Friday, January 14, 2011

Wat 'n mens vry maak in 'n tyd van skandale....

In Nederland is daar vandag ook deur die Wikileaks- onthullinge vertroulike inligting wat Nederlandse politici raak, bekend gemaak.


Daar is oor die televisie 'n paar onderhoude met sommige van die belangrikste politieke leiers. 

Maar hulle is lakoniek oor die saak. Hulle verwag geen skandale nie. Want, vertel die Nederlandse eerste minister Rutter, 'n mens moet maar 'n gewoonte daarvan maak om niks van mense te sê wat jy nie voor hulle kan kwyt raak nie. 

En, voeg die vorige Minister van Buitelandse Sake by: Hy het niks vertel wat hy nie ook in die Parlement gesê het nie.

So ken ek nogal die kase. Eerlikheid is 'n deug in die Nederlandse samelewing.

Lewenswysheid. Die egte lewenskuns. Praat maar altyd die waarheid. Dit is al wat saak maak. Want, leer die Boek ons, die waarheid sal jou vry maak - ook vry van allerhande skandale....


No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive