Die Ou Testament kan van die mooiste liefdestaal oplewer. Vergelyk die volgende uit Psalm 89:1-3
“Ek sal altyd sing van die Here se liefdesdade, sy trou verkondig aan komende geslgte.
Ek sê: U liefde en trou wankel nooit, dit hou vir altyd stand in hemel en op aarde.”
Die Psalm val weg met die behoefte van die Psalmdigter om “altyd” van die Here se liefde te sing. En dan, in die volgende vers, praat hy direk met die Here en herhaal hy hierdie gedagtes weer. Die Psalm kry ‘n oratiewe karakter: wat hy sing, wil hy ook weer uit sy hart tot God bid. En die taal is nog steeds intens – of hy nou gewoonweg sing en of hy bid: Nooit wankel God se liefde en trou nie Vir altyd hou dit in hemel en op aarde in stand.
Laat mens dink aan Paulus: die liefde vergaan nimmer meer (1 Kor. 13:8). As al die ander groot dinge in ons lewens verdwyn en vaal geword het, bly die Liefde. Altyd. Nooit sal dit wankel nie. Geslag na geslag na geslag sal ons in die Liefde bly woon.
Lig, lig, lig, daarom, dink ons oor alles – veral omdat ons vas geanker is in die onwankelbare Liefde. Dit is die Liefde wat van die oudste tye, van die Ou Testament heen, daar was en gebly het en sal bly.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.