" dink en praat.

Opvallend is die rol van vooroordele in waardering van ander mense.

Daarom is dit steeds goed om negatiewe gevoelens en gedagtes oor mense te relativeer. Dit kan gebeur dat 'n mens se vooroordele 'n mens afsluit van gedagtes wat nuwe lewe kan gee en skep.  

Maar miskien is die teenoorgestelde waar: dit is ook belangrik om entoesiastiese applous vir die ander goed te bedink. Dalk is die applous nie so welverdiend soos wat 'n mens dink nie. 

Geestelike groei word bedreig waar iemand maar net oppervlakkig aanprys en alleen maar die bekende en gevestigde dinge wil hoor.

Die mense van Jesus se tyd....

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive