Tuesday, January 04, 2011

Om nederig in lyding te wees





Fra Angelico was ‘n Dominikaanse priester uit die vyftiende eeu, bekend vir sy skilderye oor godsdienstige tema’s. Dit is hy wat die skildery van St Nikolaas geskilder het wat ek in gister se blog gebruik het. Die skildery bly by my en vandag spoor ek dus bietjie meer inligting oor Fra Angelico op. 

Behalwe vir sy baie bekende, groot skilderye, het hy veral skliderye in monnikke se sel geverf wat die monnik gehelp het in sy gebedslewe.

Ek hou van een van die beskrywings van sy persoon deur ‘n groot vriend van hom, Vasari: Fra Angelico, skryf hy, was die vriendelikste en sagste mense wat sober geleef het, ongeraak deur die sorge van die wêreld.

In die skildery hierbo, teken Fra Angelico vir Christus op ‘n verhogie, soos ‘n troon. Hy word dus hier as koning bespot. Hy het ook ‘n doringkroon op, wat verder sy koningskap belaglik maak – in lyn met die tema van die skildery. Die groen gordyn op die agtergrond het spesiale betekenis. Dit word gebruik om mense wat besonder spesiaal is, uit te beeld. Daarmee word Christus nog verder bespot. 'n Man op die linkerkant bespuug Christus - 'n aanduiding van die kru spot wat Christus verduur het.

Maar dit is die oë van Christus wat my boei. Christus is geblinddoek. Maar ‘n mens sien deur die blinddoek Christus se oë raak. Christus se oë is toe. En die toe oë simboliseer nederigheid. Te midde van die gespot!

Om nederig in lyding te wees:  dit is ‘n voorreg om vir ‘n mens se geloof te ly…

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive