Thursday, January 06, 2011

Wanneer jy in die nag leef....


‘n Wyse mens vra op ‘n dag aan die leerlinge:

“Hoe weet julle wanneer die nag verby is?”

Een van hulle antwoord:

“Die nag is verby wanneer ‘n mens nie meer die sterre sien nie.”

‘n Ander een antwoord:

“Die nag is verby wanneer ‘n mens jou hand voor jou kan raaksien.”

Die wyse mens sê: “Dit is verby wanneer ‘n mens na die gesig van ‘n man of vrou kyk en weet dit is jou broer of jou suster. Want as jy dit nie kan raaksien nie, is dit nag vir jou.”

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive